kategorieë: LeesOntspanning

Vlam hoofstuk 44: Slymbol

Vlam hoofstuk 44: Slymbol deur Martie Swanepoel. Hooffoto: pexels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

As jy nog nie die vorige hoofstukke van Vlam gelees het nie, klik hier om op te vang

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Vlam hoofstuk 44: Slymbol

Niekie het klomp werk om af te handel voor sy saam die rolprentspan Angola toe kan gaan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Sy begrawe haar in haar werk om van haar trip-verleentheid en van die ontvoering te vergeet.

Dis nou drie dae wat sy niks van Duard gehoor het nie en dis beter so, het sy haarself oortuig. Die man is sekerlik besig met ‘n speletjie. Hy lok vroue uit, en dan, as hulle vir hom val, ignoreer hy hulle. Sy ken sy soort, en sy gaan nie langer aan sy speletjie deelneem nie. Van nou af hanteer sy die Hollywood-akteur op ‘n professionele vlak.

Dis soos sy haar voorneem om te doen.

Maar iets pla haar.

Duard se perfekte Afrikaanse aksent, en sy teenwoordigheid die aand van die redding wat net nie heeltemal vir haar sin maak nie.

Haar pa klap so toe soos ‘n boek oor daardie aand.

“Al wat vir my belangrik is, is dat jy veilig is. Wat maak dit nou saak as die polisie die Hollywood-man toegelaat het om te gaan kyk hoe hulle werk? Die man was mos nie in die pad nie?”

Sy ken haar pa. As hy klaar gepraat het oor iets, is hy klaar.

Henk is haar volgende teiken. Sy het nog altyd ‘n slag met Henk gehad. Sy keer hom na deadline vas in sy kantoor.

“Wat het Duard daardie aand by die reddingsdrama gemaak?”

Henk speel so cool soos hy kan.

“Hy het lekker maats gemaak met Loxton-hulle. Hulle het hom toestemming gegee om saam te gaan as waarnemer. Hulle het hom in ‘n posisie geplaas waar hy nie in die pad sou wees nie.”

“Reg voor die gebou se ingang?”

Henk hou hom besig met iets op sy rekenaarskerm.

“Ek weet nie waar hulle hom geplaas het nie. Ek is seker hulle sou jou nie in gevaar gestel het nie.”

Sy byt nie aan sy verduideliking nie.

“Hy was in so ‘n diskrete posisie dat hy my voor die deur kon wegraap toe die skietery begin?”

Henk tik vir ‘n vale.

“Jis, ja, was hy nie op die regte tyd op die regte plek nie?”

Hy oortuig haar glad nie.

“En die kamoefleerdrag wat hy aangehad het?”

Henk vroetel nou in sy laai.

“Seker maar een van sy vorige kostuums.”

Niekie is ‘n joernalis. Geen woord van die hele storie maak vir haar sin nie.

“En hy dra die uniformpie altyd saam met hom in sy bagasie?”

Henk swaai en swenk die gesprek, maar Niekie laat hom nie wegkom nie.

“En die foutlose Afrikaans? Kamma by ene Anna geleer?”

Die wêreld raak nou vuurwarm rondom Henk. Hy soek uitkomkans. Hy moet Niekie van stryk probeer afkry.

“So van Duard gepraat? Hoe het dit gekom dat hy jou hospitaal toe gevat het met jou rugbesering?”

Kolskoot! Niekie is skoon ontsenu.

“Ek het jou gebel en jy het nie geantwoord nie. Toe ek in pyn was. Watse soort pel is jy?”

Henk voel nou in beheer.

“Is daar iets tussen jou en die akteur? Hoekom sorg hy dat hy altyd naby jou is?”

Niekie het nie nodig dat Henk haar ook moet herinner aan Duard en sy attensies wat haar lewe omkrap nie.

“Om die waarheid te sê, Henk, ek wonder self wat daardie man se plan is. Ek dink hy probeer my vlei omdat ek hardegat met hom is en dan wil hy my verlief maak op hom. En dan, as ek val, wil hy my los. Ek het al van sulke gevalle gelees. Dis wat sommige arrogante mans doen.”

Henk luister aandagtig.

“Sowaar? Dink jy dis sy plan? Ek het gesien hoe kyk hy na jou.”

Maar Niekie het ‘n antwoord reg.

“Hy is ‘n akteur, onthou jy? Dis hoe hy veronderstel is om vir elke romantiese heldin te kyk wat teenoor hom speel.”

“Sowaar?” Henk lag beterweterig.

“Hy is ‘n slymbol. Hy dink elke vrou in die wêreld is verlief op hom. Wel, hy gaan my nie in sy sjarmante strikkie vang nie!”

“Net so, Vlam, ek kan aan jou hele oordadige reaksie sien jy het nie vir die man geval nie.”

Niekie vererg haar. Henk raak aan ‘n teer punt.

“Die man het my uit ‘n gevaarlike situasie gered. Ek was kwesbaar en hy het dit uitgebuit. Dit was sy kans om my op my swakste oomblik te vang.”

“Ja, ja, Vlam, en toe was hy toevallig by om jou te red toe jy jou rug seergemaak het. Daarvan gepraat. ‘n Wawiel in daardie klein sitkamertjie van jou? Wat het jy gedoen? Was jy op ‘n trip?”

Wat is dit met al die mense en die “trips”?

“Ek wou my stres ontlaai. Toe doen ek joga en en besluit ek het lanklaas ‘n wawiel gedoen.”

“Wragtag, Vlam? Jy het besluit jy het lanklaas ‘n wawiel gedoen? Wat gaan aan met jou? As ek jou nie so goed geken het nie, het ek gesweer jy is verlief. Wat gaan aan met jou?”

Niekie is vasgekeer en dit is haar beurt om Henk onkant te vang.

“Moenie my aandag probeer afrek van wat daardie aand met die redding gebeur het nie! Hoekom moes ons almal geheimsinnig hier in jou kantoor op Loxton wag? Hoekom was Duard in sy oorlogpakkie heeltyd hier? Henk? Jy en my pa en Pieta en Duard, julle almal lieg oor daai aand en ek gaan die waarheid nog ontrafel. Ek weet daai Duard-vent het ‘n duister geheim en ek gaan dit uitrafel nog voor hy sy fliek hier in Suid-Afrika klaarmaak. Ek gaan elke stukkie van sy geheim oopvlek. En, jy kan van een ding seker wees, hy gaan my nie in sy liefdesnet vang nie. Ek is nie so desperaat nie. Ek is nie soos al die ander vroue wat vir hom val nie. Ek is nie sy Anna of sy Melissa nie. As jy weer jou groot pel raakloop, sê hom hy beter my uitlos. Met my gaan hy moeilikheid optel. Ek sal uitvind wat hy agter sy gladdebek wegsteek.”

Niekie vlieg by Henk se deur uit.

Haar wange gloei van woede.

Sy is reg vir Angola.

Sy is reg vir daai Hollywood-Casanova en sy oorlogpakkie.

As jy van Vlam hou, sal jy ons twee voorlesings geniet: Botox, Barbies en Bietse en Dans met die rooi rok – dis ook gratis!

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.