Genoeg vir 6.
Bestanddele
- 500 g botterskorsie, in blokke gesny
- 30 ml (2 e) heuning
- 30 ml (2 e) olyf- of avokadoolie
- sout en gemaalde swartpeper
- 400 g (1 rol) skilferkorsdeeg
- 250 g (1 houer) mascarponekaas
- 100 g (1 rolletjie) bokmelkkaas
- 1 x 30 cm-chorizo-worsie, oorlangs gesny
- 50 g (½ pakkie) dennepitte, liggies gerooster
- 30 ml (2 e) gesmelte botter
- klein hand vol tiemietakkies
- hand vol roketblare
Metode
Voorverhit die oond tot 200 °C.
- Sit die botterskorsie in ’n oondpan en sprinkel heuning en olie oor. Geur na smaak en bak vir 30 min. tot gekaramelliseer en gaar.
- Sit die skilferkors in ’n diep 30 cm x 25 cm-oondskottel en smeer die mascarponekaas oor die basis van die deeg.
- Krummel die bokmelkkaas bo-oor. Pak die gekaramelliseerde botterskorsie en chorizo bo-op. Strooi die dennepitte oor.
- Verf die deegrande met die botter en bak vir 20 min. of tot goudbruin en gaar.
- Sit voor met tiemietakkies en roketblare.
