kategorieë: Ontspanning

Verskeie redes om saam met Nederburg fees te vier

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Twee wyn-handelsmerke, die Private Bin R163 Cabernet Sauvignon en die Private Bin Two Centuries, se oesjare is oor vier dekades vertikaal geproe, en elke wyn is deur die twee vroue met ’n wyn uit dieselfde era gepasmaat. Van die ouer wyne is nog in Nederburg se vinoteek beskikbaar en die nuutste oesjaar, die 2018, is nou ook in die kleinhandel beskikbaar.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die Private Bin R163 Cabernet Sauvignon 1985 se druiwe kom uit die Paarl-streek en is deur Günter Brözel gemaak en in nuwe Franse eikehoutvate verouder. Die liedjie wat die duo gekies het was, “Don’t you forget about me” en Isabel het verduidelik dat dié wyn – 37 jaar later – amper vir wynliefhebbers wil sê om nie van hom te vergeet nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Gaste is met Nederburg Cap Classique Brut by die herehuis verwelkom en daar was verskeie redes om fees te vier.
Die pragtige Nederburg herehuis staan as baken van die kelder se trotse geskiedenis wat tot 1791 terugdateer.

Die Nederburg Private Bin R163 Cabernet Sauvignon 1997 is deur Newald Marais gemaak en sy pasmaat liedjie was “Take my breath away”. “Baie produseerders het daardie jaar te vroeg geoes, maar Nederburg het gewag en ons is ryklik beloon,” het Zinaschke vertel. “Daar is steeds genoeg lewe en heerlike smaak in hierdie wyn, om jou asem weg te slaan.”

Nederburg Private Bin R163 Cabernet Sauvignon 2009 is deur Razvan Macici gemaak en het ’n hele gros medaljes ingesamel waaronder by Veritas, Decanter World Wine Awards en Michelangelo International Wine & Spirits Awards 2022. Dit was die jaar wat Barack Obama as Amerika se 44ste president ingesweer is en Michael Jackson oorlede is en Isabel het verklaar dat dit op sosiale front dalk nie ’n goeie jaar was nie, maar op die wynfront was dit uitstekend!

Die liedjie wat hulle gekies het, is “You spin me round, round, baby, right round”, want die wyn se hoër alkohol sal jou kop laat spin… Isabel vertel dat 2009 ook die jaar was wat Nederburg se produsente met lootuitdunning begin het – ’n neiging wat uit Australië oorgewaai het – en dat die twee komponente uit verskillende wingerdblokke afkomstig was. Dis vir 18 maande in Franse eikehoutvate verouder, voor die finale versnit gemaak is. Slegs 1 200 liter is gemaak.

Vier dekades van Nederburg Cabernet Sauvignon is saam met die wingerdboukundige Isabel Teubes en rooiwynmaker, Zinaschke Steyn gevier.

Die Nederburg Private Bin R163 Auction Reserve Cabernet Sauvignon 2015 het ook ’n hele gros medaljes ingepalm, waaronder die International Wine & Spirit Competition (IWSC) 2018, Michelangelo International Wine & Spirits Awards 2018, Platter’s wyngids en Decanter World Wine Awards 2021. Die wyn het ’n allemintige 29 maande in nuwe Franse vate verouder en is deur Andrea Freeborough en Samuel Viljoen gemaak. Dit was die jaar wat Samuel as rooiwynmaker by Nederburg aangesluit het.

Die liedjie wat Isabel en Zinaschke gekies het vir dié wyn, is “It’s all about that bass” en hulle verduidelik jy kon tussen die komponente waaruit dié wyn bestaan, duidelik die invloed van klimaatsverandering op wingerde proe. “It’s all about the soil” sou net so gepas gewees het, het Isabel gesê.

Vir die Nederburg Private Bin Two Centuries 2018 en Private Bin R163 2018 – die jaar waarin Neil Diamond afgetree het – het die vroulike duo een liedjie gekies uit die rolprent, The greatest showman, “This is me!” Albei is bekroonde wyne en die Two Centuries 2018 het 28 maande en die R163 29 maande in eikehoutvate verouder.

Die feestelikheid hou egter toe nie hier op nie: Nederburg verdien gereeld top plaaslike en internasionale toekennings vir sy Cabernet Sauvignon-wyne en die Platter-wyngids se 2023-uitgawe wat pas vrygestel is, gee vyf sterre vir die Nederburg The Manor House Cabernet Sauvignon 2019. Vyfster-graderings word gereserveer vir wyne wat beoordeel word as “superlatiewe Suid-Afrikaanse klassieke wyne” en het 95 punte of meer op die 100-punt-graderingskaal behaal.

Die Platter-wyngids 2023-uitgawe se 4,5 ster-graderings is aan nie minder nie as ses top Nederburg wyne toegeken: Private Bin R163 Cabernet Sauvignon 2018 (94 punte); die Heritage Heroes The Brew Master Bordeaux-styl rooi versnit (oorheers deur Cabernet Sauvignon) 2019 (94 punte); die Private Bin Two Centuries Cabernet Sauvignon 2018 (93 punte); sowel as sy Heritage Heroes The Anchor Man Old Vine Chenin Blanc 2021 (92 punte); Heritage Heroes The Motorcycle Marvel Rhône-styl rooi versnit 2018 (oorheersend Carignan) met (92 punte) en die The Winemasters Noble Late Harvest 2021 (94 punte).

Die Heritage Heroes The Anchor Man Old Vine Chenin Blanc 2021 het 4,5 sterre in die nuutste Platter-wyngids verdien. (92 punte).
Die Heritage Heroes The Anchor Man Chenin Blanc 2021 is met krakerige seekat met Chenin blanc koljanderroom en sitrussous bedien.

Almal is om die tafel onthaal met van hierdie bekroonde wyne wat danksy die Nederburg Manor-restaurant se sjefspan met ideale geregte gepasmaat is. Die Heritage Heroes The Anchor Man Chenin Blanc 2021 is met krakerige seekat met Chenin blanc koljanderroom en sitrussous bedien; die Private Bin R163 Cabernet Sauvignon 2018 met Kaap-Maleise beestartaar met gekuurde eiergeel en sesamrepies; die Private Bin Two Centuries Cabernet Sauvignon 2018 met varklies met Asiese noedels met ’n soja-en-sesamsous en wit sjokolade fondant met die The Winemasters Noble Late Harvest 2021.

Met die geur van jasmyn in ons neuse en ’n ligte windjie in die akkerbome, kon ons aansit vir ’n feesmaal.
Almal is om die tafel onthaal met van hierdie bekroonde wyne wat danksy die Nederburg Manor-restaurant se sjefspan met ideale geregte gepasmaat is.

Die Private Bin R163 Cabernet Sauvignon 2018 is met Kaap-Maleise beestartaar met gekuurde eiergeel en sesamrepies bedien.
Die Nederberg Private Bin Two Centuries Cabernet Sauvignon 2018 is met varklies met Asiese noedels met ’n soja-en-sesamsous geniet.
The Winemasters Noble Late Harvest 2021 was die ideale pasmaat vir die wit sjokolade fondant.

Lees ook: Volhoubaarheid die wagwoord met dié wyn

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring
Tags: wynnederburg

Onlangse plasings

Ons Moedersdaggeskenkgids: Kreatiewe geskenke wat wys jy gee om

rooi rose intekening Teken in of hernu jou intekening op die gedrukte weergawe vir net…

2 hours Gelede

Kristen Raath oor haar snaaksste, en vernederendste, oomblik op die stel van Wyfie

Dié toekennings, wat deur Screen International aangebied word, word op 20 Mei 2024 in Cannes, Frankryk, uitgedeel.…

21 hours Gelede

Kokkedoor se inskrywings is oop! Is jy gereed om oor die kole gehaal te word?

Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar…

2 days Gelede

Bronchostop stel nuwe hoesstroop, Bronchostop Nite, bekend

Ons was al almal daar: Jy rol tot twee uur die oggend nog rond van…

1 week Gelede

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 weeks Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 weeks Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.