kategorieë: LeesOntspanning

Vlam Hoofstuk 40: Spervuur

Vlam Hoofstuk 40: Spervuur deur Martie Swanepoel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Voordat jy Vlam Hoofstuk 40 lees, klik hier om op te vang met die vorige hoofstukke van Vlam

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Vlam Hoofstuk 40: Spervuur

Duard het skaars op Niekie se beeld in die skemer gefokus, of Loxton en sy taakmag daag op.

Hy kan vanuit sy posisie sien dat hulle die gebou van die agterkant begin omsingel. Gereed vir aksie. Oorgehaal.

Hy kan sien die figuur is Niekie, maar hy is nie so seker of Loxton-hulle haar dadelik sal kan identifiseer nie.

Harde stemme weerklink vanuit die gebou.

Jimmy het waarskynlik bygekom en Clive gewaarsku dat Niekie ontsnap het!

Asof in stadige aksie sien Duard die gebeure in die skemeraand afspeel.

Hy waarsku sy span dat daar chaos gaan uitbreek en dat Niekie moontlik in die spervuur sal beland.

Hy beweeg vinnig en geruisloos.

Sy lyf reageer op die ou instinkte van ‘n soldaat.

Hy is binne sekondes by die vrouefiguur en gryp haar van agter.

“Moeie gil nie, dis ek!” fluister hy teen haar oor.

Hy gooi haar soos ‘n sak mielies oor sy skouer en sluip na veiligheid.

Pandemonium bars rondom die gebou los.

Clive en Jimmy brand op Loxton en sy manne los.

Een van die polisielede dring die gebou deur die dak in by die posisie waar hulle gedink het Niekie aangehou word.

Duard laat weet Henk dat Niekie veilig is en Henk laat weet Loxton op sy beurt, maar die hel is in die strate om die gebou los.

Clive en Jimmy hou die polisie op ‘n afstand, min vermoedend dat daar reeds ‘n polisieman in die gebou is.

Die spervuur is binne minute verby as die polisieman die bendelede van agter oorrompel.

Met Niekie styf in sy arms, hou Duard die gebeure dop.

Hy wag eers tot die geweervuur bedaar, voor hy praat.

“Bliksem, maar jy is moeilikheid in hoofletters, Meisiekind!”

Hy vergeet skoon dat hy Afrikaans praat!

Niekie luister verstar na die stem wat so maklik om die Afrikaanse woorde vou.

“Jy kan my nou maar los, ek is piekfyn, dankie! Ek sou sonder jou hulp oor die weg gekom het.”

Sy wriemel in sy arms.

Hy besef sy fout en slaan dadelik oor na ‘n Amerikaanse aksent.

“O, ons is ondankbaar nadat ek jou pas gered het? Jy het nie vir my piekfyn gelyk tydens die spervuur nie. Jy het jou gaai af geskrik!”

Sy is dadelik op die verdedig.

“Soos ek gesê het, ek was in beheer van die situasie toe jy my oorrompel het. As jy nie ingemeng het nie, was ek veiliger.”

Duard vat haar weer vas in sy arms.

Hy druk sy mond ru op hare.

Sy begin wriemel, maar hy soen haar asem skoon weg.

Niekie voel eers die ruheid, dan begin haar hele lyf swymel as sy greep in teerheid verslap.

Haar liggaam reageer anders as haar brein.

Haar brein wil die vent ‘n skop op ‘n sensitiewe plek gee, soos sy in haar pa se selfverdedigingsklasse geleer het, maar haar lyf geniet elke sekonde van die passie wat in vlae oor haar hormone spoel.

Sy vroetel met haar vingers onder sy hemp in en streel sy rug terwyl haar brein heftig protesteer.

Dan kry haar brein die oorhand en sy woel uit sy omhelsing.

“Oorrompel jy altyd vroue op hul kwesbaarste oomblikke?”

“O, was jy kwesbaar? Ek het jou reaksie nogal as aanvallend ervaar. Terloops, en ek dink jy is vrek ondankbaar.”

Hulle is nie eens bewus van die drama met die inhegtenisneming van die bendelede wat by die gebou afspeel nie.

Hulle is net bewus van mekaar se nabyheid.

“Soos ek gesê het, jy is net moeilikheid!”

Hy hoop sy vergeet van sy Afrikaanse blaps, maar sy het dit nie gemis nie.

“Van wanneer af kan jy Afrikaans praat?”

Hy skrik effens, maar behou sy rookskerm.

“Ek oefen vir die fliek. Indrukwekkend nè? Dit is een van die lyne wat ek vir die heldin moet sê.”

Haar joernalistieke brein het dadelik in aksie gespring.

“Foutlose aksent. Ek dog julle Amerikaners sukkel maar met die Afrikaanse aksent?”

Duard dink vinnig.

“Ek oefen al maande. En dit klink my ek kry dit baie goed reg!”

Hy oortuig haar nie.

Sy neem haar voor om uit te vind waar die rolprentster so foutloos Afrikaans leer praat het.

“Ons beter hier wegkom. Ek moet jou aan die polisie oorhandig en hulle moet verklarings afneem. Ons het nie nou tyd om oor my Afrikaanse aksent te praat nie.”

Duard laat weet Henk en Henk laat weet Loxton.

“Kom, ek neem jou terug kantoor toe. Jou pa is daar en hy is baie angstig om jou te sien.”

Sy woorde raak ‘n sensitiwe snaar.

Die vrees van die ontvoering oorweldig haar brawade en sy bars terstond in trane uit.

Duard kan nie glo dat die vurige meisiekind wat hom minute gelede uitgevreet het staan nou snikkend voor hom nie.

Vir ‘n wyle weet hy nie hoe om die situasie te hanteer nie.

Die vurige Niekie sien hy voor kans, maar die snikkende een is ‘n kurwebal.

“Is jy oukei?”

Sy snik teen sy hemp.

“Nee, ek is nie oukei nie. Ek is ontvoer en op ‘n bed vasgebind. Clive het gereeld gedreig om my te verkrag. En ek moes …”

Maar sy sien nie kans om te vertel hoe sy verneder is nie.

Sy onthou skielik die vrees, Clive se snedige stem, sy warm tong teen haar wang.

Sy klou aan die gespierde man voor haar.

Sy het op hierdie oomblik nodig om veilig te voel.

Sy gee nie om of sy gewoonlik dink die rolprentster is arrogant nie.

Sy wil sy arms weer om haar voel en sy wil veilig voel.

Sy lyf ruik na eksotiese speserye en hout. Die aroma het ‘n magnetiese , kalmerende uitwerking op haar week gemoed.

”Hou my ‘n rukkie vas,” hoor sy haar eie lippe sê.

Haar brein gooi rooi gevaarseine uit.

“Ek was so bang,” hoor sy haar lippe sê.

“Ek het gedink ek gaan nooit lewendig daar uitkom nie.”

Die snikke neem weer oor.

Duard is ‘n man wat al in werklike oorlogsituasies geveg het.

Hy het al gevlug vir sy lewe terwyl die mortiere om hom ontplof, maar trane … Hy kon nog nooit ‘n vrou se trane hanteer nie.

“Jy is nou veilig hier by my. Ek sal nie toelaat dat so iets ooit weer met jou gebeur nie.”

Hierdie keer is dit hy wat nie die woorde kan glo wat oor sy lippe spoel nie.

En dit nogal in Afrikaans!

As jy Vlam Hoofstuk 40: Spervuur geniet het, gaan jy baie van ons voorlesings, geskryf deur Martie Swanepoel, hou! Klik hier om na Botox, Barbies en Bietse te luister, en hier om na Dans met die rooi rok te luister.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.