kategorieë: LeesOntspanning

Vlam hoofstuk 50: Misterie

Vlam hoofstuk 50: Misterie deur Martie Swanepoel

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Vang eers op met die vorige hoofstukke van Vlam. Klik hier.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Vlam hoofstuk 50: Misterie

Dis vir Niekie ‘n verligting toe haar pa en ‘n paar  van sy ou buddies op die filmstel opdaag. Sy het haar pa nodig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Op die oomblik voel dit of almal teen haar gekant is. Duard groet haar net hoflik en sy het al gewoond geraak aan Melissa se vyandige blikke.

Henk bly ook uit haar pad en blykbaar is die res van die rolprentspan ook lugtig vir haar.

Altans, so dink sy.

Sy soek die karavaan waarin haar pa gaan slaap. Sy het regtig ‘n lekker vaderlike drukkie nodig.

Voor sy om die hoek kom, hoor sy haar pa praat.

“Ek weet dit gaan vir jou moeilik wees, ou seun, maar jy moet dit doen. Dit is al hoe jy vrede sal kan maak met die situasie. Ek sal by jou wees. Dit sal vir my ook belangrik wees.”

Sy hou nie daarvan om af te luister nie, maar sy herken Duard se stem, en hy praat Afrikaans met haar pa! Sy ruik al lankal ‘n rot oor Duard se foutlose aksent. Nou hoor sy hoe hy ‘n foutlose Afrikaanse gesprek met haar pa voer en dit is beslis nie deel van sy rol nie!

“Oom Niek, ek waardeer wat jy vir my doen. Ek is hier om vrede te maak met my verlede. Ek kan dit nie altyd so saamsleep nie. Dit vreet aan my. Ek is bly ek kan saam met oom deur die ding gaan.”

Ongelukkig onderbreek ‘n lid van die rolprentspan die gesprek, maar Niekie wil haar pa en Duard wys sy is bewus van hul vreeslike broederskap.

“En toe? Waaroor gesels julle twee so lekker? Duard, kry jy tips om ‘n soldaat te wees?”

Haar pa probeer keer.

“Niekie, kom ons hou dinge vreedsaam.”

Maar Duard het die aas gesluk.

“Ek leer by die beste, Niekie. Jou pa is ‘the real thing’ en ek sal graag wil hoor hoe hy die grensoolog oomblik vir oomblik beleef het.”

Niekie wil haarself bedwing, maar sy is op die aanval.

“Ek dog julle twee het al baie oor die oorlog gepraat? Sjoe, Pa moet net hoor hoe oulik praat Duard al Afrikaans!”

Sy weet haar woorde gaan die twee effe ruk.

Duard is vinnig met ‘n antwoord.

“Ek en Melissa het juis die afgelope week baie aan ons Afrikaanse lyne geoefen. Ek geniet dit nogal. Veral die romantiese lyne. Soos ek in ons onderhoud genoem het, ek hou daarvan om my in my rolle in te leef. As ek ‘n soldaat speel, wil ek ‘n soldaat in murg en bloed wees.”

Niekie se tong is skerp geslyp.

“Ek glo jy gaan jou ook in die romantiese tonele met Melissa kan inleef? Julle twee oefen mos so hard?”

Duard lag moedswillig.

“Ja, ons oefen en oefen. Dit is al hoe mens die beste uit die tonele kan kry.”

Die vlamme in Niekie se nek verraai haar. Haar pa sien dit raak en Duard kyk dit ook nie mis nie. Haar pa probeer die plofbare situasie ontlont.

“Ek en Duard bespreek juis nou ‘n paar tonele. Ons gaan saam ‘n recce doen na een van die tonele waar ons gaan skiet. Dit is nodig om die emosie van die toneel te gaan ervaar voor hulle gaan skiet.”

Niekie kan die misterieuse broederskap tussen haar pa en die akteur nie verstaan nie. Daar is iets geheimsinnig tussen die twee en dit maak haar grensloos jaloers. Hoe durf die man wat haar so sleg behandel het so buddy-buddy met haar pa wees? Wil hy haar pa teen haar draai? Sy kon nog altyd haar liefdesprobleme met haar pa bespreek en nou is haar hart gebreek en kan sy nie die verpestelike man met haar pa bespreek nie! Haar lewe het in ‘n nagmerrie ontaard vandat sy die eerste keer van die simpel fliek gehoor het! Sy moet probeer om uit te vind wat tussen haar pa en Duard aan die gang is.

“O, mag ek saam gaan op julle recce?”

Sy kan sien die twee mans is onkant gevang.

“Ee, nee, ons het beplan om alleen te gaan. Net ‘n paar van ons manne.”

Haar pa se gebruik van die woord “manne” laat haar bloed kook.

“O, ek sien. Net die manne? Dis mos net die manne wat ‘n rol gespeel het in hierdie storie? Is Melissa se rol dan ondergeskik aan joune, Duard?  Het jy haar al gesê?”

Niek Branders kyk verstom na sy dogter se aanval op die filmster.

“En nou, hoekom is my meisiekind so kwaai vandag?”

Dis die gaping waarvoor Duard gewag het.

“Ja, kol. Branders, dis ‘n kwaai vroumens wat jy grootgemaak het. Ek trap maar lig in haar teenwoordigheid. As daai nekkie eers  so rooi vlam, weet ek, hier kom groot moeilikheid!”

Tot Niekie se ergenis lag haar pa en Duard heerlik oor hulle grappie. Sy ruk haar om en marsjeer weg. Terwyl sy wegstap, hoor sy die twee mans lag.

Dis tyd om ‘n kruiepilletjie te gaan sluk, anders gaan sy haar humeur verloor en boonop haar werk verloor!

Sy gaan staan ver van die karavane onder die bome en stoom afblaas.

Sy wip soos sy skrik as sy ‘n geritsel agter haar hoor.

Sy draai om.

Melissa!

“Wat maak jy hier in die bosse? Het hulle jou nie gewaarsku dat hier slange is nie?”

Melissa se oë raak donker van woede.

“Ja, hulle het my gewaarsku, en weet jy, jy is die gevaarlikste slang wat ek vandag raakgeloop het!”

As jy van Vlam hoofstuk 50: Misterie gehou het, gaan jy mal wees hieroor! Luister nou na ons gratis voorlesings van Martie Swanepoel se gewildste werke: Botox, Barbies en Bietse en Dans met die rooi rok.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 day Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 day Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.