kategorieë: LeesOntspanning

Vlam Hoofstuk 51: Gevaarligte

Vlam Hoofstuk 51: Gevaarligte deur Martie Swanepoel

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Vang eers op met die vorige hoofstukke van Vlam. Klik hier.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Vlam Hoofstuk 51: Gevaarligte

Die twee vroue staan mekaar en aangluur.

“Vir wat kruip jy hier in die bosse rond? Nie dat dit vir my ‘n tranerige besigheid gaan wees as jy iets oorkom nie, maar ons is nou in die bos en hier is regtig wilde diere. Dit sal aaklig wees as die heldin van die fliek sterf voor die fliek nog begin.”

Melissa druk haar gesig byna teen dié van Niekie.

“Dink net watter lekker stories sal jy kry as ‘n ongedierte my byt? Jy is mos uitgehonger vir ‘n goeie storie?”

Melissa se smerige onderhoud met Vroulief is nog lank nie vergete nie.

“Ek dink weer dit is jy wat uitgehonger is vir ‘n goeie storie. Hoeveel is jy betaal vir die onderhoud? Suid-Afrikaanse geld kan seker nie veel aan jou bankrekening doen nie? Sê my, hoekom het jy dit gedoen?”

Melissa se laggie ritsel deur die bosse.

“Ai, sal jy nie graag wou weet nie? Maar miskien moet jy Duard bietjie uitvra oor al die publisiteitstruuks wat vir hierdie fliek beplan word. Julle Suid-Afrikaners is tog so goedgelowig en naïef. Julle verstaan duidelik nie hoe die rolprentbedryf werk nie. Dit gaan als oor geld, my skat. Katjieng. Die paar randjies wat Mediahuis in die projek sit, is by verre nie genoeg om my en Duard te betaal nie. Het jy gedink die storie gaan by Vroulief ophou? Die oorsese media wag soos uitgehongerde honde op enige sappige brokkie van hierdie filmstel af.”

Niekie wens sy kan die vrou deur haar smalende gevreetjie klap.

“Die storie van hierdie fliek is vir ons Suid-Afrikaners belangrik. Dit is na aan my pa en sy geslag. Hierdie oorlog was vir hulle belangrik. Dit is nie net nog ‘n Hollywood-fliek nie. Ek sal nie toelaat dat jy … dat julle dit uitbuit om julself nog ryker te maak nie.”

Weer daardie smalende laggie.

“Og, tog so sentimenteel. Geen wonder jy fassineer Duard nie. Hy is ook soms so ‘n sentimentele siel. Dis die dat hy so moet keer vir sy verlede in Hollywood, daar is nie plek vir mense met sentimentele geheime in ons bedryf nie.”

Niekie se ore is dadelik gespits.

“So, watter geheim dra Duard nogal in hom rond?”

“Sou jy nie graag wou weet nie? Maar sê my, wil jy weet omdat dit ‘n goeie storie kan wees of omdat jy jou bes probeer om Duard te vang? Laat ek jou baie hartseer spaar, Skat. Duard sal nie vir ‘n gewone ou meisietjie soos jy gaan nie. Ek het jou klaar uitgekyk. Jy is die soort wat huis wil opsit en ‘n gesinnetjie wil hê wat dolgelukkig in ‘n voorstedelike ou huisie bly. Wel, Duard is nie die soort ou wat saam met jou so ‘n gewone ou lewetjie sal kan aanpak nie. Hy hou van die kollig en die geld. Jammer, Skat, dié een gaan jy nie wen nie.”

Niekie kook in die skemerte.

“Weet jy, ek dink jy is verkeerd. Ek dink Duard is nie die tipiese Hollywood-man nie. Ek dink dit is hoekom jy hom nog nie kansel toe kon sleep nie. Jy probeer te hard, en hy skop vas, nè?”

Melissa gooi haar golwende hare agteroor soos sy lag.

“Sjoe, jy glo aan fairy tales? Jammer om jou teleur te stel, maar ek en Duard het ‘n geskiedenis. Ons ken mekaar van toe ons nog nie in die kollig was nie. Ons weet dinge van mekaar wat niemand anders weet nie. Ons kom ‘n lang pad. Ons kan oor dinge praat wat ons met niemand anders kan deel nie. Lang gesprekke deur die nag.”

Dit lui ‘n klokkie by Niekie.

“Maar dan gun ek julle vir mekaar. Regtig. Ek wil nie ‘n man hê wat agteraf met ‘n ander vrou sal flirt nie.”

Melissa staan dreigend nader.

Niekie het ‘n teer snaar geraak.

“Ag, is dit weer oor die ou soentjie? Duard het my vertel hoe maklik jy jou lippies aangebied het. Ons het lekker daaroor gelag. Duard vertel my altyd van die meisies wat in sy web beland. Ons vind dit so vermaaklik, die sentimentele spel van die liefde wat ander mense speel. Maar vir ons is ons loopbane die belangrikste. Dis hoekom ons so goed oor die weg kom. Ons dink dieselfde. As ek jou raad kan gee, vergeet die verliefdheid. Jy is nou heeltemal buite jou liga. Gaan eerder vir ‘n gewone outjie soos daardie Henk-fotograaf. Duard sê juis hy hardloop soos ‘n verliefde skoothond agter jou aan. Foei, in die klein ou dammetjie van Suid-Afrika is jou skoonheid seker nogal ‘n treffer. Maar in ons wêreld is jy bloot interessant. Jy het jou oomblikkies van roem in Cannes gehad. Neem dit en bly daarby. Moenie verder die kollig-speletjie probeer speel nie. Jy gaan net seerkry.”

Niekie snak na haar asem.

Soveel gemeenheid in een pakket. Melissa se woorde maak seerder as wat sy sou hoop.

Maar die verraad laat haar byna lighoofdig voel. Sy het dit darem nie van Duard verwag nie. Sy smalende woorde oor Henk is onverdiend. Hy maak dan of Henk sy vriend is!

Sy besef Melissa is reg, sy wat Niekie is, is nie gesout in die kolligwêreld nie. Soveel agterbaksheid en gemeenheid is vir haar onbegryplik.

Lank nadat sy weggestap het van Melissa, eggo die aktrise se woorde in haar kop, en dit maak haar bekommerd.

As Duard en Melissa hierdie fliek gaan misbruik vir hulle eie publisiteit, gaan sy hulle keer. Sy gaan uitvind wat hulle planne is nog voor die kameras begin rol.

Sy sal nie toelaat dat haar pa en sy vriende se bosoorlog so misbruik word nie.

As jy van Vlam Hoofstuk 51: Gevaarligte gehou het, gaan jy mal wees hieroor! Luister nou na ons gratis voorlesings van Martie Swanepoel se gewildste werke: Botox, Barbies en Bietse en Dans met die rooi rok.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

19 hours Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

24 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 day Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 day Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.