kategorieë: LeesOntspanning

Vlam Hoofstuk 23: Die ‘Tantrum’

Vlam, Hoofstuk 23: Die ‘Tantrum’ deur Martie Swanepoel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Klik hier om die vorige hoofstukke van Vlam te lees

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Vlam Hoofstuk 23: Die ‘Tantrum’

Elton Nichols het uitgesien na hierdie dag. Hy los gewoonlik die los werkies met onderhoude vir junior promosiemense, maar hy wou graag self vir Niekie Branders aan Duard voorstel.

Dis asof sy kaalgeskeerde kop ekstra blink vanoggend. Hy kan nie wag om die moeilike mnr. Wayne ’n bietjie te ontsenu nie! Hy het nog nie vergeet hoeveel moeilikheid Duard hom gegee het oor die draaiboek van Border War Patrol nie …

Die ster is besig met ’n foonoproep as hulle instap. Sy rug gedraai na Niekie en die trippelend-opgewonde Elton.

Die aksieheld beeïndig sy oproep en gooi vir hom ’n glas water in. Hy gee geen erkenning aan hulle teenwoordigheid nie.

Elton maak keel skoon.

“Mnr. Wayne, Niekie Branders is hier vir die onderhoud.”

Die moedswillige rolprentheld sluk die glas water met een teug af en verwerdig hom nie eens om om te draai nie.

“Laat mnr. Branders net ’n oomblik wag. Ek het ’n nog ’n oproep om te maak.”

Elton vryf sy kop en die verergtheid slaan rooi uit in Niekie se nek. Vermeteld! Sy haat dit as celebs ’n afspraak maak vir ’n onderhoud en dan heeltyd op die foon besig is. Dis plain ongeskik.

Duard staan steeds met sy rug na hulle gekeer terwyl hy praat. Aan sy stemtoon kan Niekie aflei dis ’n paaiende oproep na ’n vrou en nie ’n sake-oproep nie.

“Is als nog oukei? Sien ek jou vanaand by die première?”

Verbrande vent! Niekie wonder of hy vir dié vrou ook ’n rok laat aflewer het. Hy het seker gedink hy beïndruk die vaal ou meisietjie wat hy met sy onbeskofte motorfiets natgespat het met die smaraggroen rok! Slymbol!

Niekie en Elton probeer beide hul irritasie wegsteek … in die naam van professionaliteit. Hulle staan kamma beleefd rond terwyl die ster die vrou oor die foon paai.

Skynbaar meen Elton hulle mag nie sit voor Meneer nie gereed is vir hulle nie.

Niekie se nek word al hoe rooier. Die gloed styg later na haar wange en haar oë skiet blitse.

Hy praat seker met daai Melissa Garbers. Niekie moet dié skoonheid die volgende dag ontmoet vir ’n onderhoud en sy is gereed om dié pops se kennis van militêre joernalistiek te beproef!

Duard beeïndig die oproep en maak sowaar nóg een! Dié keer na ’n haarstilis.

Maggies, kon hy nie maar gewag het tot na die onderhoud om ’n afspraak vir die stilering van sy beroemde haredos te maak nie? Dit lyk vir Niekie nie juis of daar ’n haartjie uit plek is nie. Kan hy nie maar sy eie hare kam vir die primière nie? Meneer tof seker elke oggend ’n uur of wat voor die spieël. Smeer seker net La Mer op daardie wangetjies.

So staan Niekie bitterbek en dink.

Alle aanvalle op haar hormone is in hierdie stadium afgeweer. Nie een sel in haar lyf dink meer die man voor haar is aantreklik nie. Sy verpes vermetelheid. Sy gaan hom lekker peper met vrae as hy hom uiteindelik nederig genoeg ag om die onderhoud, wat al maande gelede gereël is, te begin.

Nadat sy en Elton nog vyf minute moet aanhoor hoe hy en sy haarstilis oor onbenullighede praat, begin Niekie die binnekante van haar wange kou om te keer dat sy haar humeur verloor. Sy weet die onderhoud is vir Mediahuis belangrik en sy is steeds soort van op parool na haar oortreding. Sy sal Meneer Ego maar sy arrogansie moet verskoon en op haar tanne kners. Maar na nog vyf minute bou ’n vreeslike wrewel in haar op. Vandag is die dag wat sy hierdie man op sy arrogante plek sit! Genade! Hy het immers die ooreenkoms oor die onderhoud geteken! Nogal laat weet hy het net ‘n uur tyd vir haar. Nou mors hy kosbare tyd! Besef hy sy het tien uur gevlieg om hom te woord te staan? Nou moet sy staan en wag nadat sy stiptelik op tyd was vir die afspraat. Vrek ongepoets, onprofessioneel, onge-whatever nog.

Na ’n lang foongesprek verwerdig die Hollywood glansprins hom uiteindelik om sy lang lenige lyf om te draai in hulle koers. Die Franse oggendson val op sy olyf gelaat, wat gewoonlik sag val op vroue se blik, maar op die oomblik op Niekie vermors is. Haar blik vang tog die netjiese sespak wat deur die wit syhemp sigbaar is. Die seebries deur die venster waai die aroma van duur naskeermiddel na haar, maar selfs al was dit ’n stormwind, sou dit nie haar woede kon afkoel nie. Vir wat gebruik hy naskeermiddel as hy nie behoorlik skeer nie? Sy kyk geirriteerd na die man se pretensieuse halfmas-baardjie. Gmpf! Hy dink waarskynlik dit laat hom aantrekliker lyk. Dit het dekades gelede vir Don Johnson gewerk, en dit werk beslis vir George Clooney, en vir Johnny Depp. Maar hierdie ou poginkie van hom sal voortaan haar hormone koud laat, besluit sy.

Duard gaan sit uitgestrek op die gemaklikste stoel en  uiteindelik behaag dit hom om op te kyk na Elton en sy gas.

Midde-in sy opkyk, onthou hy uiteindelik om te groet.

“Bly jy kon dit maak, mnr. Branders.”

Niekie sluk aan die vulkaan op die punt van haar tong. “Bly sy kon dit maak?” Besef hy hoe lank staan sy al en wag? En dan het hy ook nie sy huiswerk gedoen voor die onderhoud nie! Hy het ’n man verwag!

Dis natuurlik die oomblik waarop Elton maande lank gewag het. Hy het dit geniet dat Duard onder ’n wanindruk verkeer. (Hy wis natuurlik niks daarvan dat die tweetjies hier voor hom die vorige aand ’n paar wille draaie in die reën op ’n motorfiets gery het en daarna by die perspartytjie ’n ligte flirtasie gehad het nie!)

Duard kyk verstom na die joernalis wat al die pad van Suid-Afrika gekom het om die onderhoud met hom te doen. Dis dan die onweerstaanbare rooikop van gisteraand!

Niekie gaan sit oorkant die ster. Sy kan sien hy is ontsenu, en sy geniet dit. Sy skuif haar bofbalpet reg. ’n Klos van haar moedswillige rooi hare peul onder die pet uit. Op haar oorgroot T-hemp staan, “Boeremeisies vattiekakkie.” (Sy weet Claudia gaan ’n oorval kry as sy hierdie outfit sien, maar die kalf in die put en Jaco Hoesenaam se tasse is mos nog soek …)

Die skok op Border War Patrol se held se gesig vee sy selfvoldaanheid binne sekondes af.

“Duard, dit is Niekie Branders. Mej. Branders, Duard Wayne.”

Elton het lanklaas ’n formele bekendstelling so geniet.

Duard raap met moeite sy selfvoldaanheid bymekaar.

“Vlam? Wat gaan hier aan?” Dan vlam die woede oor sy gesig.

“O, ek sien … Oulike truuk wat jy gisteraand op my getrek het om my sag te maak vir die onderhoud, mej. Branders! Moes jou ’n rukkie se speurwerk geneem het om uit te vind waar jy my in die reën kan voorlê? Bravo! Ek neem aan jy was teleurgesteld toe ek myself nie genooi het vir ’n drankie in jou kamer nie? Jy kan nogal ’n rol los slaan met jou vernuf as aktrise! Maar ek moet sê, jou tweede vertoning by die perspartytjie was beter. Daardie swart pakkie van jou. Slim plan om aandag te trek! En Marco? Het julle twee ooreengekom om my om die bos te lei? Hy het immers geweet van ons onderhoud? Gawe vriende wat ek het … ”

In hierdie stadium raak die atmosfeer in die onderhoudkamer dikker as dikmelk. Duard Wayne vertoon die volle glorie van die vloermoere waarvoor hy bekend is.

“En Elton, ek hou nie daarvan om vir die gek gehou te word nie! Jy het baie goed geweet ek is onder die indruk Niekie Branders is ’n man!”

Die glansprins stoom van woede. Elton besef hy het sy hand dalk oorspeel en vryf sy kop nog blinker.

“Kalmeer nou Duard. Ek is seker ons kan die situasie oplos.”

Hy praat al die kante toe mooi, en looi dan die ster met ’n bietjie gesag. Hy fluister in Duard se oor.

“Ek het al die inligting oor mej. Branders die dag na ons ooreenkoms oor die onderhoud na jou per e-pos gestuur, ek het gister gesien jy het nooit eens daardie e-pos oopgemaak nie! Jy het geteken vir hierdie onderhoud en nou stel ek voor jy doen dit. Tensy jy die mediaveldtog van Border War Patrol in Suid-Afrika hier en nou wil sink. Hierdie girl werk by die mediagroep wat die monopolie in Suid-Afrika het en sy is, so ver ek kon vasstel, die beste op haar gebied. Dis jou skuld as jy nie geweet het sy is ’n vrou nie!”

Die ster weet hy is skuldig, maar hy probeer nog ’n hou inkry. Dié keer in die rigting van Niekie, wat geamuseerd na die akteur se tantrum sit en kyk.

“En jy, Mej. Branders? Met watter speletjie is jy besig? Ek neem aan jy het Marco verlei om toegang te kry tot my by die partytjie?”

En, dis net toe wat die sluimerende vulkaan op Niekie Branders se tong losbars!

Het jy geweet?

As jy van Vlam Hoofstuk 23: Die ‘Tantrum’ gehou het, gaan jy hierdie geniet!

Ons het ’n nuwe fiksiereeks uit die pen van Martie Swanepoel, voorgelees deur Elize Cawood! Luister hier na die episodes – dis gratis!

Ons gesels ook met bekendes op Tee & Taai Toffies en ons praat oor verhoudings op Tussen Ons. Kom gesels gerus saam op facebook.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Kokkedoor se inskrywings is oop! Is jy gereed om oor die kole gehaal te word?

Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar…

18 hours Gelede

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 weeks Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 weeks Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 weeks Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 weeks Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 weeks Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.