kategorieë: In die nuusJou lewe

Uber veilig

Gebruikers kan die gebruikersvriendelike Uber-toep gebruik wat 24/7 diens lewer en alle moontlike inligting oor ’n veilige rit bevat.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

As jy Uber se diens gebruik om na en vanaf ’n ete of partytjie te reis, is daar vyf veiligheidsmaatreëls wat jy kan volg vir ’n veilige rit.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

5 wenke vir veiligheid

1 Ken jou drywer

As jy die rit aanvaar, sal die Uber-toep al die bestuurder se inligting aan jou verskaf. Maak seker jy gaan al die detail na voor jy in die voertuig klim.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

2 Gaan jou rit na

Maak gebruik van die Uber-GPS wat jou in staat stel om jou roete te volg deur die roete op die Uber-toep te besigtig. Dit sal jou kans gee om die roete te leer ken en seker te maak jy ry in die regte rigting.

3 Deel jou verwagte aankomstyd

As bykomende maatreël kan jy jou verwagte aankomstyd by die bestemming met ’n vriend of geliefde deel.

4 24/7 ondersteuning

Uber se toep bied 24/7 ondersteuning en dit is maklik om te gebruik. Jy kan dit gebruik om navraag te doen as jy ’n item in die voertuig agtergelaat het, om kwitansies na te gaan en om jou passasiersfooi na te gaan. Jy hoef net met jou vinger daarop te klik en al die nodige inligting sal tot jou beskikking wees.

5 Terugvoer

Passasiers en bestuurders kan mekaar na elke rit gradeer. Dit gee jou die kans om na vorige graderings van die bestuurder te kyk voor jy in die voertuig klim en gee Uber ook die kans om alle negatiewe terugvoer na te gaan.

Ander bykomende veiligheidsmaatreëls is ’n SOS-knoppie in die voertuig wat die passasier in geval van nood kan druk. In Kaapstad is daar ook ’n proeftydperk met paneelbord-kameras wat die roete van ’n rit opneem.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

6 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

6 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.