kategorieë: rrRadio

Twaalf vrae aan dr. Elna McIntosh

Twaalf vrae aan dr. Elna McIntosh deur Mariette Snyman. Foto’s verskaf

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

1. Daar is net ’n handjievol seksuoloë in Suid-Afrika. Hoe het jy in hierdie veld begin werk?

Ek het in die beginjare van MIV/vigs in San Francisco studeer en daar moes ek vinnig oor seks leer praat, want vigs is ’n seksueel oorgraagbare siekte.

Lees ook: Op ons gratis luisterprogram Tussen Ons, gesels Mariette Snyman met kenners oor seks, vroulike gesondheid en gelukkige verhoudings.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

2. Wat is jou doelwit met jou werk?

Om die waarheid oor seksualiteit te praat, om mense te help om seksueel normaal en sterk te voel, en om gesonde seksuele uitdrukking en verkenning onder mans én vroue te ondersteun.

Elna by die “Pink Tie”-bal

3. Jy is nie net ’n spreker wat oral optree en gereeld op radio, TV en ander mediaplatforms te sien is nie – jy tree ook op as moderator vir nagraadse studente wat seksnavorsing doen. Brei so ’n bietjie uit?

Ek het steeds een voet in die akademie. Ek gee soms klas by universiteite wat my uitnooi om ’n lesing te gee oor seksualiteit, sielkunde, verpleging, maatskaplike werk en mediese fakulteite.

4. Vertel van die DISA Gesondheidskliniek in Johannesburg.

Ek het die DISA-kliniek in 1983 begin as ’n vrouegesondheidskliniek. Ons is al 30 jaar by ons huidige adres – kyk by www.safersex.co.za

Elna tydens ’n uitreik in KwaZulu-Natal

5. Jy is passievol betrokke by die nieregeringsorganisasie PinkDrive.

Heeljaar lank besoek die pienk trokke plattelandse gebiede, veral waar daar min toegang tot gesondheidsorg is. Die fokus val op hulp met bors-, servikale, prostaat- en testikulêre kanker: www.pinkdrive.co.za

6. Jy is ’n avontuurlustige vrou! Jy het onder meer sewe Comrades-marathons op jou kerfstok, jy het Kilimanjaro twee maal uitgeklim, jy was vyf keer ’n goue medalje-houer in die Ysterman-driekampuitdaging, en jy het vyf Dusi-kano-marathons voltooi. Daarby was jy betrokke by die ontwikkelingsprogram van die Soweto Kanovaartklub. Wat is jou heel grootste prestasie?

Om borskanker twee maal te oorwin.

Elna: “cancer survivor”

7. Wat het dit jou geleer?

“Early detection saves lives.”

8. Jy is ’n ma met ’n talentvolle seun, Garth. Wat doen hy?

Garth woon tans in Montreal en is ’n animasikunstenaar. Hy werk vir MPC en in 2019 het hulle die volgende produksies gedoen: The Lion King, 1917, Dora and the Lost City of Gold, Shazam!, Pokémon Detective Pikachu, en Godzilla: King of the Monsters.

Garth op sy sneeubord

9. Vertel van jou ander kinders.

Mandla is 13 jaar oud. Hy kom uit ’n Zimbabwiese-familie, maar is in Suid-Afrika gebore. Die familie bly al 13 jaar lank by ons. Hy is soos my kleinkind.

Dan is daar die roeiers van die Soweto Kanovaartklub, maar hulle is nou almal groot mans met hulle eie gesinne. Hulle het by ons gewoon nadat hulle gematrikuleer het en voltydse sportmanne was. Hulle is almal Dusi-wenners of Top 10 Dusi-atlete!

Elna “met my familie”

10. Jy reis baie …

Ja. Ek gaan gereeld Mauritius toe, om in die diabeteskliniek te gaan help.

En Ghana toe, net om weg te hardloop, na ’n idilliese plek – Senya Beraku. Vriende van my het ’n strandhuis daar.

(Senya Beraku is ’n woongebied in die Awutu Senya-distrik van die sentraalgebied van Ghana. Dis ook waar Fort Good Hope geleë is.)

11. Jy is lief vir skryf. Vertel asseblief!

Ek blog baie en skryf tans vir www.fullview.co.za – in Augustus was dit oor fantastiese vrouekollegas in my lewe.

Elna is meermale vir haar werk vereer

12. Hoe lyk jou toekomsdrome?

Om permanent af te tree in Mauritius, maar nog steeds te help in die diabetes-kliniek.

Meer inligting by www.MySexualHealth.co.za

Vir die DISA-klinkiek: tel. 011 787 1222 of www.safersex.co.za

Besoek ook @mcintoshelna op Instagram; Twitter @drelna; of DISA clinic op Facebook.

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.