kategorieë: Reis

Daag jouself uit

As jy al op talle wildritte gegaan het om die skaars spesies te sien en al elke staproete aangepak het, is dit tyd om iets nuuts te doen. Kies uit hierdie aktiwiteite as jy ons parke besoek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Ry fiets tussen die Groot Vyf
Het jy al ooit in ’n Groot Vyf park fiets gery? Olifants in die Kruger Nasionale Park is die enigste kamp wat dit aanbied. Die roete kronkel op die oewer van die Olifantsrivier tussen die kliprante. Jy het ? matige fiksheidsvlak nodig. Daar word nie meer as ses mense toegelaat nie. Jy moet ouer as 16 jaar wees. Bespreek twee dae voor die tyd om teleurstelling te voorkom.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Prys: Oggend-roete R550, middag R300
Navrae: Olifantskamp + 27-13-735-6606, sentrale besprekings + 27-12-428-9111.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Saal op en galop
Vir matig en ervare ruiters wat ’n perd kan beheer, bied die Addo Olifant Nasionale Park ’n unieke ervaring in die Nyathi- area, die tuiste van die Groot Vyf. Jy kan kies tussen ’n twee uur rit in die oggend of middag. Geen kinders onder 16 word toegelaat nie. Die gedrag van Groot Vyf spesies word gemonitor en indien nodig, sal roetes na ’n botaniese reservaat geskuif word.

Prys: R265 vir twee uur. Ritte is ook beskikbaar in die Zuurberg-area waar net matige ervaring vereis word.
Navrae: + 27-42-233-8600

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Afslaan tussen die wild
Wie het gesê dat jy moet op ’n wild-rit gaan om diere te sien? Toets jou set-vaardighede omring deur seekoeie en rooibokke op die Skukuza-gholfbaan in die Kruger Nasionale Park. Die nege-putjie baan het ? voorgee van 72.

Prys: Tussen R170 en R210 vir nege putjies.
Navrae: + 27-13-735-5543 of skukuzagolf@sanparks.org

Tennis in die natuur
Lus vir ‘n tennis-wedstryd met die Brandwag formasie as die agtergrond? Besoek die tennisbane by die Golden Gate Hotel in die Golden Gate Hoogland Nasionale Park. As jy jou raket vergeet het, kan jy een met balle vir net R60 huur (Jy kry R30 terug wanneer jy die toerusting teruggee).

Navrae: + 27-58-255-1000

Pearsons Aloe Trail
Jy kan duisende Pearson aalwyne (aloe pearsonii) sien by die Ai / Ais Richtersveld Oorgrenspark in Helskloof. Neem die Helskloof-pas sowat 20km vanaf ontvangs en maak jou gereed vir ’n skouspelagtige uitsig en botaniese spesies soos botterboom (Tylecodon paniculatus) en kokerbome (Aloe dichitoma).

Kaptein, span die seile
Seil verg vaardigheid en as jy eers weet hoe, is dit maklik. Jy kan in die Knysna- en Wilderness- lagoon in die Tuinroete Nasionale Park seil. Alternatiewelik, is sekere dele van die Langebaan Lagoon in die Weskus Nasionale Park ook afgebaken vir water sport.

Motorfiets-avontuur
Daar is niks beter as die wind deur jou hare om jou die gevoel van vryheid te gee nie. Beplan jou volgende padfiets-avontuur na een van die motorfiets-vriendelike nasionale parke. Hulle sluit Agulhas, Knysna, Namaqua, Tanwa, Tsitsikamma, Weskus, Bontebok en die Golden Gate Hoogland Nasionale parke in. Sekere roetes in die Wilderness afdeling van Tuinroete Nasionale Park is ook oop vir motorfietse. Augrabies Falls laat motorfietse toe, maar nie in die wildbesigtigingsareas nie.

Hou Cheetahs dop
As jy nog nooit naby aan ’n jagluiperd was nie, is hierdie jou kans om in die voetspore van die groot kat te loop. Die Bergkwagga Nasionale Park is die enigste park waar jy naby hierdie majestueuse diere kan kom. Die ervaring neem ’n paar uur en matige fiksheidsvlak word vereis.

Prys: R290 per persoon
Besprekings: + 27-48-881-2427 of mountainzebra@sanparks.org

Navrae: www.sanparks.org +27-12-428-9111

Foto: Lourens Botha



Foto: René de Klerk
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Kristen Raath oor haar snaaksste, en vernederendste, oomblik op die stel van Wyfie

Dié toekennings, wat deur Screen International aangebied word, word op 20 Mei 2024 in Cannes, Frankryk, uitgedeel.…

3 hours Gelede

Kokkedoor se inskrywings is oop! Is jy gereed om oor die kole gehaal te word?

Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar…

1 day Gelede

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 weeks Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 weeks Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 weeks Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 weeks Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.