Ons toets die FiSZZ™ Facial van Innovative Skincare
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Adjunkredakteur, Hannelie Diedericks, was genooi om die FiSZZ™ Facial van Innovative Skincare (iS Clinical) te ervaar by The Melrose Aesthetic Centre in Melrose Arch, Johannesburg.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Die behandeling:
Die gesigbehandeling is ’n sensoriese ervaring wat beskryf word as ’n glas sjampanje vir jou vel. Dit beloof ’n helderder, gladder en sagter vel onmiddellik na die behandeling. Dit begin met ’n Warming Honey Cleanser wat 40% heuning bevat. Jy ruik onmiddellik die ryk heuninggeur wat jou vel sagkens reinig en kalmeer. Dit word gevolg deur ’n Citrus and Rosemary Clarifying Mud Masque wat jou porieë oopmaak en gifstowwe uittrek. Maar die hoogtepunt is die FiSZZ Masque System wat dan aangewend word en drie keer met ’n koper sproei geaktiveer word. Dit voel kompleet asof jou gesig ’n glasie Eno’s drink! Die bruisende sitroensuur-formule werk soos ’n afskilferbehandeling wat klaar speel met dooie velselle en die bruis-aksie raak ook van alle oorblywende onsuiwerhede ontslae. Boonop help die kopersproei kollageen-produksie aan. Dis geskik vir alle veltipes.
Voordele:
• Maak jou vel helderder.
• Verhoog die vogvlakke in die vel.
• Raak ontslae van vrye radikale en beveg oksidasie.
• Kalmeer inflammasie.
• Moedig selvernuwing aan.
• Reguleer die produksie van die vel se natuurlike olies.
• Stimuleer velselle se metabolisme.
Die resultaat:
My vel het dadelik helderder en gladder gelyk. Ek kon vir die volgende paar dae met minder grimering klaarkom.
Wat jy moet weet:
• Dis ’n relatiewe vinnige behandeling. Myne het sowat 40 minute geduur.
• Onthou om altyd ná ’n intensiewe afskilferbehandeling vir ten minste ’n paar dae sonskerm te gebruik.
• Bel iS Clinical by 0861 472 546 of besoek www.innovativeskincare.co.za/ vir jou naaste salon.
• The Melrose Aesthetic Centre 0861 372 6869
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.