kategorieë: VelsorgSkoonheid

Velsorg vir mans

Dit maak jou nie minder manlik as jy ’n skoonheidsroetine volg nie. Inteendeel, daar is niks daarmee verkeerd om na jou vel om te sien nie. Velsorg behels meer as om net soggens ’n bietjie naskeermiddel aan te wend. ’n Goeie velsorgroetine sal slegs ’n paar minute van jou tyd in beslag neem en dit sal jou help om ’n gesonde en ferm vel te behou. Ons besef dat daar baie velsorgprodukte vir mans op die rakke is en dit dalk moeilik kan wees om die regte produkte te kies. Daarom het ons vir Hannon Bothma en die vervaardigers van Nivea MEN gevra vir raad en wenke.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hannon se wenke vir ’n goeie velsorgroetine

Mans wat nog nooit ’n velsorgroetine gevolg het nie, kan dit gerus in fases aanpak sodat dit nie oorweldigend is nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Fase 1

  • ’n Basiese velsorgroetine vir ’n man sluit in ’n reiniger, ’n saamtrekmiddel om die vel te balanseer nadat jy geskeer het, en ’n olievrye vogroom wat ’n SBF van ten minste 30 bevat.

Fase 2

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
  • Bo en behalwe die bogenoemde basiese produkte sal hy ook baat vind daarby om een keer ’n week sy vel met ’n skroproom te skrop. Dit sal die vel meer sprankelend laat vertoon en help met ingroei-baardhare.
  • Vanaf 21-jarige ouderdom begin mans se eerste tekens van veroudering wys, dus moet mans dan reeds begin om ’n oogroom te gebruik.

Fase 3

  • Sodra ’n man dan hierdie tweede fase van ’n velsorgroetine bemeester het, kan hy ’n kollageen-serum aanskaf en onder sy vogroom begin aanwend. Kollageen is die spreekwoordelike fontein van jeug, want dit hou jou vel soepel en voorkom vermindering van fermheid waar jou vel en nekarea begin losser raak.

Probeer hierdie produkte

Hoekom verskil mans se skoonheidsprodukte van die van vroue?

Die vervaardigers van Nivea Men sê behalwe vir die feit dat mans se velle dikker is as vroue s’n, is die tekstuur ook sterker. Mans produseer ook meer Sebum (olie) as vroue en oortollige sebum veroorsaak aknee, daarom sukkel mans meer met aknee as vroue. Mans het ook ’n hoër kollageentelling as vroue, daarom verouder vroue se vellevinniger as mans s’n. Dit is baie belangrik vir mans om van jongs af te kyk na hul velsorgroeitine.

Nivea Men se raad

  • Hou jou vel skoon. Reinig ten minste 2 keer per dag
  • Gebruik ’n goeie bevogtiger
  • Moet nie vergeet van jou sonskerm nie
  • Indien jy baie jou baard skeer, is dit belangrik dat jy ’n goeie skeermiddel gebruik wat jou vel sal beskerm

#rrwenke

  • Gebruik ’n saamtrekmiddel (toner) nadat jy geskeer het. Dit sal help om die vel te kalmeer en branderigheid wegvat.
  • Kry vir jou ’n bevogtiger wat ’n sonskerm bevat
  • Onthou om gereeld deur die dag jou sonskerm aan te wend

Met ’n bietjie dissipline kan jy maklik jou skoonheidsroetine onder die knie kry.

Lees ook: Testosteroonaanvullings vir mans: Is dit iets wat hy moet oorweeg?

Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

21 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.