kategorieë: LeesOntspanning

Vlam Hoofstuk 18: Vure doodslaan

Vlam Hoofstuk 18: Vure doodslaan deur Martie Swanepoel

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Om op te vang met die vorige hoofstukke van die gewilde vervolgverhaal, Vlam, klik hier.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Vlam Hoofstuk 18: Vure doodslaan

Niekie het vier uur om na te dink oor haar dwalinge voor Henk opdaag.

Sy het ’n finale lessie geleer, dink sy. Marco Momple is moeilikheid. Gevaarlik aantreklik met die klem op gevaarlik. Sy sal hom in Cannes probeer vermy. Dis nou as sy nog Cannes toe gaan na haar avontuur. Piet en Mediahuis het haar al voorheen vir rebelse optredes vergewe, maar dalk het sy hierdie keer haar hand oorspeel. ’n Mens kry ook net soveel kanse.

Henk daag op met ’n fles koffie en ’n sak vol kitskos. Goeie Henk. Sy val hom om die hals en ruik sy beskermende bekendheid.

“Niekerbol, jy beter in die kar slaap. Jy gaan jou rus nodig kry. Ons moet ’n plaasmoord doen op pad terug. Dan, wag daar’‘n afvaardiging op kantoor om jou die Leviete voor te lees. Piet sê ons moet direk kantoor toe kom as ons klaar is.”

Henk lyk darem nie te vies vir haar nie, maar sy is nie so seker van Piet nie. Die plaasmoord kon deur ’n plaaslike korrespondent gedoen gewees het. Dit is duidelik dat Piet haar wil straf.

“Gaan hulle my fire?”

Sy sluk ’n hamburger gulsig weg. Haar lyf is vuil en moeg, maar vandag gaan daar blykbaar geen genade vir haar wees nie.

“Al wat ek weet is dat daar ’n paar rye fênsie rokke in die raadsaal hang wat jy in Cannes moet dra. Duisende rande se rokke. Of hulle gaan Marlene op ’n crash diet sit om daarin te pas of Schalk sal in die volgende twee weke ’n boob job en ’n pruik moet kry. Nee, jong, jy sal woes moet please explain as jy by die kantoor kom. Pieta is redelik de duiwel in vir jou. Elsie Geselsie sê die Kaap het die lyne rooiwarm gelooi oor jou. Selfs Claudia gaan vandag opvlieg om jou skrobering by te woon. Snaaks, Elsie sê ou Claudia het nogal vir jou geskerm. Lyk my jy en ou Cruella is nou dik maatjies na julle ’n paar wyne in die Kaap gedrink het? Die arme vrou se joppie hang glo in ’n weegskaal oor die sirkulasiesyfer van Clivia so geduik het. Elsie sê as dit nie vir daardie ander vrou se affair met ’n direkteur is wat nou oopgebars het nie, sou sy by Claudia oorgeneem het.”

Niekie luister vaak na Henk se gekwetter oor die nuutste skindernuus by Mediahuis. Wat sou die redaksie tog gemaak het sonder die sappige brokkies via ou Elsie?

Na ’n kragslapie bel sy gou rond om inligting oor die plaasmoord te kry. Op die moordtoneel word hulle ingelig dat die plaaslike korrespondent reeds die storie gedoen het, maar Niekie skryf tog die storie terwyl hulle terugry kantoor toe.

Van ontvangs tot bo in die kantoor staar almal haar met groot oë aan. Almal weet sy is diep-diep in die moeilikheid. Niemand wil dit eens waag om met haar te praat nie.

Piet kyk nie op as sy in sy kantoor instap nie. Hy tik vervaard op sy rekenaar en kou woes aan ’n tandestokkie. Dis nie ’n goeie teken nie. Sy staar maklik tien minute na haar werkende baas voor hy opkyk.

“Jy moet jy eers jou plaasmoord-storie gaan oorskryf. Die subs is nie daarmee tevrede nie. Ek sal jou roep as ek tyd het om met jou te praat.”

Pieta straf haar. Dis duidelik. Daar is niks verkeerd met haar plaasmoordstorie nie, sy weet. Maar sy sluk haar vernedering en sit en skryf die storie oor. Na die tweede uitgawe wink Piet haar nader. Claudia en Eben Vermeulen, ’n personeelbeampte sit in sy kantoor. Só ’n vergadering in die nag is ’n baie slegte teken.

“Niekie, jou onverantwoordelike optrede as senior redaksielid stel ’n baie slegte voorbeeld. Ons kan nie toelaat dat redaksielede net doen wat hulle wil nie. Jy ken die reëls vir sulke stories. Jy is in ons diens en as jy buite die landsgrense gaan, is ons vir jou veiligheid verantwoordelik. Jy het elke reël in die boek verbreek en ons kan nie anders as om oor te gaan tot dissiplinêre optrede nie. Mnr. Vermeulen sal môre-oggend op kantoor amptelik met jou praat. Ons wil net hê dat jy vanaand besef ons beskou jou optrede in ’n ernstige lig en die res van die redaksie kyk met groot belangstelling hoe ons jou saak gaan hanteer.”

Niekie staar voor haar uit. Sy het Piet nog nóóit so kwaad gesien nie. Die innige spyt wat sy het en die groot storie wat sy saamgebring het, gaan nie kan opmaak vir die teleurstelling in Piet se oë nie.

Eben Vermeulen sit net daar eenkant en kyk haar berispend aan. Sy weet lankal dat hy nie ’n sagte plekkie vir haar het nie. Hy is moedswillig, hy wil haar sommer al agtuur die oggend sien. Sy voel moeg en vuil en sy wens sy kan weghardloop van hierdie probleem.

“Dis al vir eers, Claudia wil jou in die raadsaal sien.”

Dit ook nog! Daar is nie ’n greintjie krag in haar oor nie. Sy kan nie nou oor Cannes praat nie.

Claudia maak die raadsaal se deur agter hulle toe.

“Ek gaan my nie uitspreek oor jou optrede nie, Nicola. Vermeulen sal dit more hanteer. Ek en jy het nog ’n klompie werk om af te handel voor Cannes. Ons kan môre ná jou sessie met die personeelafdeling praat, maar daar is eers iets dringend wat nie kan wag nie. Ek neem aan jy het vandag al met jou pa gepraat?”

’n Yskoue luggie trek oor haar. Is iets verkeerd met haar pa? Hy was baie verlig om haar stem te hoor, maar hy het vreeslik moeg geklink.

Claudia lees haar gedagtes.

“Jou pa is oukei … onder die omstandighede. Dis … Niekie, daar is geen maklike manier om dit vir jou te sê nie. Dis jou ma. Sy was in ’n ernstige motorongeluk en lê in ICU. Ek het aangebied om dit vir jou te sê en om jou Sandton-Kliniek toe te neem. Dinge lyk glad nie goed nie. Jy moet dit weet voor ons daarheen gaan.”

Alle krag en lewe dreineer uit Niekie se reeds uitgeputte lyf. Sy klim woordeloos saam met Claudia in die motor. Die straatligte flits verby. Binne haar voel dit morsdood.

Haar pa staan voor die deur van ICU. Hy hou haar styf vas.

“Ons kan maar ingaan.”

Die vrou op die bed is vir haar ’n totale vreemdeling.

Hoe kan mens so hartseer voel oor iemand wat jy nie ken nie?

Vir nog lekker vervolgverhale, loer gerus hier.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

7 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.