Gerard Butler draai dinge om in Angel Has Fallen

Gerard Butler draai dinge om in Angel Has Fallen deur Margaret Gardiner. Hooffoto: Magnus Sundholm vir die HFPA, verskaf deur Margaret Gardiner

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Ek voel so ’n bietjie soos Benjamin Button op die oomblik,” grom Gerard Butler.

Die grom is nie omdat hy ongelukkig is nie, dis maar die natuurlike diep timbre van sy stem, en dit het dalk iets te doen met sy grootte, (’n outydse 6’2) en sy Skotse herkoms. Hy is pas terug van ’n kuier by sy ma en praat met ’n kennelik breë Skotse aksent.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dis duidelik dat hy op die oomblik baie gelukkig voel, sy irisse helder soos kleurlose glas in sy bruingebrande gesig, ’n bietjie verweerd maar ruweg aantreklik. Hy is ’n manlike man met wie mans hul vereenselwig maar wat veral deur vroue bewonder word.

Lees ook: Margaret gesels met Edward Cullen

Alhoewel hy bekend is vir sy aksierolle het hy al verstommend baie wyduiteenlopende rolle gespeel in ’n wye verskeidenheid genres  wat sy reikwydte en vaardigheid as akteur onderstreep. Coriolanus, Phantom of the Opera, Dear Frankie, 300, The Ugly Truth en meer onlangs grootste karakterwerk in Den of Thieves en Keepers.

Vandag dra hy variasies van salie, asof uit ’n bladsy in GQ. Hy dra groengewaste jeans wat inskakeer by sy peppermentkleurige hemp en ’n mosgroen baadjie. Sy baard is netjies kortgeknip en sy hare is ’n bietjie aan die lang kant maar word met haarprodukte getem. Hy het yslike hande wat die heeltyd saampraat, en hy sit beswaarlik stil, wat dit moeilik maak om hom af te neem.

Vandag is hy besig om die derde fliek in die ‘Fallen’-reeks bekend te stel, wat deur die aandrang van die menigte aanhangers net moes gebeur. In ’n wêreld waarin superhelde fliekreekse domineer is Butler se Mike Banning in die ‘Fallen’-reeks so ‘n bietjie van ’n anomalie. Aanvanklik moes dit teenoor die grootgeld White House Down sy ding doen, maar die opposisie is by die loket verslaan en Olympus Has Fallen was die uitskieter wat aanleiding gegee het tot London Has Fallen en wat nou uitgeloop het op Angel Has Fallen.

“Ons het geen idee gehad dat dit tot ’n reeks sou groei nie. Geen idee dat dit die verbeelding so sou aangryp nie, en dit lyk asof hy nogal ’n  ikoniese held geword het in hierdie flieks. Baie mense is mal oor hom.”

Lees ook: Margaret kuier met Tom Holland in Bali

Gerard Butler draai dinge om in Angel Has Fallen

Critici mor dat dit ’n bekende lyn volg, maar die cachet van die ster is onbetwisbaar. Butler takel die skurke in goeie aksiebelaaide sekwensies wat jou ’n bietjie uitasem laat – en daar is altyd karakterontwikkeling sodat jy betrokke raak by ’n alledaagse ou wat voel asof hy ’n held geword het wat die tree moet neem om die wêreld te red.

Dieselfde geld Butler.

Hy het onlangs ’n hele paar goed deurgemaak wat ’n mindere ou sou onderkry – ’n motorfietsongeluk waar hy 30 voet gegooi is en op sy voete te lande gekom het – nie juis die ideale ding nie, waarna sy eiendom kort daarna deur die Malibu-brande beskadig is, en kort daarna het hy diverticulitis opgedoen in Haiti tydens ’n welsyns-fondsinsamelingsprojek.

Maar in ware Mike Banning-styl het hy nie in selfbejammering vasgeval nie, hy het eerder ’n fondsinsameling georganiseer vir die Malibu-inwoners wat slegter as hy daarvan afgekom het, en sodoende $2 miljoen binne dae ingesamel.

Toe ons by die Four Seasons Beverly Hills gesels het, was dit duidelik dat die moeilike tye nou agter hom was. Hy het fronsend en met effens skeefgetrekte mond probeer opsom waar hy hom tans bevind.

Lees ook: Voel goed – Margaret gesels met Awkwafina en Millie Bobby Brown

“Ek het nie meer nodig dat my loopbaan my lewe bepaal nie. Ek is mal oor werk, maar ek hoef nie te werk nie. As ek nooit weer werk nie, is dit oukei, en as ek werk is dit fantasties. Ek voel goed. As  jy my dieselfde vraag ’n paar maande gelede gevra het, sou ek gesê het ek voel ’n honderd jaar oud. Maar ek voel asof ek die laaste paar maande so 50 jaar of so afgeskud het (LAG). Ek voel so ’n bietjie soos Benjamin Button op die oomblik. So dalk is ek oor nog ’n paar maande omtrent een jaar oud en gaan iemand my in ’n stootwaentjie rondstoot. Maar nee, ek voel goed, ek voel ontspanne.  Ek voel asof ek baie geseënd is om die loopbaan te hê wat ek het, dit het my net in ’n posisie geplaas waar ek niks meer het om te bewys nie, niks wat ek móét doen nie. Wat natuurlik nie beteken dat ek niks wíl doen nie, maar dis ’n baie lekker gevoel van oorgawe aan die natuurlike vloei van dinge.”

Butler se Angel Has Fallen  het die top posisie by die loket beklee in die openingsnaweek. Kyk na my onderhoud met hom waarin hy ’n skreeusnaakse grap vertel nadat ek vir hom vooraf vertel het dat ek mal is oor ’n vrot grap.

Hier is die skakel. As jy dit geniet het, teken asseblief in op my YouTube-kanaal, dis gratis (klik op “subscribe”). Dankie vir die inloer.

Volg gerus Margaret se blog vir rooi rose waar sy ons vertel oor haar interessante en besige lewe. Jy kan haar ook volg op Instagram, facebook, twitter en haar YouTube-kanaal waar sy met bekendes gesels – dis alles gratis om haar te volg.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

5 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

5 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

6 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

6 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.