Bloubessie-smoothie met swartbessies en kersies deur Vickie de Beer, bygestaan deur Gilionelle Kaba. Foto: Lee Schwagele
Bestanddele
Genoeg vir 4.
Smoothie
- 500 ml (2 k) bevrore bloubessies
- sap en gerasperde skil van 1 suurlemoen
- 500 ml (2 k) dubbeldikjogurt
- 250 ml (1 k) melk
- 20 ml (4 t) chiasade
Bessies vir opdiening
- 50 g vars bloubessies
- 50 g vars kersies
- 50 g vars swartbessies, deurgesny
Metode
- Verwerk die bevrore bloubessies en suurlemoensap en –skil in ’n voedselverwerker tot glad. Voeg die res van die bestanddele by en meng goed tot glad.
- Verdeel tussen 4 ontbytbakkies en sit voor met die ekstra bloubessies, kersies en swartbessies bo-op.
