kategorieë: LeesOntspanning

Vlam: Hoofstuk 14: Kil, grys oë

Vlam: Hoofstuk 14: Kil, grys oë deur Martie Swanepoel.  

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

In teenstelling met Niekie Branders, wat heldeverering vir haar pa as grensoorlogheld het, het Duard Wayne net donker herinneringe van sy pa.

Hoewel sy ma hom altyd verseker het dat sy pa “nie altyd só was nie”, kon hy nie die goeie jare saam met sy pa onthou nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Dis die army en die oorlog wat jou pa gebreek het.”

Hy kon nie verstaan dat sy ma, ondanks alles, altyd vir sy pa verskonings kon uitdink nie. Van sy skoolmaats se pa’s was ook in die army en het ook vir hulle land geveg, maar hy het nooit hale op hulle rue en bene gesien nie. Hy het baie by Neale gaan speel en Neale se pa was altyd gaaf. Hy het hom en Neale gereeld vir roomys gevat ná atletiek. Duard se pa het nooit kom kyk hoe hy hardloop nie, en hy was bly daaroor. Hy was verlig dat sy pa nooit enige van sy skoolfunksies bygewoon het nie, want netnou sien sy maats en onderwysers die kilheid in sy pa se oë.

Hy het ook nooit maats huis toe genooi nie. Hy wou nie hê hulle moet sien hoe sy pa se kop kan uithaak na ’n bottel brandewyn nie. As maats hom oor sy pa gevra het, het hy graag gepraat van van sy pa se dapper daad tydens die oorlog. Hy het gewens hy kon hulle sy pa se medalje wys, maar sy maats het nooit kans gekry om verder as die voorhekkie van hulle army-huis te kom nie.

Nie hy of sy ma het ooit besoekers ontvang nie.

Hy het baie jare probeer om net te dink aan sy pa se dapperheid.

As sy pa ’n paar brandewyne in gehad het, het hy graag in detail vertel hoe hy man-alleen die gevreesde hoof van ’n vyandige mag aangekeer het en hoe hy sy manskappe van ’n gewisse dood gered het. Oor en oor het sy pa dié storie vertel.

Soms het Duard gewonder hoe ’n soldaat, wat so dapper kon wees, só ’n wrede pa kon word. Was sy pa ook so streng met sy troepe? Het hy hulle ook met sy belt geslaan en in ’n koue buitekamer toegesluit?

Hoe ouer hy geword het, hoe meer het hy gewonder oor sy pa, die dapper soldaat.

Hy was bly as sy pa na werk nie huis toe kom nie. Dan kon hy en sy ma vir ’n paar uur ontspan, maar as sy pa se kar se ligte na ’n lang suipsessie by hul huis se hek ingedraai het, het hy en sy ma geweet die hel gaan nou weer losbars. Dan het sy pa hom uit die bed geruk vir ’n drilsessie. Dan was sy pa die sammajoor en hy en sy ma die troepe. Soms het hulle gedril tot sy ma in trane uitbars en sy pa smeek om “die kind te laat gaan sodat hy kan gaan slaap want dis more skool.” Dan het sy pa afgegaan hoe daar geen genade vir hóm in die army was nie.

Met die jare het Duard probeer om sy pa te vergeet.

As volwassene is die kil, grys oë iets wat hom snags in yssweet na ’n nagmerrie kan laat wakker skrik.

Duard is van kleins af onderwerp aan reëls wat sy pa beweer het hy in die army geleer het. Hiperstreng reëls. Dis eers later in sy lewe wat hy besef het sy pa se voorskrifte was nie militaristies nie, maar die sadistiese vergrype van ’n baie bitter dronkaard.

Van die traumatiesste herinneringe van sy kinderjare is die ure wat sy pa hom in “eensame aanhouding” in ‘n donker buitekamer toegesluit het. Brood en water een keer ’n dag, tensy sy ma vir hom kos ingesmokkel het, en as sy pa dit uitgevind het, het ook sy lyfstraf gekry en is dan dae lank saam met hom toegesluit.

Dis waar hy en sy ma ’n intense noue band ontwikkel het.

Hulle twee teen die wrede soldaat. Sy ma het hom in koue wintersnagte op die yl matrassie probeer warm hou. Sy het vir hom stories vertel en liedjies gesing. Saam het hulle op verbeeldingsvlugte gegaan. Soms dieretuin toe, partykeer see toe. Sy ma het hom vertel wat hule als gaan inpak en hoe hulle alleen op die avontuur vol sonskyn en blydskap sal gaan. En nooit weer huis toe gaan kom nie.

Duard onthou elke knoop en medalje op sy pa se army step outs. Dis waarna hy gestaar het as hy bang geraak het vir die kil oë wat gate in ’n vreesbevange kinderhart kon brand.

Sy pa se “browns” se “webbelt” kon die bloed uit ’n kind se rug trek. Die breë hale van die “webbelt” het nie so maklik gewys soos die “toggle”-tou nie. As die straf swaar was, het sy pa sy “toggle”-tou opgevou en hom en sy ma geslaan. Hulle moes op aandag staan as die straf uitgedien word. Soms het hy ure aaneen op aandag gestaan. Soms tot hy flou geval het.

Sy pa het ook “rat packs” met rantsoene voorgeskryf om hom en sy ma te dissiplineer as sy ma dit sou waag om die voorgeskrewe karige huishoudelike toelaag te oorskry.

Die reëls van hulle huis het ook kleredragreëls ingesluit. Wit hempies en swart broekies vir hom en spesiale rokke vir sy ma. Sy wit hempies mag nooit vuil geword het nie en sy ma se hare mag nooit los gehang het nie. Ma se hare was altyd in ’n bolla. Haar rokke het op haar knieë gehang en sy mag geen grimering gedra het nie.

Een keer het hy in ’n foto-album gesien hoe eksoties mooi sy ma op universiteit was. Daar was foto’s van haar en sy pa in hulle gelukkige jong dae. Foto’s van die jong soldaat as baie jong bruidegom en pa. Voor die oorlog. Sy pa het hom gevang toe hy deur die album blaai. Toe verbrand hy dit op die braai. Daardie dag het Duard se ma erger as ooit gehuil.

Sy ma het hom gewaarsku om nooit by die skool te praat oor sy pa of die strafsessies en reëls nie. Maar dit was net ’n kwessie van tyd voor ’n onderwyseres die hale op sy rug raakgesien het en die welsyn gekontak het.

Die welsyn het onverwags by hulle huis opgedaag. Duard het gehoor hoe hulle met sy histeriese ma praat. En instinktief geweet hy moet wegkruip.

Die welsyntannie het sy ma gewaarsku dat hulle terug sal kom.

Dit was die dag toe sy ma hulle klere gepak het en hulle met sy pa se ou Bantam-bakkie gevlug het.

Uit daardie angsbevange tyd onthou hy donker nagte op die pad, treinritte, en die lang vlug na sy ma se vaderland.

Eers daarna het hulle begin leef.  

Lees die vorige hoofstukke van Vlam

Inleiding

Hoofstuk 1

Hoofstuk 2

Hoofstuk 3

Hoofstuk 4

Hoofstuk 5

Hoofstuk 6

Hoofstuk 7

Hoofstuk 8

Hoofstuk 9

Hoofstuk 10

Hoofstuk 11

Hoofstuk 12 Hoofstuk 13

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

23 hours Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 day Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 day Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.