Genoeg vir 4.
Bestanddele
- 1 ui, gekap
- 30 ml (2 e) olyf- of avokado-olie
- 8 ml (½ e) gekapte rissie
- 1 rooi soetrissie, gekap,
- 10 ml (2 t) fyn komyn
- 15 ml (1 e) tamatiepasta
- 125 ml (½ k) water
- 5 ml (1 t) suiker
- 1 x 410 g-blik heel, geskilde tamaties, fyn gedruk
- 1 x 400 g-blik rooi nierbone gedreineer
Vir die guacamole:
- 1 avokado
- suurlemoensap na smaak
- 4 tortillas
- 125 ml (½ k) wit cheddarkaas, gerasper
- ’n handvol basiliekruidblare
Metode
- Braai die ui vir 5 min. in die olie oor matige hitte tot sag. Voeg die knoffel, rissie en rooi soetrissie by en braai vir 3 min.
- Voeg die fyn komyn, tamatiepasta, water, suiker, blik heel, geskilde tamaties en rooi nierbone by. Kook vir 15 min. tot effens verdik. Geur na smaak.
- Maak intussen die guacamole deur die avokado fyn te druk en die koljanderblare en suurlemoensap na smaak te meng. Proe en geur.
- Maak die fajita’s deur die tortillas met skeppies guacamole, ’n bietjie kaas, die geurige bone en basiliekruidblare te vul. Vou of rol dit toe en smul.
