kategorieë: Ontspanning

Veritas se beste wyn is weer ‘n Cap Classique

Vanjaar se Veritas-wenwyne is onlangs uit 1 247 inskrywings aangewys. ‘n Algehele 81 Dubbelgoud- en 179 Goud-toekennings is tydens ‘n swierige dinee by die Kaapstad Internasionale Konferensie-sentrum uitgedeel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Veritas is Suid-Afrika se oudste kompetisie vir wyn en brandewyn. Sy medaljeplakkers wat deur wenners vertoon word, is ook onder die bekendste kentekens in wynwinkels regoor die land. Vanjaar is die kompetisie vir die 33ste keer gehou. Dit was ’n glansgeleentheid waar gaste die land se voorste wyne kon geniet en skouer skuur met al die pryswenners.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Veritas is Suid-Afrika se oudste kompetisie vir wyn en brandewyn. Sy medaljeplakkers wat deur wenners vertoon word, is ook onder die bekendste kentekens in wynwinkels regoor die land. Vanjaar is die kompetisie vir die 33ste keer gehou. Dit was ’n glansgeleentheid waar gaste die land se voorste wyne kon geniet en skouer skuur met al die pryswenners.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Die wenner van die Duimpie Bayly Veritas Vertex-toekenning en beste produsent met minder as 10 inskrywings, is Benguela Cove Joie de Vivre Cap Classique 2019. Op die foto is voor: Michelle Waldeck, Christo Pienaar, Tilly Rea en agter is Tony Mcpherson en Charné van Zyl.more
KWV wen die beste wynprodusent en die meeste Dubbelgoud by vanjaar se Veritas. Van links is Christo Pienaar (Voorsitter Veritas), Justin Corrans, Kobus van der Merwe, Carla Cutting, Izéle van Blerk en Anneke du Plessis, Ilse du Toit, Kobus Prins.more

Inskrywings is deur ‘n paneel van 70 internasionale en plaaslike beoordelaars gedurende vyf dae se blindeproe-sessies evalueer.

Soos oudergewoonte is “lewende legendes” deur Veritas vereer vir hul uitnemende diens aan die wynbedryf. Ses mense is vanjaar vereer, Gert Boerssen, Gary Baumgarten, Johan Ehlers, Chris Roux, Jacques Roux en Johan Wiese. Van links is Christo Pienaar (voorsitter van Veritas) Jacques Roux, Chris Roux, Johan Ehlers, Gary Baumgarten, Johan Wiese en heel regs is Bennie Howard (Kaapse wynmeester, ondervoorsitter Veritas en die aand se seremoniemeester). Gert Boerssen was afwesig.

Die beste ingeskrewe wyn was die 2019 Benguela Cove Joie de Vivre Cap Classique terwyl die Warshay Investments (KWV) met sy ses Dubbelgoud-wyne, as Beste Produsent aangewys is. Die maatskappy is gevolg deur Heineken Beverages (voorheen Distell) en Wellington Wyne, met vier Dubbelgoud elk. Heineken Beverages was bobaas onder brandewyn-inskrywings, met vier Dubbelgoud insluitend Van Ryn’s se twee Dubbelgoud.

Een Dubbelgoud en twee Goud is aan Boplaas Familiewingerde van Calitzdorp toegeken vir Portstylwyne. Hier is Christo Pienaar (Voorsitter Veritas) en Margaux Nel, wynmaker Boplaas.
Heineken Beverages was bobaas onder brandewyn-inskrywings, met vier Dubbelgoud insluitend Van Ryn’s se twee Dubbelgoud.

Soos oudergewoonte is “lewende legendes” deur Veritas vereer vir hul uitnemende diens aan die bedryf. Ses mense is vanjaar vereer, Gert Boerssen, Gary Baumgarten, Johan Ehlers, Chris Roux, Jacques Roux en Johan Wiese. Al die resultate is aanlyn beskikbaar. Openbare proeë van Veritas-wyne vind plaas op en 9 November in Durban en 15 November in Gqeberha.

Die spyskaart het die land se kos, wyn en brandewyn op hul beste vertoon.
Gaste kon van die land se voorste wyne saam met ete geniet en skouers skuur met die pryswenners.

Vir meer inligting, besoek www.veritas.co.za.

Lees ook: Heerlike nuwe eetplek vir Franschhoek

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Leer jou breipatrone beter verstaan

Ons deel breilesse uit ons argiewe.

2 hours Gelede

Gebruik oogomlyner vir langer wimpers

Nie almal is geseënd met lang wimpers óf weet hoe om vals wimpers aan te…

4 hours Gelede

My ma se appeltert

6 hours Gelede

5 lekker hoemoes-resepte

Hou jy van hoemoes? Dan sal 13 Mei vir jou ’n belangrike datum wees. Dié…

1 day Gelede

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

4 days Gelede

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

In ons moderne wêreld, waar die uiterlike voorkoms blyk om al hoe belangriker te word,…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.