kategorieë: Gesondheid

Uitbranding: Alles wat jy moet weet

Foto:  Engin Akyurt vir Unsplash

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Wat is uitbranding?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Uitbranding is die gevolg van erge langtermyn stres en kom veral voor onder mense in ‘helping/caring professions’ soos dokters, verpleegsters en maatskaplike werkers. Deesdae beïnvloed dit egter ook al meer ander ambisieuse, beroepsgerigte mense.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hoe om uitbranding te voorkom

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
  1. Maak tyd om af te skakel en jouself net te geniet. Probeer om ’n paar keer ’n week te mediteer.
  2. Spandeer tyd saam met familie en vriende. Of jy nou enkellopend, getroud is of kinders het,  kwaliteit tyd saam met geliefdes is baie belangrik. Moenie dat jou persoonlike verhoudings die knie vir jou besige werkskedule buig nie!
  3. Kry ondersteuning. As jy ’n yslike taak in die oë staar, vra ’n kollega of geliefde om hulp. Dit is beslis nie ’n teken van swakheid nie.

Die simptome van uitbranding

  1. Diegene wat aan uitbranding ly, is negatief en pessimisties oor hul werk. Dit kan ook na hul persoonlike- en gesinslewe uitbrei. Hulle vind dit ook moeilik om te konsentreer, hulle is lusteloos, nie kreatief nie en hulle vind nie meer genot in hul werk nie.
  2. Persone wat uitgebrand is, vervreem hulself van werksverwante aktiwiteite en hulle vind hul werk toenemend frustrerend en negatief. Hulle mag ook sinies of apaties teenoor kollegas en die werksomgewing wees.
  3. Dié wat aan uitbranding ly, is ook emosioneel en fisies uitgeput. Hulle voel gedreineer, geïrriteerd, kronies moeg, oorlaai en hulle het nie genoeg energie nie.

*Ander simptome sluit in: slapeloosheid, vergeetagtigheid, verswakking van die immuunsisteem, eetlusverlies en angstigheid.

Waak teen uitbranding

Uitbranding is ’n proses en mense moet leer om die tekens daarvan betyds raak te sien. Indien simptome opgemerk word, moet dit so gou as moontlik behandel word. Indien uitbranding nie hanteer word nie, mag dit in ’n kliniese depressie oorgaan. Die groot probleem met uitbranding is dat dit gewoonlik diegene tref wat dink hulle kan alles doen, mense wat passievol is oor hul werk en altyd ’n bietjie langer werk en meer doen – hulle sien gewoonlik nie die simptome aankom nie.

Wie om te skakel as jy uitgebrand is

  • Geestesgesondheid Inligtingsentrum van Suid-Afrika. Besoek hul webtuiste hier of skakel 0861 322 322

Lees ook: Ly jy aan indringersindroom?

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

7 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

7 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.