Kaapse grimeerkunstenaar Gemma Dawn is ’n passievolle veganis. Sy deel haar insig oor wat die term behels en beantwoord ons vrae oor veganis-vriendelike skoonheidsprodukte.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Volgens The Vegan Society is veganisme ’n manier van leef waar jy so ver moontlik en prakties uitvoerbaar die uitbuiting of wreedheid teen diere vir kos, klere of enige ander doeleindes, uitsluit. Veganiste (oftewel “vegans” soos wat die Engelsman dit noem), volg ’n plant-gebasseerde dieet wat all voedsel afkomstig van diere soos vleis (ook vis, skulpvis en insekte), suiwelprodukte, eiers, heuning en ander produkte soos leer of produkte wat op diere getoets word, uitsluit.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Dink jy veganiste moet noodwendig veganis-vriendelike skoonheidsprodukte gebruik?
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Absoluut! Nie net veganiste nie, maar almal wat omgee oor goedheid en ’n minder wreedsame lewe wil leef. As veganis het ek gekies om nie die slagting van diere te ondersteun nie en dit moet deur al my besluite wat ek neem duidelik wees – van kos tot kleure en skoonheidsprodukte.
Wat is jou gunsteling veganis-vriendelike skoonheidsprodukte?
Ek hou van Lavish Natural Skin Care en Esse. Vir grimering gebruik ek Inthusiasm – dit is aanlyn beskikbaar (klik hier).
Hoe kyk ’n mens na bestanddele?
Jy moet jou eie huiswerk doen, want al word ’n produk nie noodwendig op diere getoets nie, word van die betanddele dalk wel op hulle getoets.
Ons sê: Jy gaan baie navorsing moet doen. Peta gee ’n lysie van produkte om te vermy. Selfs hier is dit moeilik om te onderskei want sommige bestanddele kan van plante of diere afkomstig wees. Al die bestanddele op die lysie is dus nie noodwendig sleg nie.
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.