Verlede jaar dié tyd was dit nog Oktober

“Verlede jaar hierdie tyd was dit nog Oktober,” merk ’n vriend onlangs op.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Ek knik. Hierdie was loshande die jaar wat die vinnigste verbygesnel het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die tannies het destyds met my eersteling se geboorte gesê ek moet elke oomblik koester, want “voor jy jou oë uitvee, is hy groot.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Dit was presies tien jaar gelede. ’n Dekade in ’n oogwink.

Ek voel glad nie tien jaar ouer as toe nie. Maar, in dieselfde asem moet ek erken dat hierdie jaar my in baie opsigte ook veel ouer gemaak het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Soos wat jaarsiklusse seker maar gaan, was hierdie een vir my en verskeie mense om my nié die vrolikste een nie.

Heelwat mense wat ons gesin ken is wreed gekonfronteer met siekte, met die dood van ’n geliefde en met swaarkry.

Daar was tye wat ons asem opgehou het en vuisvoos vir mekaar gevra het: “Wat volgende?”

Ongelukkig het ons ook met die wreedheid van mense te doen gekry. Mense wat woorde en dade en bedoelings verdraai en manipuleer om uitkomste te bewerkstellig wat vir hulle voordelig is – ongeag wat dit aan ander doen.

So is my dogtertjie op skaars sewe gekonfronteer met ’n grootmens wat vir my in my kind se teenwoordigheid sê dat sy vir haar sal bid om gesond te word. My kind het niks makeer nie, maar was ’n volle skoolvakansie vreesbevange dat sy sal doodgaan aan een of ander siekte.

Mens verstaan nie, maar na dié ervaring verstaan ons dat ’n mens maar soms moet ligloop vir diegene wat biddend manipuleer.

Soos vorige jare is my seuntjie gespot omdat hy nie uitblink in sport nie. Na die eerste toetsreeks en puik uitslae, het van die spotters selfs meer venynig en op die man af geraak.

Dit het hom gelukkig nie ondergekry nie en hy het selfs beter presteer, maar dit maak tog ’n ma se hart onrustig as jou kind wat net die beste in sy maats raaksien en prys, saans te ontsteld is om te gaan slaap.

Mens hoor die woorde van ander ouers via hulle kinders aan jou kind.

Hoekom ander kinders afbreek om jou eie te bevorder?

Dit is ’n raaisel wat ek nog probeer uitpluis.

Of dalk eerder moet los en net aanhou bou aan my kind se weerbaarheid en selfbeeld.

Soos hy self gesê het: “Niemand weet in watter sportspan Shakespeare en Steve Jobs gespeel het nie. Maar, weet die ouens wat my so spot oor C-span ooit wie is Shakespeare en Steve Jobs?”

Ongelukkig het iemand wat op my sosiale media rondhang dit nou onlangs goed gedink om ’n blog wat ek aan die begin van die jaar geskryf het oor my eie gevoelens van onbevoegdheid aan die begin van my kind se eerste eksamenjaar, te probeer verdraai en ’n onderwyser wat deur die jaar vir baie vreugde in ons gesin gesorg het, te probeer ontstel.

Gelukkig kon die onderwysers en mense wat my ken, my help om die skrywe in perspektief te stel.

Dit is net jammer dat die een wat wou onmin saai, dit wel reggekry het om ’n mens vir wie ons ’n hoë agting en baie dankbaarheid het, wel vir ’n ruk te ontstel.

Dit laat mens van vooraf wonder oor die mensdom. Watter vreugde bied dit jou as jy ’n ander se liggie moet probeer uitdoof om self te skyn?

Maar, in die groter prentjie: Daar is van ons vriende en kinders se vriende wat vanjaar moes afskeid neem van iemand vir wie hulle lief is. Die seer wat hulle deur die jaar moes saamdra, is ’n seer wat mens jou nie eintlik kan of wil indink nie.

Vir hulle steek ek aan die begin van die feestyd ’n kersie aan.

Mag die herinneringe van mooi tye met jou man, jou pa, jou mamma, jou kleinsussie, jou swaer, jou ouma, jou vriend, jou getroue dieremaat jou in hierdie tyd dra.

Mag lig en liefde en vrede die leë plek in jou hart vul sodat jy kan aanhou om soveel vir ons te beteken.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.