Vraag
Wat is die beste manier om fyn plooitjies op my gesig te verbloem? – Janine
Antwoord
Gebruik ’n goeie voorbereidingslagie (primer) onder jou onderlaag. Dis ’n produk wat al die fyn (én dieper) lyntjies en vergrote porieë opvul en jou vel egaliger laat lyk. Die voorbereidingslagie laat ook jou onderlaag langer aanbly. Vermy ’n mat- of poeieronderlaag omdat dit die voorkoms van ongewenste fyn lyne sal beklemtoon – kies liewer ’n deursigtiger, vloeibare, glansende onderlaag.
*Marlinette Newman is ’n vryskut haar- en grimeerkunstenaar van Kaapstad.
Ons sê, probeer:
Givenchy Mister Smooth Primer

MAC Prep n Prime Skin

INGLOT Under Makeup Base
