kategorieë: ReisOntspanning

Vermontverblyf: Die mooi is oral

Vermontverblyf: Die mooi is oral deur Mariette Snyman. Foto’s verskaf

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Tot hier toe, en nie verder nie.

As werksdruk, spitsverkeer, die stadsgeraas en die eise wat saam met die grootmenslewe kom jou op ’n dag só laat voel, is die oplossing ’n blaaskans langs die see. En nie sommer op enige plek nie, maar een wat mooi is, en stil, en wat jou siel sal voed.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hermanus is ’n alombekende toeristetrekpleister. As jy die gewoel wil systap, is dit ’n goeie plan om in een van die stiller woonbuurte soos Vermont oor te bly. Daar het jy rus en vrede, maar die besienswaardighede en doendinge waarvoor Hermanus bekend is wag op jou drumpel.

Vir nog reiswenke, klik hier

Ons verblyf in Hill House Cottage, net 400m van die see, was presies wat ons nodig gehad het.

Dié selfsorgeenheid vir twee mense is splinternuut en met ’n kennersoog ingerig. Ons het dadelik tuis gevoel in die eenslaapkamereenheid met sy ruim sitkamer en kuierkombuisie. Die kleurskema van wit, grys en rooi met geel aksente is ’n lus vir die oog – en daar is ook ’n visuele verrassing of twee! Selfs al interesseer dekor jou nie, sal jy steeds op die warm atmosfeer reageer.

Die afwerkings, meubels en toerusting in die blyplek is van ’n hoë gehalte. Dis heerlik as alles skoon en netjies is, en as alles wérk!

In die oopplankombuis was daar alles wat ons nodig gehad het, van lapservette tot ’n ketelbraai in die private binnehof langs die kombuis – met gratis houtskool daarby. ’n Komplementêre bottel wyn en die lekkerste beskuit en koffiebenodigdhede vir die eerste oggend se wakkerwordslag het ons ingewag.

Vermont se kraanwater is suiwer, en vir ’n verandering was dit onnodig om bottelwater te koop.

Vermontverblyf: Die mooi is oral

Die winterkoue is verdryf deur die verwarmers in die slaap- en leefareas. Die ruim en-suite badkamer met sy private toilet, ondervloerse verhitting en verhitte handdoekrelings het my hart gesteel. Mooi was nog nooit lelik nie, en luukse bly nou maar eenmaal lekker! Alles was so knus dat ons nie eens die elektriese kombers op die ekstra-lang koningingsgrootte matras aangeskakel het nie. Vir binnelanders is dit spesiaal om aan die slaap gesus te word deur die sagte geruis van die see.

Die Cottage met sy private ingang, veilige parkering en doeltreffende alarmstelsel het nie ’n ongerepte uitsig op die see nie, maar is ’n paar minute se stap van die strand met sy rotspoele, voëls, fynbos en vergesigte van wolke en water.

Die keurigheid en onderbeklemtoonde luuksheid – én die bedagsaamheid van die gasvrou, Wilma de Villiers, wat die kuns verstaan om beskikbaar te wees sonder om op haar gaste se privaatheid inbreuk te maak – is Hill House Cottage se grootste bates. Die Cottage het premium DStv en onbeperkte, gratis WiFi beskikbaar.

Vir meer inligting en besprekings kontak Wilma by wilmadev222@gmail.com of 082 464 6525. Soek Hill House Cottage, Vermont, op www.lekkeslaap.co.za vir spesiale aanbiedings.

Vermontverblyf: Die mooi is oral

Doendinge

Jou gasvrou, Wilma, sal jou graag help met inligting oor die aanloklikhede in die omgewing.

  • Die wandelpad langs die see is ’n pluspunt. Die oppervlak word goed in stand gehou en is geskik vir mense wat nie gereeld stap, of rats van rots tot rots wil spring nie! Die wandelpad strek kilometers ver en as jy tyd het, kan jy kuslangs na die naburige woonbuurte stap.
  • As jou besoek in Junie tot Desember val, moet jy jou oë oophou: dis walviswêreld dié …
  • Die omgewing leen hom ruim tot wynproe, insluitend kos- en wynparings, sjokolade-en-wynparings, of waarmee die wynmakers ookal vorendag kom.
  • Wilma kan raad gee oor die vele uitstekende naweekmarkte in die omgewing. Die Elgin Railway Market met sy steampunk-tema en vermenging van art deco en Viktoriaanse elemente (én heerlike kos en interessante kopies!) is sterk aan te beveel.

Die wandelpad verras jou met mooi prentjies (Foto Mariette Snyman)

  • Gaan stap in Fernkloof Natuurreservaat met sy groot verskeidenheid fynbos.
  • Voor die luiheid heeltemal van jou besit neem, kan jy gaan bergfiets ry, met ’n seekajak vaar, of ’n perderit onderneem na die inheemse fynbos waar jy na voëls kan gaan kyk.
  • By die Vermont Soutpan kan jy die flaminke dophou.
  • Stap na die oulike klein strandjie, Breakfast Bay, naby Hill House Cottage.
  • Besoek die nabygeleë Onrusrivier met sy sandstrand en kalm strandmeer waarin otters gereeld rondbaljaar, of strande soos Voëlklip en die blouvlag Grotto Bay in Hermanus.
  • Hermanus se middedorp, met sy besonderse versameling winkels, kunsgalerye en restaurant, is 10 km ver.
  • Jy kan jou kruideniersbenodigdhede naby die Cottage in Vermont gaan aanvul, of na Hermanus ry.

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

4 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

4 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

4 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

4 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

5 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

5 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.