kategorieë: WenkeSkoonheid

Valentynsdag-geskenke vir jou en hom

Deur Corné Greeff. Hooffoto ghd

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Parfuum

Met Valentynsdag  om die draai is ’n droomgeur dalk net die ding wat jy nodig het om jouself in die bui te kry vir ’n aand van romanse, of dalk is jy op soek na die perfekte geskenk of net ’n begeerlike nuwe reuk om jou geliefde se voete onder hom uit te slaan. Parfuum bly ’n besonderse geskenk, maar dit is ook riskant, omdat dit so persoonlik is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hier is ’n paar van ons gunsteling-geure vir hom en haar:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hugo Boss

Hugo Boss Extreme is ideaal vir die aktiewe paartjie wat daarvan hou om saam te oefen en buitelug aktiwiteite te doen. Hugo Man Extreme (R1 215 vir 100 ml) is ’n vars parfuum met geure van appel, sitrus en lavender. Hugo Women Extreme (R1 180 vir 100 ml) het ook ’n vars geur, maar die van vrugte en blomme.

Hierde beperkte uitgawe reeks van Hugo Boss laat my dink aan iets uit ’n James Bond-fliek. Boss The Scent Parfum LTD Edition (R1 660 vir 100ml) en Boss The Scent Parfum for her LTD Edition (R1 375 vir 50 ml) is twee verleidelike geure wat die moderniteit en tydloosheid van die Boss-estetika uitbeeld. Dit is luuks en sensueel en beeld die intieme atraksie tussen die Boss-man en -vrou uit.

Lacoste

Lacoste L.12.12 Pour Lui Magnetic (R1 180 vir 100 ml) en Lacaste L.12.12 Pour Elle Magnetic (R1 385 vie 80 ml) is perfek vir die avontuurlustige paartjie.

Gucci

Gucci Guilty Absolute Pour Femme (R1 825 vir 75 ml, beskikbaar by Edgars) het die geur van swartbessies, sitrus en rose en Gucci Guilty Abolute Pour Homme (R1 675 vir 150 ml) het geure van hout en leer. Dit is perfek vir die suksesvolle, doelgerigte paartjie.

Davidoff

Davidoff Cool Water Woman (R1 205) bevat die essensie van varsheid, sensualiteit en natuurlike skoonheid. Dit is ’n kombinasie van botaniese note en die geur van die see. Davidoff Cool water Man (R1 195) is ’n ikoniese geur wat jou die gevoel van krag en varsheid gee soos ’n brander in die see. Dit bevat geure van kruisement en laventel wat intense varsheid bied. As julle lief is vir die see is hierde parfuum perfek.

Spa-dag by die huis

In die gejaagde lewe waarin ons vandag leef, is ’n aandjie tuis dalk al wat jy en jou geliefde nodig het. Dalk is dit tyd om ’n kers of twee aan te steek. Koop ’n gegeurde kers en ’n masker, sit ’n fliek aan en geniet ’n “date night” by die huis terwyl julle lekker ontspan.

Maseerolie

SOil Relaxing Massage oil (R100 vir 100 ml).

Kalahari Marula Body oil (R208 vir 60 ml).

Elemis Japanese Camellia Body Oil Blend (R760 vir 100 ml).

Spalicious Marula Bath, Body Massage Oil (R186 vir 100 ml).

Gegeurde kerse

Lees ook ons artikel oor Lappiesmaskers hier

Nog oulike geskenk-idees vir hom of haar

ghd

ghd gold V Amber Sunrise Styler (R2 499. Nou slegs R1 874.25)

ghd het het ’n spesiale promosie vir Valentynsdag. Sekere van hul produkte, soos die ghd gold Amber Sunrise Styler, is 14% afgemerk indien jy dit aanlyn koop.

Theravine

TheraVine Divine Bat and Body Kit (R572)

Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.