kategorieë: LeesOntspanning

Vlam hoofstuk 49: Sirkus

Vlam hoofstuk 49: Sirkus deur Martie Swanepoel

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Vang eers op met die vorige hoofstukke van Vlam. Klik hier.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Vlam hoofstuk 49: Sirkus

Soos te wagte maak Mediahuis en die rolprentvervaardigers ‘n groot gedoente van die vertrek van die rolprentspan na Angola.

Duard en Melissatjie poseer links en regs in klere wat geborg word deur ‘n groep wat safari’s aanbied.

Henk en Niekie staan eenkant.

“Soos my pa sê, ‘sit back and enjoy the circus’” sis Niekie deur haar tande.

“Lyk sy nie te skatlik in haar bospakkies nie? Ek kan nie wag om haar in aksie te sien in haar rol nie. Sekskat.”

Niekie gluur na Henk.

“Is dit al waaraan julle mans kan dink? Die vrou is hier om ‘n rol te vertolk. Dit is nie ‘n rol as seksgodin nie.”

Henk kyk haar verstom aan.

“O, skerm jy skielik vir haar? Het julle regtig opgemaak? Sjoe, ek het nie gedink ek sal die dag beleef dat jy iets goeds vir haar te sê het nie.”

Niekie is op haar stukke en gereed met ‘n antwoord.

“Dis nie vir haar wat ek skerm nie, dis vir vroue wat julle mans se graag net as seksobjekte wil sien. Melissa is net ‘n voorbeeld. Sy speel die rol van ‘n oorlogkorrespondent en nie ‘n sekskat, soos jy haar noem nie.”

Henk se verbasing neem toe.

Wow! Het ons vanoggend vir Simone de Beauvoir in aksie? Askies dat ek leef en ‘n man is! Watse femministiese uitbarsting is dit? O ja, ek vergeet, jy is mos al dae lank in ‘n slegte bui. Hap en byt na almal na daai vreeslike soen.”

Dit moes Henk nie gesê het nie!

“Wat is dit met almal wat ‘n ophef maak van ‘n soen? Dit was net dit, ‘n soen.”

“Dis jy wat die ophef maak oor die soen. Dis al waaroor jy tob en ons almal se lewens hel maak. Jy is smoorverlief en jy fight dit. Toe, beken dit nou.”

Rooi woedegloede skiet teen Nioekie se nek op.

Die volgende paar weke gaan ‘n nagmerrie wees. Sy het gelukkig ‘n paar pakkies kruie-kalmeerpille ingepak. (Deesdae gebruik sy liefs net kruiepilletjies om haar te kalmeer.) Maar gekalmeer sal sy moet wees as  sy nie haar naam nog verder krater wil maak in Duard se teenwoordigheid nie.

‘n Paar van die gryspak-manne van Mediahuis is ook teenwordig by die mediasirkus.

“Kan ons ‘n foto van Melissa neem saam met Niekie Branders? Sy is immers ‘n bekroonde oorlogkorrespondent?”

Niekie wens sy kan Johan Jooste op sy maermerrie gaan skop.

Claudia kom neem haar ferm aan die arm. “Dis nou die tyd om jou in te hou, Nicola. Almal se oë is op jou. Moenie ‘n flop hiervan maak nie anders is jou loopbaan daarmee heen. Onthou, ons het ‘n verklaring uitgereik dat die dispuut tussen jou en Melissa opgelos is en dat julle op vriendskaplike voet die skiet van die rolprent gaan aanpak.”

Niekie antwoord Claudia nie en stap soos ‘n onwillige lam-ter-slagting na die fotosessie. Melissatjie glimlag skatlik en sit haar lang slanke arm om Niekie se skouers. Niekie voel hoe die vrou se naels in haar bo-arm insny.

“More, Niekie. Hoop jy slaap deesdae beter? Ek was so bekommerd toe jy ons daardie nag gebel het? Ek het gewonder, hoekom sal ‘n vrou ‘n man twee-uur in die oggend wil bel? Wat op aarde wou jy bespreek? Ek vertrou jy sal nie weer ons slaap onderbreek nie?”

Niekie kou die binnekante van haar wange van woede. Sy konsentreer daarop om haar tong in toom te hou. Sy sal al daardie kruiepilletjies in die eerste week moet wegsluk!

Sy glimlag so vriendelik wat sy kan vir die kameras.

‘n Verslaggewer van die Mail laat nie die oomblik verbygaan nie. Hy vra die vraag wat Niekie vrees.

“Is daar nou weer vrede sussen julle? Ons lesers sal graag wil weet of julle dit gaan regkry om in vrede saam te werk? Niekie Branders? Kan jy asseblief antwoord?”

Niekie probeer om hom nie aan te gluur nie. Sy plak haar liefste glimlag aan en dink net aan haar huisverband en karpaaiemente. Sy kan nie nou bekostig om haar humeur te verloor en om haar werk te verloor nie.

“Ons het die misverstand opgelos en sien daarna uit om saam te werk. Ons is professionele beroepsvroue en wil graag saamspan om aan die wêreld te wys dat vroue ‘n uitmuntende rol as oorlogkorrespondente speel.”

Niekie kan nie glo watter woorde sy oor haar eie lippe hoor nie!

Na die foto staan Henk nader.

“Hel, Niekerbol, wanneer het jy so ‘n vurige feminis geword? Is dit Claudia se invloed?”

Sy gee hom ‘n moordende kyk en gaan staan eenkant.

En dit is juis waar Claudia en een van die gryspak-manne haar vaskeer.

“Geluk, Nicola, jy het jou uitstekend van jou taak gekwyt. Ons vertrou dat jy daarmee sal kan volhou tydens die verfilming. Onthou, daar is groot geld vir Mediahuis betrokke.”

Niekie weet hoe om die korporatiewe spel te speel as dit nodig is.

“Soos ek gesê het, ek en Melissa is beide professioneel.”

Voor sy wegstap, trek Cludia haar eenkant.

Sy fluister sag in Niekie se oor.

“Vasbyt ou girl, ek is trots op jou. Wys hulle!”

As jy van Vlam hoofstuk 49: Sirkus gehou het, gaan jy mal wees hieroor! Luister nou na ons gratis voorlesings van Martie Swanepoel se gewildste werke: Botox, Barbies en Bietse en Dans met die rooi rok.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

7 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

7 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.