kategorieë: Ontspanning

Twee Oseane-marathon: Blog 1

Lang afstandwedlope vereis toewyding. Nie almal van ons kan soos Ryan Sandes as ’n “dare” op die Knysna Oesterfees vir die Knysna marathon inskryf (die half marathon was reeds vol) en sonder oefening sy eerste 42 km in 3h16 voltooi nie. Dit was natuurlik die begin van sy Ultra-marathon-loopbaan en word hy tans gereken as een van die heel bestes in die wêreld. (www.ryansandes.com)

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die meeste van ons gewone sterflinge moet met harde werk en GEREELDE oefening geleidelik fiks word en dan iets ekstra insit om ’n goeie tyd te kry.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Gelukkig is daar oorgenoeg hulp. Doen ’n soektog vir “sub 2h half marathon” en daar is legio oefenprogramme om jou van rusbanksitter tot bekroonde hardloper te kry. En dit werk. Ek het vir my eerste sub 2h halfmarathon ’n 12 weke program van Runners World gevolg en dit het my binne die drie maande soos belowe daar gekry.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die groot geheim van suksesvolle oefenprogramme is ongelukkig dat mens dit moet VOLG voor dit kan WERK. En helaas is dit nie altyd ewe maklik om by te hou nie. Tussen werksdruk, hittegolwe, weerlig en donderstorms, verkoues, beserings en familieverpligtinge staan jou oefenprogram baie keer heel agter in die ry. Boonop oefen ek tans vir die Cape Town Cycle Race (voorheen Argus) op 7 Maart en probeer genoeg tyd op my fiets deurbring om te verhoed dat ek in tale begin praat as ek Suikerbossie in die sweet van my aangesig moet aandurf.

My leuse as dinge moeilik raak en jou tyd te min is? Doen wat jy kan. Daag liewer by die wegspring vol energie en onder-geoefen op as oor-geoefen en gehawend. Moenie jou kop en deursettingsvemoë onderskat nie; jy kan vêr bo jou vermoë presteer as jy glo dat jy kan!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Meer oor blogger Anet Schoeman

Ek is ’n vryskutjoernalis wat hoog raak op die energie van passievolle mense en interessante onderwerpe waaroor ek skryf.

My ander “dwelm” is oefening – enige soort – en wedrenne. Ek het ’n oefenmaat wat al daaraan gewoond is dat ons die eerste 5km van enige wedren in rekordtyd aflê omdat ek so opgewonde soos ’n Jack Russel op steroïde is. Die massa mense en die blote voorreg om gesond genoeg en fiks genoeg te wees om te kan deelneem, is vir my wonderlik.

Die Ou Mutual Twee Oseane Halfmaraton is toevallig die een wedren wat ’n baie emosionele rol in my lewe gespeel het.

Ek was van skooldae af aktief en het nog altyd iets gedoen, maar so tussen twee kinders grootmaak, ’n beroep en die lewe is dit nie altyd maklik om tyd te maak nie.

Ek het tien jaar lank die Midmarmyl geswem en renstap gedoen omdat my nek my vreeslik hoofpyne gegee het as ek hardloop. In 2009 het ek ’n sportfisiotrerapeut ontdek wat my nekprobleme met welslae kon behandel, en in 2010 het ek my eerste 21km-wedren, die Twee Oseane Halfmaraton, voltooi. Joehoeee!

’n Maand later vind ek uit ek het borskanker en moet ’n dubbele mastektomie kry.

Die blote gedagte aan hardloop en die moontlikheid om die Twee Oseane weer te kan doen, het my deur baie donker dae gekry.

Gelukkig spring ek chemo vry en hardloop my eerste sub-2 21km OMTOM elf maande later in 2011. Wat ’n emosionele geleentheid vir my! Met die besef dat die lewe dalk nie vir ewig voor ’n mens uitstrek nie (ek is gelukkig steeds na vyf jaar in remissie) het ek dieselfde jaar twee Olimpiese-afstand driekampe voltooi.

In 2014 hardloop ek en my twee broers saam die Twee Oseane Halfmaraton (die een het van Kanada gekom daarvoor) en hierdie jaar het ek ’n kwalifiserende wedloop in onder 2 ure gedoen en hoop om dieselfde op 4 April reg te kry. Op die oomblik neem ek graag deel aan 21km wedlope, fietsrenne soos die Cape Town Cycle Tour en die 94.7, en Olimpiese-afstand driekampe.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

7 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

7 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.