kategorieë: Ons menseBekendes

Verlief en verloof! Hierdie bekendes is op pad kansel toe

Foto’s: Instagram en verskaf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

1. Neels van Jaarsveld & Gerna Sivewright

Die geliefde akteur Neels van Jaarsveld en die kunstenaar, Gerna Sivewright, het Maandag hul verlowing op sosiale media aangekondig. Die paartjie is al sowat twee jaar saam en lyk dolgelukkig om hierdie volgende hoofstuk in hul liefdesverhaal te begin.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees ook: Jaci en JP is terug! Netflix word Semi-Soeter met nog Afrikaanse kykstof

2. Katja Pieters & Jonathan Tattersall

Katja, een van die gewildste deelnemers aan die realiteitsreeks Op my Eish!, het ja gesê toe haar kêrel, Jonathan Tattersall, die groot vraag in Maart vanjaar gevra het. Die romantiese oomblik het in Krisjans Bistro plaasgevind, die restaurant in Windhoek waar hulle albei werk.

3. Rachelle Fourie & Roubert Rousseau

Nog ’n Op my Eish!-gunsteling, Rachelle Fourie, en haar tall, dark and handsome verloofde, Roubert Rousseau, haak binnekort af! Die paartjie het verlede jaar in November verloof geraak.

4. Ard Matthews & Tanya van Graan

Die Just Jinjer-voorsanger en musikant, Ard Matthews, het onlangs vir ‘n romantiese en onvergeetlike oomblik by ‘n vertoning gesorg toe hy op cafe Roux in Noordhoek se verhoog op een knie gesak het en sy aktrise-model lewensmaat, Tanya van Graan, gevra het om met hom te trou.

Lees ook: ARD Matthews en Tanya van Graan het sopas ‘n liedjie vrygestel en ja, hulle is verlief!

5. Lulani Vermeulen & Bianca

Die Vrystaatse boervrou van Boer Soek ‘n Vrou se 16de seisoen het dalk nie liefde op die maatsoekprogram gevind nie, maar dit was net die begin van haar liefdesverhaal! Kort ná die program het Lulani Vermeulen haar sielsgenoot, Bianca, ontmoet – en nou is die twee al sowat drie maande verloof!

6. Daandré Coetzee & Marisca Kriel

Nog ’n Boer Soek ‘n Vrou-sprokie! Daandré Coetzee, een van die boere van die nuutste seisoen, het reeds in Desember verlede jaar die groot vraag gevra. Hy het  Marisca, wat sommer vroeg in die program sy voete onder hom uitgeslaan het, met ‘n pragtige verloofring tydens ‘n foto- en videosessie op Letamo wildsplaas buite Krugersdorp verras.

7. Dricus du Plessis & Vasti Spiller

Die UFC-middelgewigkampioen, Dricus du Plessis het vanjaar ’n ekstra-spesiale verjaardaggeskenk gekry toe sy meisie, Vasti Spiller  – ingestem het om met hom te trou na hy vir haar die jawoord by sy 31ste verjaarsdagviering op 14 Januarie gevra het.

Die verliefde paartjie het in die restaurant Upper East Side in Hazelwood, Pretoria voor ‘n klomp van hul naastes verloof geraak. Vasti, ‘n fotograaf en skrywer, het op Instagram ‘n video gedeel van Dricus wat in ‘n pak geklee, voor haar kniel en haar vra of sy die “Du Plessis-tatoe sal wil hê.”

Lees ook: KYK | Dricus du Plessis vier sy verjaarsdag én verlowing!

8. Jannie van den Heever en Mika de Villiers

Jannie en Mika – deelnemers aan Klein paradys, kykNET se realiteitsreeks waar ses spanne teen mekaar meegeding het om ’n mikro-eenheid in te rig – het verlede jaar in Desember op die strand by Bloubergstrand verloof geraak.

“Ons het ontmoet toe ons in dieselfde gebou gewerk het. Dit het hom ’n rukkie geneem om my uit te vra vir koffie, maar daarna het ons net geweet ons is vir mekaar bedoel,” sê die 24-jarige Mika.

Lees ook: Klein paradys se Jannie en Mika is verloof!

9. Beer Adriaanse en Carla Smith

Die akteurspaar het al in 2023 verloof geraak en het dit tot nou toe nie op sosiale media bekend gemaak nie. Beer het dit wel in ‘n vorige onderhoud met rooi rose bevestig. Beer is bekend vir sy rolle in Wonderlus, Kanarie, Hotel en Taktiek, en jy sal Carla vir haar toneelspel in veral Tydelik terminaal, Mooiweer en warm en Troukoors herken.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae met Beer Adriaanse oor Niggies en sy intensste rol nóg

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

17 hours Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

19 hours Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

20 hours Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

21 hours Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

22 hours Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

23 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.