kategorieë: Bekendes

Rolanda Marais se baba gebore

Charlotte James Malherbe is op 6 Desember 2016 gebore, net 19 dae voor Kersfees. Hierdie pragkind van Rolanda Marais en manlief Jozua Malherbe het die oulikste gesiggie en ons kan nie wag om meer foto’s van haar te siene te kry nie!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Rolanda, wat saam met haar beste vriendin, die Binnelanders-aktrise Nadia Valvekens, op ons Desember 2016-voorblad verskyn, het in die artikel vertel sy kon nie wag om ’n ma te wees nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Foto: Facebook

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Ek voel ’n verskuiwing in my wese, ’n verdieping van my menswees, soos die tyd naderkom. Jozua is net so opgewonde.”

Sy erken die swangerskap het haar en Joz, soos sy hom noem, ’n bietjie onkant betrap.

“Ek word ’n maand ná haar verwagte geboortedatum 39, en toe ons getroud is, het ons geweet ek het nie baie tyd om swanger te raak nie. Maar ons het nie gedink dit gaan binne ’n maand of twee gebeur nie – eerder ná ’n jaar of so. Maar sy het seker geweet sy moet eerder vroeër as later kom. As sy vir my en haar pa moes wag om te besluit …” skerts sy.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Rolanda en Jozua het op familiename vir hul dogtertjie besluit: Charlotte James. “Op daardie manier gee ons haar ’n deel van ons geskiedenis en bloedlyn. My ma se naam is Charlotte, en James is my oupa en broer se naam.”

Lees ook: Agter die skerms met Rolanda en Nadia

Lees ook: Rolanda en Nadia (toe tot nou)

Kyk hier na die oulike geskenke wat Rolanda vir Charlotte James bymekaar gemaak het:

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.