kategorieë: LeesOntspanning

Vlam Hoofstuk 22: Stywe ruggie

Vlam Hoofstuk 22: Stywe ruggie deur Martie Swanepoel

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Vlam Hoofstuk 22: Stywe ruggie

Vroegdag oefen Niekie in die hotel se fênsie gym. Sy is nie juis ’n gym-hasie nie, maar Claudia en kie het haar ingelig dat daar sappige stories in die gym skuil as celebs in die rondte is. Dis waar hulle hulle nuwe bisepse en boopse kom vertoon.

Omdat Niekie haar gym-pakkie die vorige aand as swart nommertjie by die paartie gedra het, moes sy dit vroegoggend uitwas en in haar en-suite badkamer ophang. Mens weet nooit wanneer sy dit weer gaan nodig kry nie. Sy het in haar slaapbroekie en tenk-toppie gaan gym en niemand in die gym het eens in haar rigting gekyk nie. Op die Franse Reviera, blyk dit, geld dieselle gym-gebruike as in Suid-Afrika: Almal kyk net vir hul eie spiere in die spieëls.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ongelukkig het niemand naastenby vir haar bekend gelyk in die fênsie gym nie. Trouens, almal in die gym het vir haar dieselfde gelyk. Almal met groot bisepse en boopse en sonbed-bruin lywe.

Na die moordende gym-sessie (weens die pynigende ego’s wat sy moes aanskou en nie weens haar eie oefenprogram nie), het Niekie haar trots in die sak gesteek en ’n benoude e-pos aan Piet en Claudia gestuur om te verneem wat van die tas klere van Jaco Hoesenaam geword het.

Claudia was dadelik paraat en het nagevors wat van die tas ontwerpersklere van Hoesenaam geword het.

Binne ’n halfuur het sy geantwoord dat haar ambisieuse kollega, die een wat die affair met die direksielid gehad het, en haar ogie op Claudia se joppie gehad het, verantwoordelik was vir die versending van die tas met Jaco Hoesenaam se ontwerpersklere.

Claudia het dadelik gebel en vreeslik verskoning gevra en met ’n onderdrukte ondertoon van histerie laat blyk dat sy alles tussen Tafelberg en die diep blou see gaan omdolwe tot sy die probleem opgelos het.

“Het jy geweet op twitter het daar gisteraand na die partytjie die storie ge-trend dat ’n Suid-Afrikaanse joernalis met ’n retro-weergawe van Olivia Newton-John by die perspartytjie opgedaag het? Welgedaan Nicola! Jy het die modekenners aan die gons! Glo my, ontwerpers gaan vanoggend al aan jou deur begin klop om aan te bied om jou aan te trek vir vanaand se permiere vir Big Bad Girls!”

Claudia was reg.

Die hotel se toonbankklerk het ’n pak boodskappe aan haar oorhandig. Daar was ook ’n bos blomme van Marco. “Jy het verruklik gelyk,” het die kaartjie gelees. Sy het die blomme aan ’n oorblufte skoonmaker oorhandig.

In haar kamer het ’n luukse wit kartondoos gewag. Tussen geparfumeerde sneespapier het ’n smaraggroen rok gelê. Die kaartjie was naamloos, maar sy het geweet van wie dit kom: “Jammer ek het jou nat gespat.”

Haar hart het ’n paar keer gebons. Wat gaan Duard Wayne maak as hy uitvind sy is die joernalis wat later vanoggend ’n onderhoud met hom moet doen?

Hy is maar net ’n Hollywood-slymbol wat sy sjarme rondgooi, het sy haar ooraktiewe hormone tot bedaring gelaaf.

Na ’n Skype-gesprek met Piet het sy uitgevind dat Claudia se ambisieuse kollega die tasse van ou Hoesenaam glo ‘”per ongeluk’’ Hollywood toe gestuur het pleks van na Cannes.

“Moedswillige biets wou arme Claudia in ’n slegte lig stel, maar my eks-bokkie is te slim vir haar!” het Piet effe trots gespog. Claudia was reeds besig om te onderhandel om die klere van Hollywood na Cannes te stuur.

“Toemaar, ek het klaar ’n groen nommertjie vir vanaand se paartie. Ek belowe ek sal Mediahuis nie in die skande steek nie.”

Piet het vervaard aan ’n tandestokkie gekou op die Skype-skerm.

“Ek hoop nie jy gaan weer daardie swart gedoente van gisteraand aantrek nie! Ek het die foto’s gesien! Hel Vlam, dit het elke plooi afgeëts! Jeez, jou pa gaan ’n oorval kry as hy daardie foto’s sien! Ek moet jou waarsku, die manne van die sportkantoor het die foto opgeblaas en jy is nou ’n pin-up in die sportkantoor!”

Die onderhoud met Duard Wayne was oor net bietjie meer as ’n uur.

Spanning het deur Niekie se are begin vloei. Vir wat? Dis tog net ’n Hollywood-akteur met ’n groot ego. Sy het haar bes probeer om te vergeet hoe sy olyfkleurige vel gisteraand ’n smeulende kontras met sy wit hemp gevorm het. Sy skewe glimlag …

“Nee wraggies, Niekie Branders!” Het sy haarself vermaan. “Hou jou hormone in toom! Onthou jy Burkina Faso? Marco? Onthou jy in watter gemors het jy net noudiedag beland toe jy na jou hormone pleks van jou goeie verstand geluister het?”

Om haar te staaf teen die sjarme van die wannabe-soldaat van Hollowood se billboards besluit sy om haar gewone cargo pants en ’n T-hemp aan te trek vir die onderhoud. Duard Wayne wou met ’n oorlogkorrespondent ’n onderhoud voer en dit is wat hy gaan kry. Hy verwag tog seker nie iemand wat deur ’n make over-span opgedollie is nie …

Sy maak haar bos hare in ’n stywe ponie vas en druk dit onder haar pet in. Sy kies haar gehawendste T-hemp en cargo-pants wat al ’n paar oorloggeteisterde gebiede oorleef het.

Dit behoort Duard Wayne af te skrik. Hy het nog die prentjie van die afgewaterde Olivia Newton-John in sy kop, maar vanoggend ontmoet hy GI Jane se sussie! As hy wil weet hoe ’n ware geharde joernalis lyk, is dit wat hy vanoggend gaan kry!

Dalk herken hy haar nie eens as die sopnat vrou of die meisie in die lyfklewende swart nommertjie nie?

Niekie het al honderde moeilike onderhoude op haar kerfstok. Dis hoekom sy haar vervies oor sy so senuweeagtig is vir die onderhoud met die Hollywood-ster. Maggies! Wat makeer haar?

Presies om elfuur bel die toonbankklerk. “Mej. Branders, u motor is hier.”

By die Grand Palais word sy na die elfde vloer begelei asof sy die koningin se niggie is. Sy merk ’n paar geskokte blikke na haar uitrusting op, maar sy maak of sy dit nie sien nie.

Sy moet in ’n klein sitkamer vir “Meneer Wayne” wag. Niekie maak staat op ’n ou truuk wat sy kleintyd al geleer het om in moeilike situasies te oorleef. Sy gaan op die aanval wees … Sy gaan Duard Wayne ontsenu met vrae oor sy private lewe!

Stiptelik op die bepaalde tyd word sy ingeroep. Duard Wayne sit met sy rug na haar gekeer. Voor hom strek die uitsig oor die Riviera oneindig luuks uit.

Sy trek haar asem diep in. Sy maak haar rug styf en druk haar snipperige neus in die lug in.

Sy is reg vir dié Hollywood-ster!

As jy nog nie die vorige hoofstukke van Vlam gelees het nie, klik hier om op te vang!

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.