kategorieë: KalenderOntspanning

Vergenoegd Löw Wynlandgoed-somerkonsertreeks

Breek weg van die geruis van die stad en spandeer ’n dag saam met vriende en familie terwyl julle heerlike kos, wyn en vonkelwyn geniet – natuurlik met musiek op die idilliese groen grasperke van een van Stellenbosch se oudste wynlandgoedere.
Die Vergenoegd Löw Wynlandgoed is bekend vir sy tydlose sprankel met pragtige Kaaps-Hollandse argitektuur, uitstekende wyne en die bekende Indiese Hardloper-eende. Hierdie landgoed is opgewonde om hul somerkonsertreeks, wat op Sondae plaasvind, se tweede seisoen in te lui.

Daar is ’n feestelike kosmark wat op die grasperke plaasvind, en natuurlik ook die landgoed se heerlike wyne. Daar is ’n spesiale afdeling vir kinders – die kinderdorp – wat verseker dat daar hope vermaak vir die jongspan is … en om ouers ’n ruskans te gee.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write('
'); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Elke konsertdag begin om 11h00. Die openingsopvoerings begin om 12h00 en die hoofopvoering vind plaas om 16h00. Die konserte eindig om 18h00.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Kaartjies is beskikbaar teen R150 per persoon. Kinders onder die ouderdom van 10 geniet gratis toegang. Kos en drankies word apart verkoop teen addisionele koste. Bespreek jou kaartjies hier

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

2018 se konsertreeks lyk as volg

  • Sondag 4 Februarie 2018: Matthew Mole (met Chris Werge, Jesse Jordan en John Niel)
  • Sondag 4 Maart 2018: Desmond and the Tutus (met SNAFU, Rivertones en Akkedis)
  • Sondag 25 Maart 2018: Arno Carstens (met Dave Ferguson, Marcel Dalmayda, Jake Gunn en Devin Smith)
  • Sondag 8 April 2018: Goodluck (met Gemma Griffiths, Grace Delahunt en Timothy Demonk)

Vergenoegd Löw Wynlandgoed is geleë op die Baden Powell-afrit, Stellenbosch. Vir meer inligting, bel 021 843 3248 of loer op hul webblad en sosiale media.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

5 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

5 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

5 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

5 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

5 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

5 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.