kategorieë: LeesOntspanning

Vlam hoofstuk 41: Anna

Vlam hoofstuk 41: Anna deur Martie Swanepoel

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

As jy nog nie die vorige hoofstukke van Vlam gelees het nie, klik hier

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Vlam hoofstuk 41: Anna

Duard sorg dat Niekie nie sy makkers sien nie. Wat haar betref, is dit Loxton en sy manne wat die reddingsoperasie uitgevoer het. Sy kan net nie verstaan wat die Amerikaanse akteur op die toneel gedoen het nie? Waar het hy skielik vandaan gekom?

Sy is doodstil op pad na die kantoor. Haar gedagtes hardloop heen en weer oor die gebeure van die ontvoering … en haak vas by die vurige soene van Duard wat haar wange steeds laat gloei!

Sy voel selfbewus oor haar swakheid. Sy verslap nie gewoonlik haar waaksaamheid teenoor mans so vinnig nie. Maar sy troos haarself dat sy getraumatiseerd is en dat die filmster dit uitgebuit het!

Sy probeer ongemerk na die man kyk wat die motor bestuur. Vir ’n Amerikaner ken hy die stad besonder goed.

En sy Afrikaans! Het hy net die gawe om ’n moeilike taal blitsvinnig aan te leer of het die Amerikaner iets om weg te steek?

Sy foon lui.

Hy praat Frans, maar sy kan nie die trant van die gesprek volg nie.

Hierdie man het vele geheime. Sy sal moet ligloop vir hom, beslujt sy. Sy sal nooit weer haar pose in sy teenwoordigheid verloor nie.

Hierdie man is onvoorspelbaar en die feit dat haar wange nie wil ophou gloei nie,  skryf aan haar voor dat sy so ver moontlik van hom moet wegbly tydens die volgende maand se verfilming.

“Loxton sal jou by die kantoor kom sien. Hy sal dinge van daar neem.”

Sy is verbaas.

“Wat het jy met hierdie operasie te doen? Ek het nie geweet die polisie roep nou die hulp van filmsterre in om hulle te help nie?”

Duard lag. “Ek sien jy begin weer oukei voel?”

Sy bloos in die donker.

“Jy het my in ’n oomblik van swakheid misbuik!”

Hy lag weer.

“O, ek sien jy voel inderdaad weer jou ou self, Vlam! Dis my meisie. Bons terug. Moenie dat dit wat daardie boewe aan jou gedoen het jou onderkry nie! Ek het geweet jy is ’n sterk meisiekind!”

Hoekom voel sy hy het die emosionele oorhand in die situasie? Tyd om hom weer op sy plek te sit.

“Wat steek jy alles weg?”

“Huh?” Hy weet presies wat sy bedoel, maar hy keer vir ’n vale.

“Waar het jy geleer Afrikaans praat?”

Hy lag geheimsinnig.

“O, ek het ’n baie sexy leermeesteres gehad wat my die afgelope maande op meer as een manier touwys gemaak het! Maar ek kan ongelukkig nie al die frases herhaal wat sy my geleer het nie. Daar is ’n ouderdomsperk op, sien? O, daardie Anna was ’n ongelooflike leermeesteres. ’n Ware Meesteres, as jy weet wat ek bedoel?”

Niekie se brein is nog nie weer op volle sterkte nie.

“Meesteres? Godsdienstig?”

Hy skater.

“Nee, die soort met ’n leerpakkie en swepie.”

“O.”

Niekie se wange brand opnuut. Die ellendige man kry dit reg om haar elke keer onkant te vang.

“Ek stel nie belang in jou rowwe sekslewe nie, dankie. Vertel my eerder hoe dit gekom het dat jy saam die polisie by die reddingspoging betrokke was?”

Duard dink vinnig.

“Ek het Henk ’n guns gevra. Hy het Loxton gevra of ek as waarnemer betrokke kan wees. Net vir die ondervinding, jy sien? Ons akteurs kry mos nie altyd die kans om regte aksie te ervaar nie. En ja, toe staan ek toevallig op die regte tyd op die regte plek en siedaar! Ek kon die held wees wat die meisie red!”

Iets aan sy storie maak nie vir Niekie sin nie. Sy kan sweer hy is ‘n gladde liegbek, maar sy is moeg. Sy wil by die kantoor kom en haar pa sien. Dan wil sy haar verklaring voor Loxton aflê, ‘n paar glase wyn drink en ure in ‘n borrelbad gaan lê.

‘n Warboel emosies wag by die kantoor op haar.

Duard neem haar by die sydeur in, direk na Henk se kantoor. Sy is te moeg om vrae te vra. Sy is te bly om haar pa te sien. Sy gee nie eens om dat almal haar tranedal sien nie. Sy huil dat die snot en trane spat. Om haar pa se veilige arms om haar te voel, is al wat saak maak.

Henk en Pieta staan ongemaklik eenkant en wag om elkeen ook ‘n broederlike drukkie in te kry.

Soos altyd, weet Henk wat sy op daardie oomblik nodig het.

“Ek gooi vir jou ‘n tweevinger-whisky op ys voor Loxton kom. Dit kan dalk ‘n uitputtende verklaring wees. Maar dis beter dat jy dit afhandel.”

Die whisky brand haar keel, maar maak haar maag warm. Die kalmerende gevoel spoel gou oor haar.

“Hoe gaan dit met die drama by die selle?”

Henk is dankbaar sy vriendin is veilig.

“Dis nog nie die einde van die drama nie, maar ons is dankbaar jy is nou veilig. Wag, hier kom Loxton-hulle nou.”

Niekie en Loxton en ‘n vrouekonstabel bring ‘n uur alleen in een van die fotograwe se kantoor deur. Danksy haar ervaring as joernalis, het haar suwwe brein reeds al die inligting in die chronologiese volgorde geberg.

“As julle nou klaar is met my meisiekind, wil ek haar na haar woonstel neem. Ek dink sy het nou rus nodig. Ek neem aan sy het more … en bedoel vandag, af, Pieta?”

Pieta lag en gee Niekie ‘n drukkie.

“Ek wil jou nie naby die kantoor sien vir die volgende twee dae nie. Gee ons asseblief ‘n break, Vlam!”

Die atmosfeer in Henk se kantoor is skielik lig en lekker. Al die spanning van die afgelope ure word met ’n loopdop afgesluk.

“Nou maar dan is dit tyd vir ‘n Hollywood-mannetjie om ook in die bed te kom. Die aand se avontuur was amper te veel vir my sensitiewe gestel. Ek sal more vir ‘n masseersessie en facial moet gaan om die stres te verwerk. En dan sal ek Anna moet bel om my verder te help ontlaai.”

“Anna?” vra Henk.

“Vra maar vir Niekie, ek het haar alles van Anna vertel.”

Niekie wens die man wil nie so verwaand wees nie. Sy is nog besig om die laaste brokkie te verwerk, as Duard haar voor almal nadertrek en ‘n klapsoen op die mond gee.

“Dankie vir ‘n opwindende aand, Vlam,” sê hy weer in foutlose Afrikaans.

Of Anna het hom goed geleer, of hy lieg dat dit bars, dink sy.

Hoor hier!

As jy van Vlam hoofstuk 41: Anna gehou het, is ons seker jy gaan mal wees oor ons twee voorlesings: Botox, Barbies en Bietse en Dans met die Rooi Rok. Dis gratis!

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

4 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

4 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

4 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

4 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

5 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

5 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.