kategorieë: LeesOntspanning

Vlam hoofstuk 45: Déjá vu

Vlam hoofstuk 45: Déjá vu deur Martie Swanepoel

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Vang eers op met die vorige hoofstukke van Vlam. Klik hier.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Vlam hoofstuk 45: Déjá vu

Pieta het sy kenmerkende skewe glimlag. Tandestokkie in die hoek van die mond.

“Jy wou my sien?” Niekie ken hom. Die uitdrukking op sy gesig voorspel niks goed nie.

Hy verplaas die tandestokkie na die ander mondhoek. Dis ‘n slegte teken. Dit weet Niekie.

“Jou bestie land vanmiddag op OR Tambo.”

“My bestie?”

Pieta geniet elke oomblik.

“Daai actress waarvan jy so baie hou. Die een met dieselfde groen rok as jy. Claudia het gebel, jy sal haar moet gaan ontmoet.”

Niekie sien eers smaraggroen, dan sien sy rooi.

“Nee, jy kan iemand anders stuur.”

Pieta rol die tandestokkie na die ander mondhoek.

“Dis jou storie. Hoe sal dit dan nou lyk as die ander persmense daar is en jy, haar beste vriendin, is nie daar nie?”

Hy lag te lekker.

“Henk het die kar uitgeboek. Sorg dat jy ‘n lekker quote van haar kry. En nie die gewone van hoe bly sy is om in ons sonskynland te wees nie. Ek soek ‘n spesiale quote by die foto vir bladsy drie. As dit goed is, bladsy een.”

Niekie rol haar oë soos ‘n stout kind wat nie lus is om haar huiswerk te gaan doen nie.  Van die eerste dag wat sy aan die hele storie geraak het, het haar lewe in een lang nagmerrie ontaard. En Melissatjie speel die vroulike hoofrol in die riller.

Twee uur voor die aktrise land, stap sy af na die fotograwe. Henk het ‘n smalende glimlag op sy gevreet.

“Hoogtepunt van jou dag?”

Sy gluur hom aan.

“Ag man, bly stil. Ek glo jy sal dit geniet om jou lens op daardie vrou se sensuele lyf te fokus. Sy hou mos van klere wat ‘n paar nommers te klein is vir haar.”

Henk is op sy stukke.

“Bahalwe daai groen rok. Dit het haar soos ‘n handskoen gepas. Ek het mooi na die foto’s gekyk, dis asof daardie rok spesiaal net vir haar gemaak is.”

Hy is moedwillig. Hy weet hy beweeg nou op gevaarlike terrein.

“Ons moet nou ry. Ek is nie lus om op die lughawepad vas te sit nie. Pieta kry die stuipe as ons nie die beste pozzie op die lughawe kry nie.”

Daar is reeds talle lede van die plaaslike en internasionale pers in die private aankomssaal waar die groot Hollywood-aktrise ontvang gaan word.

Henk stel sy ligte leertjie op ‘n goeie plek op.

Dis Niekie se werk om haarself en haar mikrofoon deur die hordes persmense te wriemel en om  die akrise vas te pen met ‘n goeie vraag.

Niekie het die hele oggend gedink watter vraag sy Melissa kan vra wat geen ander lid van die pers sal vra nie. Sy het ‘n paar oproepe gemaak. Sy kan Melissa nie verduur nie, maar sy is steeds ‘n joernalis en sy sal sorg dat sy die beste aanhaling kry. Pieta maak op haar staat.

Die promosiemense van die lughawe hardloop opgewonde heen en weer as die aankondiging gemaak word dat die aktrise se vlug geland het.  Die persmense begin mekaar uit die pad skouer en Niekie laat nie op haar wag nie. Sy is al gewoond aan die soort ding en as daar geskouer word, skouer sy ewe hard!

Melissatjie sprankel asof sy nie pas van New York af gevlieg het nie. Geen haar uit sy plek. Geen powwerigheid om die oë, blosende gelaat.

Die biets in Niekie se agterkop wens sy kan die vroumens pootjie.

Die aktrise glimlag skatlik en beantwoord vrae links en regs. Sy vertel in vleiende taal hoe “vreeslik sy daarna uitgesien het om die sonnige Suid-Afrika te besoek” en “hoe pragtig die mense is”. Sy “kan die hartlikheid in die skare aanvoel”.

“Behalwe by my,” dink Niekie by haarself terwyl sy haarself vorentoe wurm met haar mikrofoon.

Dis net die oomblik wat ‘n blok van ‘n joernalis van Brittanje ook besluit dit is sy groot oomblik om met mej. Garbers te praat. Sonder om te aarsel, skouer hy Niekie dat sy daar trek. In die breukdeel van die sekonde wat Niekie deur die lug trek, besef sy Karma het haar wense om die aktrise se pootjie gehoor en toegeslaan.

Niekie struikel oor ‘n fotograaf se leer en trek soos ‘n torpedo vorentoe. Tot reg voor die aktrise se voete.

Déjà vu!

“O, mej. Branders? Ons ontmoet weer?”

Niekie voel hoe die kameras rondom haar flits. Sy hoor talle mense lag. Sy kyk op, reg in die aktrise se spottende oë vas. Melissa buig sjamant vorentoe om Niekie op te help. Die woorde sis saggies deur haar rooi lippies.

“Is dit jou manier om aandag te trek, of is jy net die lompste mens op aarde?”

Niekie is nie in beheer van haar lippe nie.

Die woorde spoel sag en sissend terug.

“Og, dis seker oor ek so hopeloos verlief is. Duard het jou seker vertel van ons vuurwarm vryery?”

Dan skraap Niekie al haar moed bymekaar en basuin haar amptelike vraag kliphard uit.

“Mej. Garbers, dis maar jou skoonheid wat my so van my voete slaan! Is dit waar dat jy navraag gedoen het oor die misdaadsituasie in Suid-Afrika?”

Niekie sien sy is in die kol.

“Dis maar net ‘n natuurlik voorsorg. Julle het immers van die hoogste misdaadsyfers in die wêreld!”

“En jou hotelverblyf? Is dit waar dat jy ‘n waarborg gevra het dat dit veilig moet wees?”

Niekie sien al die opskrif by die storie: Garbers vrees SA misdaad.

By die kantoor klap haar kollegas hande as sy by die deur inkom.

Pieta lag!

“En daar doen onse Niekie dit weer! Val voor die wêreld se pers!”

Die enigste manier waarop Niekie die situasie kan red, is om ‘n buiging te maak.

“En daarmee, het ek al die actress se aandag op my gevestig en die beste aanhaling gekry! Hoe’s daai?”

Net na deadline flits Niekie se foon ‘n boodskap.

“Jissie, jy is ‘n drama queen!”

As jy van Vlam hoofstuk 45: Déjá vu gehou het, gaan jy mal wees hieroor! Luister nou na ons gratis voorlesings van Martie Swanepoel se gewildste werke: Botox, Barbies en Bietse en Dans met die rooi rok.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.