kategorieë: VelsorgSkoonheid

Verbrand deur die son? Hier is raad

7 wenke om sonbrand te stop

1 Kom dadelik uit die son.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

2 Neem ’n koue stort om jou af te koel, maar moenie te lank onder die water staan nie anders dehidreer die water jou verder.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

3 Druk jou liggies droog met ’n sagte handdoek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

4 Smeer ’n na-son middel aan.

5 Bly binne/in die skadu/op ’n koel plek en vermy die son vir ’n dag of twee.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

6 Moenie krap wanneer jou vel begin jeuk nie.

7 Moenie dooie velletjies aftrek nie, dit kan inskeur en ontsteuk (eina). Neem eerder ’n klein skêrtjie en knip van die boonste los velletjies af.

Probeer die volgende produkte

Coverderm Filteray after sun for the body (R289 vir 100 ml) – ideaal vir sensitiewe velle en ook vir kinders en baba’s.

Coverderm Filteray after sun for the face (R289 vir 50 ml)- romerige jel wat help om die jeukerige, droë gevoel te streel. Kan elke dag reg deur die jaar aangewend word.

Charlotte Rhys Spa Aloer Ferox Gel (R137,50) bevat aloe vera wat sonverbrande vel streel en is goed vir wond-heling en kan ook op ander snyytjies en skrapies gebruik word.

BioNike After Sun Balm (R205 vir 400 ml)  is ’n heerlike ligte room wat nie net verligting bring en jou vel voed nie, maar ook help om jou vel te herstel. Spesiaal gemaak vir diegene met sensitiewe velle.

Placecol Rescue Therapy (R245, beskikbaar by Placecol-klinieke en www.placecol.com) help om die temperatuur van jou vel af te bring en streel, voed en herstel jou vel.

Nivea Sun After Sun Moisturising Spray (R64.99 vir 200 ml) streel en koel jou vel af. ’n Ligte formule wat Aloe Vera bevat.

Bioderma Sensibio Forte (R259,95) help om rooiheid en oorverhitting te verlig met strelende aktiewe bestanddele, help inflamsie verlig en om jou vel se weerstand meer te maak. Ook ideaal om te gebruik op ’n uitslag van skeer, na haar-verwydering of laser-behandeling.

Vichy Ideal Soleil After Sun SOS Balm (R235) bevat spa-water en wilgerkrui (willowherb) om jou vel te streel en te herstel. Dit is vry van parabene, hiper-allergenies en geskik vir sensitiewe velle.

#rooirosewenk
As jy nie ’n na-son middel het nie, sny ’n rou aartappel in skywe en plaas dit op die gebrande dele. Die aartappel sal help om pyn te verlig en inflamasie verminder. Dit help ook om die boonste lagie van jou vel te versterk.

Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

9 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.