kategorieë: OuerskapJou lewe

Met liefde & reëls: 18 wenke vir moderne ouers

Met liefde & reëls: 18 wenke vir moderne ouers deur Ilse Salzwedel

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Ons geslag sukkel meer met dissipline as ons voorouers. Beslis nie omdat ons minder weet of g’n stuk omgee nie, maar omdat skuldgevoelens, te min tyd, morele verval en ’n snelveranderende samelewing ons soms laat vergeet hoekom dissipline so ’n belangrike deel van kinderopvoeding is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Maar jy hoef nie soos ouers oorkant die water by ’n TV-nanny hulp te gaan soek nie. Hier is die basiese beginsels van kinderopvoeding waarmee jy jou instink kan verfris.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lees ook: Hoekom hardop lees goed vir jou en jou kind is

1. Bepaal die reëls

Dis soos om ’n padkaart vir jou gesin te teken. Kenners is dit eens dat kinders veiliger voel as hulle weet waar die grense van goeie gedrag is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Moets: Bespreek die reëls én die straf as dit nie nagekom word nie. Plak dit iewers op sodat almal seker is wat van hulle verwag word. Tree konsekwent op sodat die kind presies weet wat om van jou te verwag.

2. Reëls, roetine en rituele

Onthou dié drie r’e van kindgrootmaak.

Moets: Hou dit eenvoudig. Skep rituele eie aan jul gesin – koffie en beskuit in Ma en Pa se bed op ’n Saterdagoggend, ’n piekniek elke Sondag … dit laat jou kinders spesiaal voel en versterk jul verhouding wat die opdwing van reëls baie makliker maak.

Lees ook: Leer jou dogter om gemaklik in haar eie lyf te wees

3. Lééf die waardes wat jy predik

Onthou: Jou kinders hou jou dop “soos ’n supergeheime Russiese spioenasiesatelliet”, skryf Dave Meurer in sy humoristiese boek Boyhood Daze (oor die grootmaak van seuns).

Baklei jy en jou man gereeld, maar verwag jy van jou kinders om nie met maats of mekaar te baklei nie? Vloek jy? Kom jy altyd laat? Stel jy werk uit tot op die nippertjie? Jou kinders gaan word wat jy leef!

4. Kyk jou kind in die oë as jy met hom praat

’n Kind hoor met sy ore, maar luister met sy oë, is die raad van dr. Pieter Kitshoff, ’n sielkundige van Alberton wat groot sukses met hiperaktiewe kinders en aandag-afleibaarheid behaal.

Moenie: ’n Opdrag skree terwyl jy in ’n ander vertrek is nie. Die kans is goed dat jou kind nie reg sal hoor nie, of jou nie reg sal verstaan nie. Opdragte wat op dié manier gegee word, laat ’n kind voel dat jy nie respek vir hom het nie – net soos jy nie daarvan sal hou as jou baas altyd skreeuend uit ’n ander vertrek met jou kommunikeer nie.

5. Beklemtoon die positiewe, en nie net altyd die negatiewe nie.

Moet: As jy geneig is om altyd te raas as jou kind stout is, prys haar nou ’n slag as sy iets ouliks doen of haar baie mooi gedra.

6. Hoek toe

As jy moeg gepraat is, stuur jou kind – sonder speelgoed – na ’n “vervelige” plek soos die hoek van die vertrek.

Moet: Laat hy met sy rug na die res van julle staan en nadink oor sy gedrag of kalmeer. Een minuut vir elke jaar oud is ’n goeie maatstaf. Ignoreer hom gerus vir daardie paar minute nadat jy verduidelik het hoekom hy gestraf word.

Dit werk veral goed vir meer sensitiewe kinders – hulle voel gou alleen en sal alles moontlik doen om toekomstige afsondering te vermy.

Lees ook: 10 dinge wat jy nooit vir jou tiener moet sê nie

7. Hok hom

Dr. Phil meen dis ’n goeie straf om skoolgaande kinders te hok.

Moet: Selfs al het jou kind nog nie ’n sosiale lewe buite die huis nie, kan jy hom ná slegte gedrag vroeg kamer toe stuur sonder televisie. Dit werk weer eens beter vir sosiale kinders as vir ’n kind wat in elk geval sy eie geselskap verkies.

8. Weerhou voorregte soos TV-kyk of rekenaarspeletjies.

Dit kan net werk as jou kind hierdie goed as voorregte en nie as regte beskou nie. Hoe anders gaan jou kind leer dat voorregte saam met verantwoordelikhede en verpligtinge kom?

9. Onderhandeling is vir politici

Kinders wil nooit enigiets doen wat goed is vir hulle nie. Dus, ignoreer wat hulle wil hê en gee hulle wat hulle nodig het. Jy is nie besig met ’n burgemeestersverkiesing nie, en hoef nie na hul pype te dans nie – Dave Meurer in Boyhood Daze.

Lees ook: Betrokke ouerskap is goed vir pa en kind

10. Hou op omkoop

“Morele waardes moet deel word van ’n kind, en kan nie bloot gekoop en verkoop word nie,” waarsku kenners in die Complete Book of Baby & Child Care. Moenie voortdurend beloning aan gehoorsaamheid koppel nie.

11. Doen wat jy belowe het as jy jou kind se vertroue wil behou

As iets voorval en jy nie by ’n belofte kan hou nie, verduidelik dit vir jou kind. Dis noodsaaklik vir goeie verhoudings en goeie dissipline dat hulle weet hulle kan op jou staatmaak.

12. ’n Vaste roetine

’n Kind jonger as agt maande het nog nie dissipline nodig nie, maar wel ’n vaste roetine. Maar maak seker dat jy teen agttien maande darem al met basiese dissipline begin het.

13. Handhaaf ’n verenigde front

Ma, pa, die huishulp en die kleuterskool behoort dieselfde basiese reëls toe te pas.

Lees ook: Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

14. Eet saam aandete

’n Studie onder 527 tieners by die Cincinnati Children’s Hospital het getoon dat tieners wie se ouers vyf keer of meer per week saam met hulle aandete geëet het, die minste geneig was tot dwelmgebruik, botsings met die gereg of depressie.

15. Sagte liefde of ferm liefde?

“Terwyl sagte liefde ’n kind se hart oopmaak, gee ferm liefde hom meer ruggraat om sterk en duidelik te kan leef in die wêreld waarin hy grootword,” skryf Steve Biddulph in More Secrets of Happy Children.

Elize Olivier, ’n kindersielkundige van Northcliff, Johannesburg, stem saam. “As jy jou kind nie liefhet nie, en nie ’n goeie verhouding met hom of haar het nie, kan jy hom nie dissiplineer en die basiese waardes leer nie.”

Sekere dinge is ononderhandelbaar, meen Elize. “Dit sluit dinge in soos persoonlike higiëne, skoolwerk en tye saam met die gesin.”

Dis hierdie oënskynlike klein dingejies wat kinders belangrike lewenswaardes soos selfrespek, verantwoordelikheid en omgee vir ander leer.

16. Die beste geskenke: tyd en aandag

Opregte aandag is een van die kragtigste maniere waarop ’n ouer ’n kind positief kan motiveer, sê Dr. Phil.

Steve Biddulph, bekende Australiese kinderopvoeder en skrywer van boeke soos More Secrets of Happy Children, meen dit help niks jy vertel jou kinders dat jy hulle liefhet as jy nooit by hulle is nie. “Met kinders is dit wat jy doen belangrik, en nie wat jy sê nie.”

Bêre die koerant, skakel die TV en selfoon af en luister en gesels vir ’n slag met onverdeelde aandag! Of nog beter, speel saam, of doen iets wat jou kind regtig graag wil doen.

Onthou ook dr. James Dobson se raad in Bemoedigende raad vir moedelose ouers: “Die oomblikke wat vir jou die kosbaarste gaan wees, gebeur nie gedurende geskeduleerde aktiwiteit nie, maar in die vryheid van ongestruktureerde en ongejaagde tyd saam.”

17. Wat seuns én dogters nodig het

Steve Biddulph is veral bekend as groot kampvegter vir die positiewe rol wat pa’s in hul kinders se lewe kan speel. Hy skryf in sy bekende boek Manhood dat pa’s van die swangerskap-fase af reeds by hul kinders betrokke moet wees. “Jy kan ’n teenwoordigheid wees in elke fase van hul lewe.”

Hy meen seuns en dogters het hul pa’s ewe nodig.

Die pad na nabyheid aan jou seun, meen Biddulph, loop hand aan hand met saamdoen. Maar moenie van die praat vergeet nie, waarsku hy.

En hoe moet ons dogters grootmaak? “Bewonder hulle, en leer hulle selfstandigheid. Respekteer hul ruimte, en moet nooit hul voorkoms evalueer nie, behalwe op ’n positiewe manier,” is sy raad.

Ook oor seks het hy belangrike raad: “Leer jou kinders dat seks goed is, maar spesiaal. Beskerm hulle teen goedkoop en uitbuitende media en situasies.”

18. Focus on the Family se ses dissipline-beginsels:

  1. Balanseer liefde met grense.
  2. Ouers moet die leiers in die huis wees – nie die kinders nie.
  3. Leer om te onderskei tussen normale gedrag, kinderlike onverantwoordelikheid en openlike verset, want almal vereis verskillende optrede.
  4. Onthou dat konflik tussen ouer en kind onafwendbaar is.
  5. Ouerliefde en jou kind se beste belange behoort jou finale maatstaf te wees.
  6. Moenie ophou bid nie!

Lees gerus:

  • The Better baby deur Susan Wenger (Corals Publishers, 2005. Beskikbaar by goeie boekwinkels, of by 016 982 3255).
  • Manhood deur Steve Biddulph (Vermillion, 2004).
  • More Secrets of Happy Children deur Steve Biddulph (Harper Collins Publishers, 1998).
  • Bemoedigende raad vir moedelose ouers deur dr. James Dobson (Christelike Uitgewersmaatskappy, 2005).
  • Praktiese ouerskap deur dr. James Dobson (Struik Christelike Boeke, 2004).
  • Boyhood Daze deur Dave Meurer (Bethany House Publishers, 1999).
  • The Complete Book of Baby & Child Care (Focus on the Family, Tyndale Publishers, 1997).

Lees ook: Dink en praat anders oor wiskunde om jou kind ‘n hupstoot te gee

Deel
Gepubliseer deur
Anelle Tewson

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 day Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.