kategorieë: Reis

Verken Addo se Bedrogfontein

Addo Olifant National Park se Bedrogfontein 4×4-roete is ’n juweel vir diegene met vierwielaangedrewe voertuie wat die minder bekende afdelings van die park wil ontdek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die pad kruis ’n verskeidenheid plantegroei-streke vanaf die kant van die Kabouga-pad naby die dorp Kirkwood sowat 40 km van die park se hoofingang tot by die Afro-bergwoud en fynbos op die berge in die dorre Nama Karoo van die Darlington-gebied.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die ses-uur roete is geleë in die ruwe, bergagtige noordelike Kabouga Darlington gebiede. Dit begin by Kabouga en volg ’n oete van 45km deur aardse bruin, groen plantegroei en blou lug deur asemrowende uitsigte oor die heuwels.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hierdie gebied het ’n ryk geskiedenis en was die toneel van hewige gevegte tussen die Britse en Afrikaner troepe gedurende die Anglo-Boereoorlog. Sommige artefakte uit die tydperk kan steeds gesien word langs die pad soos die oorblyfsels van waens en uitkykpunte. Halfpad van die top van ’n heuwel kry mens ’n uitsig oor Darlington, die platter, droër deel van die park met die Darlington Dam in die verte.

Die twee tot drie-gegradeerde pad is slegs geskik vir voertuie met 4×4 wat ’n minimale impak op die omgewing sal maak.
Akkommodasie is beskikbaar by die Kabouga huis of die Mvubu kampterrein aan die Kabouga kant. Laasgenoemde is geleë aan die oewer van die Sondagsrivier. ’n Paraffien-aangedrewe warm water stort en spoeltoilet is beskikbaar en gaste word aangeraai om hul eie drinkwater te bring.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Beddegoed, eetgerei, breekware en kooktoerusting word by die Kabouga-huis voorsien. Daar is ook ’n gasstoof, gas-yskas, warm water geyser en sonkrag-aangedrewe ligte. Daar is geen elektrisiteit nie. ’n Ou reservoir dien as swembad vir die warm dae in die vallei en staproetes is maklik toeganklik vanaf die huis.

Oornag-gaste moet hul eie vuurmaakhout bring. Visvang is toelaatbaar by die Mvubu Kampplek en Darlington Dam.

Inligting

Prys: R455 per voertuig per dag plus daaglikse bewaringsfooi per persoon.
Mvubu Kampplek: Ses kampplekke en ’n maksimum van vier mense per kampplek. R120 vir die eerste twee mense, R33 per ekstra persoon. R630 vir die hele kamp wat 12 mense kan akkommodeer plus ’n bykomende R33 per persoon.
Kabouga Cottage: Kan ses mense akkommodeer in twee slaapkamers. Daar is een bed in die sitkamer. R480 vir die eerste twee mense en ’n bykomende R172 per bykomende volwassene en R95 per kind onder 12. Twee mense kan geakkommodeer word in die huis (altesaam agt) as eie matrasse en beddegoed gebring word.

Besprekings: Bespreek vir die 4×4-roete en /of die Kabouga en Mvubu akkommodasie via Addo Ontvangs by + 27-42-233-8619 of addoenquiries@sanparks.org. Betaal kontant by die Kabouga kantoor.

Bron: SANParks Times

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 weeks Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 weeks Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.