kategorieë: Doen dit self

Verander slegte gewoontes

*Om nooit jou toerusting skoon te maak nie …
Skootrekenaars, iPads en ander toestelle is ’n magneet vir kieme en bakterieë omdat dit in kontak kom met vuil hande. Vuiligheid beland in elke naat. Gelukkig is dit maklik om op te los. Maak dit skoon met watte of ’n oorpluisie wat in chirurgiese spiritus gedoop is of koop spesiale middels by iStore.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Gevolgtrekking: Dis regtig ’n slegte gewoonte!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

*Om altyd jou gras in dieselfde rigting te sny …
As jy jou grasperk altyd in dieselfde rigting sny, keer jy dat die grasspriete regop staan en dit gee dit gras ’n plat of amper skuins voorkoms. Maak seker jy sny dit in alle rigtings sodat die gras nie in een rigting groei nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Gevolgtrekking: Net ’n bietjie sleg.

*Om nooit jou plante te voed nie …
Al hou kunsmis plante groen en welig, sal hulle daarsonder oorleef. Potplantgrond is gewoonlik reeds vrugbaar. Huisplante het minder energie nodig om te groei weens hul klein leefruimte versprei hulle nie hul wortels nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Gevolgtrekking: Nie sleg nie.

*Om ’n geroeste blikoopmaker te gebruik …
Roes aan ’n blikoopmaker bied ’n growwe oppervlak waaraan kos kan klou. Dit kan kieme versprei as jy ’n volgende blik oopmaak. Gooi geroeste oopmakers weg. As dit net ’n paar roes plekkies het, week dit in asyn en skuur die roes af. Keer dat jou oopmaker roes deur dit deeglik af te droog na dit gewas is.

Gevolgtrekking: Baie sleg.

*Om ou handdoeke te gebruik …
Na ’n paar jaar verloor handdoeke hul absorbeervermoë en sagtheid en kan dit begin vesel verloor. Dit is nie skadelik om met ’n ou handdoek af te droog nie, maar ’n nuwe handdoek sal die werk beter doen. Hersirkuleer ou handdoeke deur dit op te sny en as skoonmaaklappe te gebruik.

Gevolgtrekking: Soort van sleg.

Bron: Jessica Dodell-Feder, HGTV Magazine

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.