kategorieë: LeesOntspanning

Vlam Hoofstuk 30: Vonkelwyn

Vlam Hoofstuk 30: Vonkelwyn deur Martie Swanepoel

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Klik hier om die vorige hoofstukke van Vlam te lees

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Vlam Hoofstuk 30: Vonkelwyn

Die modepolisie in Cannes het nou hulle visier op die ongeërgde joernalis van Suid-Afrika. Elke keer wat Niekie op die rooi tapyt verskyn om haar werk te doen, klik daar byna meer kameras in haar rigting as op die sterre!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dis ongehoord dat ‘n verslaggewer, of persoon wat by die fees agter die skerms werk, soveel publisiteit kry, en vir Niekie is al die aandag ‘n pynigende verleentheid.

Claudia en die manne in die grys pakke by Mediahuis is in hulle skik met al die publisiteit wat hul rebelse joernalis kry en het haar blykbaar al haar sondes vergewe. Vir dié mediahuis is die buitelandse publisiteit ‘n onverwagse bonus en omdat Niekie se naam in hierdie geval aan Clivia gekoppel word, drup Claudia se oproepe van die komplimente.

Die uitrustings van Jaco Vermeulen, waarmee Niekie die res van die funksies bygewoon het, het soveel lof van modekenners gekry dat Jaco nie kan voorbly met bestellings nie.

Niekie sug toe sy die nuutste oproep van Claudia beeïndig. Jaco Vermeulen vlieg blykbaar inderhaas Cannes toe om sy nuutgevonde roem te kom hanteer en dit is Niekie se taak om hom na ‘n paar funksies te vergesel … as model. En die modeman kom reeds vanmiddag!

As die hotelklerk haar uiteindelik verwittig dat mnr Vermeulen en sy assistent gearriveer het, trek sy moedswillig haar cargo pants en T-hemp aan om hulle te gaan ontmoet.

In die hotel se swierigste restaurant wag daar toe ‘n vreugdevolle verrassing op die onwillige Niekie. Stefaans Crause het saam met Jaco gekom! Sedert Stefaans Niekie se mates by die kantoor kom neem het, is sy en die groot ou teddiebeer groot maats.

“Wow! Ons nuwe fashionista!” jil Stefaans en raap Niekie in sy arms op. Jaco kan ook nie anders as om die meisie wat sy modes onverwags op die Franse map gesit het, met oorgawe te groet nie.

“Tyd vir hope Franse champers, mense,” babbel Stefaans terwyl hy sy nek in alle rigtings draai met die hoop om ‘n bekende te sien.

“Vertel my alles van daardie hottie,” sê hy as die duur vonkelwyn arriveer.

“Watter hottie?”

Eintlik weet Niekie hy verwys na Duard Wayne, maar sy weier om te erken hy is ‘n hottie.

“Ek sou ‘n floute gekry het as hy my in sy arms moes opraap.  Wow! Watter spectacular show het jy nie op die rooi tapyt gegooi nie?”

Maar Jaco onderbreek hom met die vraag op almal se lippe.

“Waar het jy daardie groen rok gekry? Kors ontken in die pers dat jy dit by hom gekry het, en daai superstar is glo woedend dat jy haar shine gesteel het. Helletjie Piet, dis byna ongehoord dat so iets by Cannes kan gebeur!”

Niekie hou haar lippe gesnoer oor die smaraggroen rok wat haar soveel ongevraagde publisiteit gegee het. Maar Jaco wil ook weet van die swart pak wat sy gedra het voor sy tas klere gearriveer het.

“Dit was my gym-klere … Ek dink die broek was van Mr Price en die hempie van Pep-boetiek. Dit was al wat ek gehad het om aan te trek voor jou klere gekom het.”

Stefaans wei uit oor die drama met die vermiste tasse.

“Kan jy glo daardie gemene biets in die Kaap wou ons  en Claudia saboteer? Was dit nou ‘n drama om als weer on track te kry!”

Jaco snak na sy asem oor die oorsprong van die swart pakkie.

“Wys jou net, less is more! Maar jou stunning lyf het die situasie gered. Wel gedaan, girl!”

Stefaans wil alles weet oor Melissa en Duard, maar veral van Duard. Maar Niekie rep nie ‘n woord oor die aand op die balkon en die hamburger-affêre nie.

“Hy is bietjie van ‘n windbol,” som sy die ster op.

“Met sy sespak kan hy maar een wees, hoor! Ek kan nie wag dat ons vanaand saam met hom gaan eet nie! Hy en Melissa, nogal! Kan jy glo? Ons het ‘n deal om twee rokke vir Melissa te maak vir die premières van die Border-fliek!”

Vlam Hoofstuk 30: Vonkelwyn

Jaco en Stefaans koer van opgewondenheid, en Niekie voel hoe haar moed in haar skoene sak. Sy het dit reggekry on Duard te vermy na die hamburger-drama en nou moet sy saam hom gaan uiteet! Saam met hom en daai Melissa-vrou, wat dit duidelik gemaak het dat sy haar wat Niekie is nooit weer wil sien nie!

“E…e, ek hoef seker nie by te wees vir die ete nie? Ek het baie werk om te file vanaand.”

Die twee mans lyk ewe geskok.

“Waaat? Die twee grootste sterre in Hollywood maak plek in hul besige program vir ‘n onbeplande ete en jy wil kamma werk? Skat, soos wat ek die saak opsom, is jy nou net weer in die goeie boekies by jou base. Moet dit nou nie gaan verongeluk nie. Jaco het ‘n spesiale nommertjie gebring waarmee jy die hunk se bloed vanaand kan laat kook.”

Jaco beaam Stefaans se waarskuwing en bestel nog vonkelwyn.

Asof daar nie genoeg komplikasies in haar eens saai lewe is nie, verskyn Marco Momple in die deur van die restaurant. Hy pyl doelgerig op Niekie se tafel af.

“Ma Chérie!”

Stefaans en Jaco se monde hang oop.

Marco lyk onbeskryflik aantreklik in ‘n wit hemp en broek en die hemp is ver genoeg oopgeknoop dat mens sy slinkse hart kan sien.

“Marco, dit is Jaco Vermeulen en Stefaans Crause, en ons is besig met ‘n belangrike vergadering. Jy sal ons dus moet verskoon.”

Marco soen Niekie op haar voorkop, beide wange en op die mond en glimlag sjarmant in die koers van die Suid-Afrikaanse mode-afvaardiging.

“O, is dit oor vanaand? Ek hoor ons gaan almal by Mischa Burdon se Michelen ster-restaurant eet!”

Niekie voel sy kan die stuipe kry.

“Is jy ook genooi? Ek dog dit gaan net oor mense wat by die grensfliek betrokke is?”

Marco glimlag sjarmant.

“O, dit is! Dit is net vir die span wat eersdaags Suid-Afrika toe vlieg om die fliek oor die grens-oorlog te maak. Van wat ek hoor, gaan dit ‘n treffer wees.”

Maar Niekie wil nie bes gee nie.

“En, hoekom kom jy dan vanaand saam?”

Weer die sjarmante glimlag. Hy staan ‘n treetjie terug en maak ‘n galante buiging.

“Wel, mense, laat ek julle voorstel aan die nuwe stills phographer van Border War Patrol!”

Dis net toe dat Niekie ‘n hele glas peperduur vonkelwyn in een teug wegsluk!

As jy van Vlam Hoofstuk 30: Vonkelwyn gehou het sal jy baie hiervan hou!

Ons het ’n lekker voorlesing van Botox, Barbies en Bietse, ook uit die pen van Martie Swanepoel! Klik hier om dadelik te begin luister – dis gratis!

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

14 hours Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

19 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

21 hours Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

22 hours Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 day Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.