kategorieë: VerhoudingsJou lewe

Valentynstroos: 3 maniere om jou “ou” geliefde in ’n nuwe lig te sien

Valentynstroos: 3 maniere om jou “ou” geliefde in ’n nuwe lig te sien deur Mariette Snyman. Foto: Unsplash

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Nie almal is so gelukkig om ’n Valentyn te hê wat hul knieë laat swik of ongelooflike  dinge aan hul hartklop doen nie. Dalk sit jy, soos baie vroue, al jare met jou Valentyn “opgeskeep”. Ja, wat, jy mág maar in ’n oomblik van swakheid so dink. Dis mos ’n uitdaging om jou emosionele balans te behou as die hele wêreld oornag op langsteelrose, ballonne, ondergoedjies en nagte van passie begin fikseer.

Lees ook: Die dieper betekenis van seks

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ons het ’n paar voorstelle indien jy Valentynsdag met ’n ligter hart tegemoet wil gaan. Toemaar, ons praat hier nie van egskeiding, kwaadwillige verlating of ’n ambisieuse lewensmaat-rehabilitasieprojek nie, eerder van voorstelle wat nie morsig sal raak of jou geld gaan kos nie.

Lees ook: Seksuele etiket – die 10 foute wat jy nooit mag maak nie

Let wel: Die 3 strategieë is nie kitsoplossings nie. Dit gaan moeite  én wilskrag verg. Maar maak dit saak as jy op Valentynsdag – en die dae daarna – gelukkiger kan voel?

Hier gaan ons!

3 dinge wat jy moet onthou

1 Die doelstelling

Die doelstelling is om jóú beter te laat voel, net ’n tikkie op ’n slag. ’n Bietjie vir bietjie, dag vir dag … en voor jy jou kom kry, het jy ’n merkbare gemoedsverskuiwing ondergaan.

Die doelstelling sluit nie in om jou geliefde te verander nie. Jy is welkom om ’n poging aan te wend, maar mans het die manier om viervoet vas te steek wanneer iemand hulle probeer “verbeter”.

Lees ook: Die mooiste tuin-idees vir Valentynsdag

2 Die werkswyse

Kies die strategie wat jou die sterkste aanspreek – en “doen dit net”!

3 Tekens van vordering

As jy ’n gevoel van verligting ervaar, is jy suksesvol. Herhaal, en herhaal weer. Ons mik nie vir “alles is skielik fantasties nie”, ons gaan hoofsaaklik vir “hmm, dit voel beter.”

Die 3 strategieë wat jy kan probeer

1 Maak lysies wat jou hart sag maak

Trek pen en papier of jou rekenaar nader, en maak ’n lys van

  1. Vyf geite van jou maat waarvan jy steeds hou – klein gewoontetjies, takies wat hy vir mens of dier doen, of mooi dinge wat hy sê
  2. Die drie wonderlikste dinge wat jou maat ooit vir jou gedoen het
  3. Vyf liefdevolle wense wat jy jou maat toewens

Dis natuurlik goeie inhoud om in ’n Valentynskaartjie te skryf, maar die eintlike doel is om dankbaarheid in jou hart te laat nes skrop.

Hoe moeiliker dit is om die lysies te voltooi, hoe groter die impak wat die oefening kan hê, veral as jy dit gereeld herhaal. Dis ’n bietjie soos om in die supermark na die rak met haarprodukte te stap en onmiddellik op die sjampoe wat jy gebruik, in te zoem. Dit raak tweede natuur.

Lees ook: Hoe om die beste orgasmes en seksuele bevrediging op enige ouderdom te kry

2 Wat soek jy? Stel vas waar jy dit reeds kry

Is daar dinge wat jy begeer maar wat in jou verhouding ontbreek? Dalk hinder dit jou dat jou maat glad nie op drukkies ingestel is nie of dat julle selde ’n grappie deel.

Dié oefening kom uit die boek The Heart of Love deur dr. John Demartini – beskikbaar op www.drdemartini.com

Lees ook: Mans moet dokter toe gaan as hulle enige van hierdie 7 tekens sien

Dit ontbreek nie in jou lewe nie; dit kom net in ’n vorm wat jy nie herken nie

  1. Maak ’n lys van wat jy in jou ideale geesgenoot soek. Skryf élke eienskap neer.
  2. Kyk nou waar en deur wie elke kenmerk reeds in jou lewe gestalte vind. Wie is vol lewenslus, die ene kreatiwiteit, suksesvol, of laat jou lag? As jy aanhou soek, sal jy agterkom watter vriend, kollega, familielid of kliënt – of boek, fliek of dagdroom – hierdie eienskap in jou lewe indra. Dit wat jy begeer, ontbreek nie in jou lewe nie; dit kom net in ’n vorm wat jy nie herken nie.
  3. Word stil, eien die vorm wat die vervulling aanneem en wees in liefde dankbaar daarvoor. As dit vir jou na skrale troos klink, kan jy jou afvra wat jy op die lange duur sou verkies: een allesomvattende verhouding, of ’n ryke ervaring van baie mense, dinge en plekke?
  4. Onvoorwaardelike liefde omvorm verhoudings. Moenie verbaas wees as die terloopse aanraking wat jy in jou verhouding mis, op ’n dag begin realiseer nie.

Lees ook: Wat mans – en vroue! – moet weet oor erektiele disfunksie

3 Knoop julle prioriteite aan mekaar

’n Paartjie wat lank saamwoon, maak soms aannames oor mekaar wat eintlik getoets moet word. Een wanindruk is dat hulle prioriteite ooreenstem. Die vraag is: is dit waar?

“Die enigste betroubare voorspelling wat jy ooit oor ander kan maak, is dat hulle aan hul eie waardes getrou sal wees,” skryf dr. John Demartini in The Heart of Love. “Waardes” hou hier eerder verband met dit wat belangrik is as dit wat reg en verkeerd is – ons praat met ander woorde van prioriteite.

Dr. Demartini onderskei sewe waardevelde: spiritueel, intellektueel, loopbaan, finansieel, familie, sosiaal en fisiek. Elkeen van ons lys hierdie velde in ’n spesifieke volgorde.

Lees ook: Die oorsake van lae libido in mans

Die geheim is om jou hoogste waardes in terme van syne oor te dra

Ons lewe wys wat voorop staan – dit waaroor ons die meeste dink, droom en praat, waarmee ons ons ruimte vul en waaraan ons tyd, geld en energie bestee. Dis gewoonlik die velde in ons lewe waar daar orde is.

Lees ook: Wat jy moet weet oor seks en kanker

  • Rangskik jou velde en jou maat se velde onderskeidelik van belangrik na minder belangrik. Is die gesin vir jou belangriker as jou loopbaan? En vir hom? Is finansies vir jou belangriker as fisieke oefening? En vir hom? Is spiritualiteit vir jou belangriker as intellektuele stimulering? En vir hom?

Lees ook: Hoe om beter oor seks te praat

Nie net maak voorkeure en besluite skielik meer sin nie, maar jy het nou ’n kragtige instrument om doeltreffend met jou maat te kommunikeer. Die geheim is om jou hoogste waardes in terme van syne oor te dra. Gestel jou topprioriteit is familie, en syne intellektueel. Sodra hy voel jy gee te veel aandag aan die kinders, kan jy hom daaraan herinner dat dit hom ekstra tyd gee om interessanthede op die internet op te soek. Dié kuns word breedvoerig in The Heart of Love bespreek.

Lees ook: Hoe diabetes jou seksuele gesondheid beïnvloed

As jy wonder hoe twee mense wie se waardes soveel verskil, na aan mekaar kan bly, is hierdie oefening vir jou:

  • Skryf jou vyf belangrikste waardevelde neer, en sy topvyf langsaan. Lys minstens vyf maniere waarop jou maat se boonste waarde jou help om jou hoogste prioriteit te vervul. Druk deur as dit moeilik voel!
  • Lys nou vyf maniere waarop jou boonste waarde hóm help om sy prioriteit te vervul. Herhaal die proses vir die ander vier items op elkeen se lys.  Dié bedrieglik eenvoudige oefening herbedraad jou brein en open ’n nuwe deur tot kommunikasie en intimiteit. Omdat ons waardes kan verander, is dit goed om dit elke kwartaal te herhaal.

Lees ook: Wat elke vrou oor menopouse en seks moet weet

Lees ook:

29 Maniere om te sê ek het jou lief

Belê in jou huwelik

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

4 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

4 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

4 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.