kategorieë: LeesOntspanning

Vlam hoofstuk 43: Trip

Vlam hoofstuk 43: Trip deur Martie Swanepoel. Foto’s: pexels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

As jy nog nie die vorige hoofstukke van Vlam gelees het nie, klik hier om op te vang

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Vlam hoofstuk 43: Trip

Die inspuiting spoel soos ‘n lawende golf oor haar.

Sy voel hoe die hospitaalbed begin sweef op ‘n wolk.

Die dokter in die noodeenheid lyk vir haar al hoe aantrekliker.

“Ek dink jy het ‘n spier verrek,” sê die aantreklike dokter.

Sy probeer op sy mond fokus, want dit is waar die klank vandaan kom. Dit klink asof hy in ‘n vakuum met haar praat.

“Hoekom klink jou stem so snaaks? Jy klink soos Donald Duck? Onthou jy vir Donald Duck?”

Die dokter buig bekommerd oor haar.

“Het jy vanoggend enige ander medikasie geneem?”

Sy fokus op die man se mond.

Agter hom sien sy nog ‘n man.

‘n Aantrekliker een!

“Sjoe, maar julle twee is handsome? Wowzer!”

Die dokter se gesig buig weer oor haar.

“Watter ander medikasie het jy geneem?”

“Wowzer! Julle twee is so-o-o-o sexy!”

Die dokter herhaal sy vraag.

“Hmmmm, laat ek onthou. Hmmm. Het jy al probeer mediteer?”

“Mej. Branders? Kan jy onthou of jy ander medikasie geneem het?”

Sy probeer onthou. Soet tee. Pienk pille. Hoeveel van daai pienk pille het sy gesluk?

“Hmmm, ek het van die pienk pille gedrink wat my moet help om Duard te vergeet. Ek dink twee keer? Of was dit drie? Ek het gemediteer, maar ek kon hom nie vergeet nie. Weet jy, hy het my gesoen? So ‘n lekker lang soen! Oeee, lekker hoor? Hmmm. Toe probeer ek mediteer. Maar dit het nie gehelp nie. Maar daai wawiel! O vrek, dit was ‘n fout! Ek het my gaai af geval! Wat is jou naam, dokter? Jy is so sexy! Wie is daai man agter jou? Hy lyk ook vir my bekend.”

Die dokter en die sexy man agter hom praat.

“Ek dink die medikasie wat sy geneem het en die pynmedikasie wat ons vir haar gegee het is bietjie sterk saam. Sy is bietjie deurmekaar. Ons sal haar ‘n ruk monitor voor jy haar huis toe kan neem.”

Vlam hoofstuk 43: Trip

Die dokter loop. Die man agter hom kom sit langs haar. Hy lyk baie soos Duard. Sy voel hoe die bed met haar tol.

“Jy sal so oor ‘n uur of twee beter voel. Jy is bietjie op ‘n trip van al die medikasie. Maar ten minste is jou pyn nou beter.”

Sy sien die lagplooitjies langs sy oë. Sy voel met haar vingers daaraan.

“Jy het sexy lagplooitjies. Jy lyk nes daai Hollywood-ster.”

Hy lag.

“Jy is bietjie op ‘n trip.

“Trip? Nee, ek gaan nêrens nie. Ek is met siekverlof. Trauma. Ek is mos ontvoer? Het jy gehoor? Toe kom red daai sexy actor my mos, en toe soen hy my dat my wange gloei. Jissie ek is nou dors!”

Duard hou ‘n glas water voor haar. Sy sluk dit met een teug af.

“Down! Down! Is jy ook nou lus vir ‘n shooter?”

Hy lag.

“Lê nou stil. Jy is klaar op ‘n trip. Alkohol is die laaste ding wat jy nou nodig het.”

Sy probeer konsentreer op wat die man sê.

“Ek sê mos ek gaan nie op ‘n trip nie! Ek moet rus, en probeer om daai blerrie man te vergeet! Het jy nog ‘n dop vir my?”

Hy hou nog water voor haar mond.

“Cheers!” sê sy en sluk dit weg.

“Het ek jou al vertel daai actor het my gesoen?”

Hy lag.

“Vertel my weer.”

Sy trek die laken oor haar kop.

“Nou kry ek skaam.”

Hy lag weer.

“Probeer nou om jou roes af te slaap.”

“Huh?”

“Ek sê jy moet probeer slaap. Jy sal oor ‘n uur of wat beter voel.”

Sy probeer weer op hom fokus. Dit lyk of hy weg sweef.

Sy slaap twee uur lank asof sy ‘n uitklophou gekry het. As sy wakker word, raak sy bewus van ‘n dowwe pyn in haar rug. Sy kyk rond. Sy is nie in haar kamer nie. Die ligte bokant die bed is skerp. Sy loer rond. ‘n Hospitaal!

Sy probeer onthou wat gebeur het. Die ontvoering? Nee dit was nie die ontvoering nie. Sy is mos gered. Sy was mos by haar woonstel? Sy onthou sy kon nie ontspan nie.

Daai bleddie Duard! Sy onthou sy wou hom vergeet. Die wawiel!

O vrek!

Sy loer in die kamer rond. Daar sit hy in die hoek in ‘n stoel en slaap! Nee!

Sy lê en dink aan die benarde situasie waarin sy haar bevind. Sy het geen idee wat die afgelope paar uur met haar gebeur het nie.

Sy probeer onthou.

Die dokter was vreeslik sexy. Of was hy? Sy onthou dat sy hom vertel het hoe sexy hy is! Of het sy? Wat het sy als kwytgeraak? Het sy ‘n spektakel van haarself gemaak?

Sy wens sy kan stilletjies opstaan en uitsluip. Sy skaam haar dood! Sy onthou iets van “’n trip”. Was sy op ‘n trip? Die kalmeerpille? Die pynpille? Die inspuiting? Was sy op ‘n trip? Sy onthou haar bed het op die wolke gesweef.

Sy trek die laken oor haar kop. Sy wens sy was liewer dood!

“En nou, hoekom kruip jy weer weg?”

Dis hy!

“Los my, ek is dood.”

“Nee, jy is nie. Voel jy beter?”

Sy wens sy kan vir ewig onder die laken wegkruip.

“Wat het gebeur?”

Hy trek die laken weg.

“Die medikasie het jou ‘n bietjie gevang.”

Sy vrek van skaamte, maar sy vra hom.

“Het ek nonsens gepraat?”

Hy lag.

“Beslis nie.”

“Wat bedoel jy?”

“Jy het my vertel ek is onweerstaanbaar aantreklik en hoe jy my soene geniet!”

Sy trek die laken weer oor haar kop.

Hy trek dit weer weg.

“En toe slaap jy. Jy snork lekker as jy op ‘n trip is. Jy het gedrool ook!”

Sy ruk die laken uit sy hande en trek dit weer oor haar kop.

“Ek sal bly wees as jy my nou alleen sal los.”

Dis ‘n rukkie stil in die kamer.

Het hy geloop?

Sy lig verlig die laken.

“Ek het mos gesê jy moet loop?”

“Jy is vreeslik sexy as jy op ‘n trip is, weet jy?”

Sy voel hoe ‘n skaam gloed oor haar sprei.

“En as jy snork, o, dit doen dit vir my!”

As jy van Vlam hou, sal jy ons twee voorlesings geniet: Botox, Barbies en Bietse en Dans met die rooi rok – dis ook gratis!

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

7 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

7 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.