2024 se avoseisoen is amptelik hier. Wat gaan jy daarmee maak om te eet? Hier’s idees!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Jy het hulle al gesien. Daardie sosiale-media-beïnvloeders – almal professionele kokke, huiskokke, gesondheidsbewuste kokke, pa-kokke, die “besige ma”-kokke, die “net-uit-universiteit-leer-hoe-om-te-kook”-kokke – wat almal besig is om te kap of te sny voor die kamera. Raai wat is hulle nommereenbestanddeel? Avokado’s wat nou ryp is, want die avoseisoen vir 2024 begin.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Oukei, om regverdig te wees, oordryf ons dalk nou so ’n bietjie. Die kosprodukte wat vanjaar op sosiale media gewild is, is volgens Time se opname van mense in die bedryf, Oosterse bestanddele, soos swart sesamesaad, pers patat en melktee.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Maar hierdie opname, en omtrent elke voorspellinglys wat die jongste kosneigings vir 2024 aankondig, benadruk die voortdurende sterk aanvraag na plantgegronde geregte en die volhoubare gebruik van volvoedselgroentes (groente wat nie baie verwerk is nie) in restaurante en maklike geregte wat jy by die huis kan maak.

Die groeiende neiging om groente in drankies te gebruik, raak al hoe gewilder. Die Time se opname merk dat “mengeldrankiekenners oor die wêreld heen geregte vir drankgeure omarm.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Avokado’s, wat in Suid-Afrika gekweek word, pas goed by hierdie neigings in. Hulle is ’n basiese bestanddeel in plantgegronde maaltye; ’n volvoedsel wat beteken dat hulle net so gebruik kan word sonder om verder verwerk te word; hulle maak heerlike romerige drankies; en hulle is heeltemal Insta-waardig (gaan loer bietjie na die gewilde #avocadobread om te sien wat ons bedoel!).

Dit wys op die geweldige veelsydigheid van avo’s, en hoe maklik dit is om net ’n avo vir ontbyt, middagete of aandetes; as peuselhappie of gereg op sy eie; en as iets bo-op ’n gereg of as bykos te geniet.

Navorsing deur die SA Avokado Kwekersvereniging (SAAGA) het laas jaar gewys hoe die gewildheid van avo’s by verbruikers gestyg het. Dit toon dat dit nie langer net as luukse bestanddeel beskou word nie; dis eerder nou ’n moethê- huishoudelike produk wat in elke Suid-Afrikaner se huis behoort te wees.

Hierdie verskuiwing word grootliks aangebring deur die toenemende erkenning van avos se voordele vir ons gesondheid, en die menigte maniere waarop verbruikers “net ’n avo kan byvoeg” tot die kosprodukte in hul spens of by oorskietkos om bekostigbare familiegeregte oor verskillende kulture heen te maak.

Avo’s is hoog in vette wat jou hart gesond hou, vitamien K en biotien. Dit bevat nie enige cholesterol of natrium nie, en dit kan deel vorm van ’n suksesvolle energie-beherende dieet om jou gewig te bestuur. Hulle bied ook waarde vir jou geld, aangesien ’n klein bietjie jou ver kan bring.

SAAGA se navorsing wys ook dat, selfs al het die gemiddelde koste van alle voedsel gestyg, is avokado’s belangrik vir verbruikers en voeg hulle dit gereeld by hul inkopielyste. Verbruikers se koopgedrag wanneer dit by avo’s kom, het ontwikkel van om in 2012 en 2016 op die ingewing van die oomblik te koop tot 2021 en 2023 waar ’n mense hul aankope beplan. Kopers is veral lief vir avokado’s wat ryp en gereed iryp-en-gereed-avokados, en 66% sal selfs meer vir hierdie gerief betaal.

Suid-Afrikaanse avokadopere is amper die hele jaar lank beskikbaar: die romerige soort met die groen vel is vanaf Maart tot Oktober beskikbaar terwyl die neuterige avo’s met die donker vel vanaf Maart tot November beskikbaar is. Die avokado’s met groen en donkervelle is ewe lekker en voedsaam.

Wat wil jy dus kook of bak? Al wat jy nodig het, is ’n resep, ’n kamera, ’n hutsmerk … en ’n avo of twee om jou eie kossensasie te skep wat die tonge sal laat klap!

Vir meer inligting en avoresepte, besoek www.avocado.co.za, like ons op Facebook @iloveavocadoSA en volg ons op Instagram @iloveavossa.

Foto: Suid-Afrikaanse Avokado Kwekersvereniging

Veganvriendelik!

1 porsie

Bedieningstyd: 10 minute

Bestanddele:

  • 1 avokado, gekap
  • 1 piesang, gesny
  • 125 ml (½ k) gekapte pynappel
  • handjie vol babaspinasie
  • 180 ml (3/4 k) lemoensap
  • ekstra bietjie suurlemoensap, volgens smaak

Metode:

  • Vries avo, piesang en pynappel oornag in lugdigte houer.
  • Verwerk al die bestanddele saam tot romerig. Gooi ekstra lemoensap by om dit te verdun, as jy verkies. Sit dadelik voor.

Wenk: As jy nie tyd het om die vrugte te vries nie, verwerk dit wanneer hulle steeds vars is saam met ’n hand vol ysblokkies.

Foto: Suid-Afrikaanse Avokado Kwekersvereniging

Geskik vir vegetariërs!

8 porsies

Bedieningstyd: 30 minute + rus

Kooktyd: 30 minute

Bestanddele:

Vir avodeeg

  • 125 ml (½ k) avo wat fyngedruk is
  • 330 ml (11/3 k) koekmeelblom plus ekstra
  • 7,5 ml (1½ e) bakpoeier
  • 2,5 ml (½ t) sout
  • +/- 60 ml ( ¼ k) koue water

Vir vulsel

  • 6 eiers
  • 500 ml (2 k) bevrore ertjies, ontvries
  • 125 ml (½ k) feta, gekrummel
  • sout en peper
  • 1 ryp avokado wat lekker ferm is, in die helfte gesny, ontpit en geskil
  • hand vol basiliekruid

Metode

1. Deeg: Verwerk die avo tot glad. Meng die meel, bakpoeier, sout en net genoeg water deur tot dit ’n balletjie vorm. Strooi ekstra meel oor ’n plat oppervlak en knie tot sag. Bedek met kleefplastiek en laat vir 20 minute rus.

2. Rol deeg uit in ’n sirkel met 5 mm-dikte. Voer ’n gesmeerde, diep quichepan met die deeg uit en sny dié stukke wat oorhang af. Prik die onderkant met ’n vurk. Sit gefrommelde bakpapier bo-op en bakgewigte (soos droë bone). Sit vir 10 minute in yskas.

3. Voorverhit oond tot 200 ° C. Bak die tertkors blind vir 10 minute. Verwyder bakpapier en gewigte, en bak vir 5 minute of tot ligbruin.

4. Vir die vulsel, blits eiers, 357 ml (1 ½ k) ertjies en 80 ml (1/3 k) van die feta. Geur met sout en peper. Gooi binne-in tertkors en bak vir 30 minute of tot gestol. Koel af by kamertemperatuur.

5. Maak avorose deur een avokado met die gesnyde deel na onder op die snyplank te sit. Sny oor die breedte heen in klein, dun stukke.

6. Sprei die avokadosnye uit oor ’n reguit lyn. Begin aan een kant en rol die versigtig in ’n spiraal roosvorm. Herhaal met orige avo helfte.

7. Plaas avokadorose op tert met orige 125 ml (1/2 k) ertjies en 45 ml (3 e) feta. Plaas basiliekruid oor.

Foto: Suid-Afrikaanse Avokado Kwekersvereniging

Veganvriendelik!

4 porsies

Bedieningstyd: 15 minute

Bestanddele:

Vir die avomayonnaise

  • 1 avokado
  • Sap van 1½ suurlemoene na smaak
  • 2,5 ml (½ t) knoffelpoeier
  • 30 ml (2 e) olyf- of avokado-olie
  • 60 ml (1/4 k) water
  • Knippie sout

Vir die wraps

  • 4 wraps
  • 2 hand vol gemengde slaaiblare
  • 375 ml (1½ k) oorskiet- geroosterde groente
  • 1 avokado, gesny

Metode

1. Avomayonnaise: Verwerk bestanddele saam tot glad.

2. Wraps: Smeer die avomayo in rye oor die middel van die wraps. Plaas blare, groente en avokado bo-op.

3. Vou albei kante van elke wrap oor die vulsel. Maak met ’n kombuistou vas om bymekaar te hou.

Variasie: Vir ’n vleisopsie voeg 250 ml (1 k) gesnipperde, oorskiethoender wat gerooster is of snye gebraaide vleis by.

Beurtkragwenk: Die mayo kan ’n dag voor die tyd gemaak word. Anders druk die avo fyn en klits die orige bestanddele saam tot glad.

Lees ook: Eiers gevul met beet en avokado

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

2 days Gelede

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

In ons moderne wêreld, waar die uiterlike voorkoms blyk om al hoe belangriker te word,…

2 days Gelede

Sauvignon Blanc Dag op prettige manier gevier

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Dis hoe die Suid-Afrikaanse wynbedryf die afgelope naweek Internasionale…

2 days Gelede

Willem Botha se nuwe liedjie kry die partytjie aan die gang

Veelsydigheid is Willem se middelnaam, maar musiek bly sy passie. Hierdie enkelsnit is sy eerstevrystelling…

2 days Gelede

Lemoen-ontbytkoekies

Die koekies is heerlik klam en maklik om te maak. Jy kan hulle sonder die…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Nicole en Hennie Bosman oor ‘Wanderlus’ se jongste seisoen

Hennie en Nicole Bosman van Franschhoek, ’n paartjie wie se daaglikse lewe uit die see,…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.