kategorieë: LeesOntspanning

Vlam hoofstuk 39: Nagvisie

Vlam hoofstuk 39: Nagvisie deur Martie Swanepoel. Hooffoto: pexels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Klik hier om op te vang met die vorige hoofstukke van Vlam

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Vlam hoofstuk 39: Nagvisie

“On n’abandonne jamais les tiens, ni au combat, ni dans la vie.”

Treffende woorde wat op ’n Franse wynbottel gedruk is. Dit beteken jy laat nooit jou eie agter nie. Nie op die gevegsfront nie, en nie in die werklike lewe nie.

Die wynmakery behoort aan die Esprit de Corps Grand Cuvée, ‘n wynlandgoed in Frankryk waar oud stryders van die Franse Vreemde Legioene saam werk om lieflike wyn te maak.

‘n Ongelooflike versnit van broederskap. Dit is kenmerkend van hoe die manne saam staan, al is hulle uitgetree.

Duard en Marco het in hul tyd van nood beroep gedoen op ‘n paar veterane  wat saam hulle aan ‘n klein informele aksiegroep behoort.

Hulle tree nie in die naam van die Legioen op nie, maar in die naam van broederskap.

Soos nou.

En, nes die legioen, is hulle gesteld op anonimiteit. Daarom laat hulle die groep mans in Henk se kantoor sweer hulle sal nooit weer oor die dag se gebeure praat nie.

“Ons gaan nie die polisie se werk vir hulle doen of inmeng nie. Ons gaan net Niekie se veiligheid verseker. Na vandag verwys nie een van ons ooit hierna nie,” Duard weet hy vat ‘n kans met sy eie anonimiteit in die pers en die anonimiteit van sy groep, maar hy vertrou kol. Branders. Hy en die kolonel deel immers ‘n kosbare geheim. Hy weet ook dat Piet en Henk eerbare manne is wat Niekie se veiligheid eerste stel.

Met Henk se identifisering van die gebou waarin Niekie aangehou word, begin die groep oud soldate blitsvinnig beplan. Dis asof hulle soos ‘n ou outomaat se ratte presies in mekaar pas. Elkeen weet wat hy moet doen. Hulle werk vinnig, en net soos tydens ‘n militêre operasie, weet hulle dat hulle geen foute kan bekostig nie.

Hulle plan is waterdig.

Hulle sal die gebied om die gebou verken en seker maak hulle ken die bende se modus operandi haarfyn. Dan sal hulle Henk bel sodat hy sy informant, kol. Loxton, kan inlig. Op die einde sal dit lyk of die polisie die hele situasie van A tot Z beheer en uitgevoer het. Duard se manne sal deurentyd seker maak Niekie is veilig en as dinge met die polisie se aksie skeef loop, dan sal hulle eers ingryp.

Die spanning in Henk se kantoor is ondraaglik.

Aan die een kant is daar Loxton wat hom gereeld bel en terugvoer gee, dan is daar die bendelede wat bel met nuwe eise, en dan is daar ook die Fransmanne se geheime beplanning.

Kol. Branders rook die een sigaret na die ander.

Sy kind is sy alles en hy voel magteloos omdat hy haar nie self uit die kloue van Immerman se gespuis kan gaan haal nie.

As hy na Duard kyk, sien hy ‘n jong Ewie in aksie. Die buddy waarop hy kon trots wees. Die Ewie, voor sy kamerade se breins tydens die mortierontploffing oor hom gebars het en sy moed gebreek het.

Maar hy weet nou na jare se gewroeg niemand kan oordeel hoekom Ewie daardie dag geknak het nie. Hy kyk na Ewie se seun en weet die ruggraat van sy pa is in hom. Hy weet Duard is gefokus en hy sien dieselfde fokus by sy broeders.

Hy weet sy kind is in veilige hande.

Duard en Marco se manne is na ‘n halfuur se beplanning elkeen in sy posisie om die gebou. Dit is al sterk donker en dit is hulle voordeel. Hulle werk op hul beste in die donker.

Na ‘n uur lui Henk se foon.

Hy luister haarfyn na die detail wat Duard gee. Hulle weet presies in watter vertrek Niekie aangehou word, hoeveel mans haar aanhou en as die polisie opdaag, sal hulle ongesiens die strate om die gebou beheer sodat geen bendelede hulle kan kom verras nie.

Kol. Loxton is verras met die inligting wat Henk aan hom lek. Hy is al baie jare Henk en Niekie se polisie-informant en vanaand is dit die koerantman se beurt om sy informant te wees.

“Moenie vrae vra oor waar ek die inliging kry nie. Vertrou my net. Ek het dit by iemand gekry wat weet wat hy doen. Hy verkies dat jy die operasie uitvoer. Hy sal op die kantlyn bly. Maar julle moet gou speel. Dit situasie kan binne ure verander,” waarsku Henk die kolonel.

“Vertrou my net dat die inligting korrek is. Niemand sal in julle werk inmeng tensy dinge lelik skeef loop nie. En onthou, nie ek of jy praat hierna oor hierdie gesprek nie. Dit het nooit gebeur nie. Niemand anders gaan die krediet kry vir die operasie nie. Net jy en jou manne.”

Na die Maghrib-gebedsroep om sonsondergang het Niekie genadig aan die slaap geraak. Haar lyf was verby die punt van uitputting. Clive het haar ‘n uur geterroriseer en toe gaan eet.

Dis Jimmy wat haar wakker maak.

“Clive slaap nou. Is jy honger? Hier is gou ‘n burger om te eet. Dan kan ek jou gou help om die toilet te gebruik.”

Sy is dankbaar vir Jimmy se menslikheid. Dit is net waarvoor sy gewag het. Sy eet die burger gulsig en wag dat hy haar hande en voete losmaak om die toilet te gebruik. Daarna wil sy hom oorval. Sy weet hoe om iemand stil te maak. Haar pa het haar goed geleer.

Sy neem haar tyd in die toilet.

“Is jy amper klaar?” fluister Jimmy.

“Ek voel sleg, jy sal my moet kom help.”

Die gawe Jimmy val vir haar plan. As hy die badkamerdeur oopmaak, is die rooikop gereed vir hom. Hy weet nie wat hom tref nie.

Hy syg sag op die vloer neer.

Niekie weet nou sy moet vinnig speel.

Sy sluip geruisloos verby die slapende Clive.

Haar brein werk oortyd om haar geheue oor die uitleg van die gebou te probeer onthou.

Sy kan skaars glo toe sy die soelheid van die Johannesburgse aandlug op haar vel voel.

Vryheid!

Nou moet sy so vinnig moontlik uit die gevaarsone kom!

Duard kan sy oë nie glo as hy sy nagverkyker op die figuur fokus wat by die deur uitkom nie.

Het jy Vlam hoofstuk 39: Nagvisie geniet?

Klik hier om na ons gratis voorlesings te luister – Botox, Barbies en Bietse en Dans met die rooi rok.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

7 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

7 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.