kategorieë: LeesOntspanning

Vlam: Hoofstuk 9: Koek en wyn

Vlam: Hoofstuk 9: Koek en wyn deur Martie Swanepoel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hierdie is hoofstuk 9 van ons vervolgverhaal, Vlam. Klik hier om die vorige hoofstukke te lees:

Inleiding

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hoofstuk 1

Hoofstuk 2

Hoofstuk 3

Hoofstuk 4

Hoofstuk 5

Hoofstuk 6

Hoofstuk 7

Hoofstuk 8

Vlam: Hoofstuk 9: Koek en wyn

Daar wag ’n verrassing vir Niekie in haar hotelkamer. Die bed is vol geskenkies gepak.

Tipies Clivia-styl. Italiaanse badseep, donker Lindt-sjokolade met seesout en ’n pakkie met van die beste misdaadromans van 2018 waaronder Lou Berney se November Road, Araminta Hall se Our Kind of Cruelty en The Infinite Blacktop van Sara Gran.

Op die koffietafel is ’n bos veldblomme, Niekie se gunsteling. Ook ’n mandjie met ’n versameling vrugte en die grondbonebotter-energiestafies waaraan Niekie verslaaf is. Die yskas is natuurlik vol Red Bulls.

Claudia het haar huiswerk gedoen en Niekie is beïndruk.

Maar die ledger met die werksprogram vir die week steek soos ’n doring in Niekie se vlees. Stampvol. Daar sal geen tyd wees vir die ledige uurtjies wat sy op die strand beplan het nie.

Aanpas- en grimeersessies, velsorgbehandelings by ’n spa, en ’n klomp sessies saam met Mediahuis se fliekkenner, Harry Nielsen.

Claudia is ’n deeglike vrou. Sy het geen detail vergeet nie. Haar opdrag is om Niekie Branders se rooi kop vol fliek-kennis te stop en om te sorg dat sy respektabel lyk in Cannes.

Niekie sien haar eerste sessie met Harry is binne ’n uur in sy kantoor in die nuwe glastoring wat Mediahuis aan die voet van Tafelberg gebou het.

Harry Nielsen. Sy het haar nog nie veel aan hom gesteur nie omdat sy beat ligjare van hare verskil. Watse soort mens is ’n rolprentkenner?

Sy Facebook-stalk hom gou op pad na die vergadering. Hy is ’n lang maer man met ’n stoppelbaard en ronde brilletjie waaragter donker oë broeiend en intens uit die foto na mens kyk. Sy donker krulhare staan op elke foto punt in die Kaapse wind. Hy het ’n vet gemmerkat en ’n Labrador en sy huis is vol stapels boeke. Hy hou van wyn en kook en is skynbaar die lewe van boheemse Kaapse partytjies.

Die nuwe Kaapse kantoor van Mediahuis is hiper-modern en in skerp kontras met die ou gebou wat uit ’n labirint van gange en kantore bestaan het.

Maar as sy by Harry se kantoor instap, besef sy dié man het elke stukkie papier wat hy nog ooit in sy loopbaan gebruik het, saamgebring. Sy kantoor lyk soos ’n papier-herwinner se droom. Stapels koerante en tydskrifte peul uit bokse. Geen wonder die kantoordeur word toegehou nie. Harry het haar blykbaar nie verwag nie. Hy spring op agter sy lessenaar en waai vervaard die onwettige rookdampe weg.

Niekie steek haar hand uit na die verwarde man.

“Niekie Branders.”

Hy buig sy lang lyf oor die lessenaar en neem haar hand.

“O hel …”

Dan grawe hy op sy lessenaar en trek die Clivia-ledger uit.

“Is dit vandag al?”

Niekie lag. Sy hou dadelik van hierdie man.

Hy beduie vir haar om te sit en draf om die lessenaar om die stoel te probeer leeg maak.

“Nou wat moet ek jou als vertel?”

Hy skuif sy brilletjie reg.

“Jy moet my hierdie week ’n fliekkenner maak.”

Harry vryf sy deurmekaar boskaas agtertoe.

Lucky Fish, ek sukkel al jare dat Mediahuis my Cannes toe moet stuur. Nou stuur hulle jou.”

Hy bekyk haar op en af en lag verleë. “Maar ek moet beken, jy sal beter in ’n aandrok lyk as ek.”

Sy humor is droog en sy kry hom jammer dat hy nie Cannes toe kan gaan nie.

“Duard Wayne is ’n moeilike man. Dit gaan ’n taai onderhoud wees. As jy kan uitvind wat in daardie man se verlede aangaan, sal jy die scoop van alle tye kry. Maar ek kan jou nou al sê, niemand kon dit nog ooit regkry om sy vermomming oop te breek nie.”

Niekie neem die koue Red Bull dankbaar wat Harry uit ’n klein yskassie tussen ’n hoop koerante uithaal.

Sy het ’n sielsmaat in Media-huis se glastoring!

“Ek is nie van plan om sy verlede oop te vlek nie. Ons gaan net oor die bosoorlog praat. Dis hoekom ek gaan.”

“Jip, ek weet van sy vereistes. Maar ek waarsku jou, moet hom nie onderskat nie. Daardie man het ’n ongelooflike kennis van oorloë. Hy is nie jou gewone oorlogsfliekheld nie. Hy ken elke oorlog wat hy as akteur help uitbeeld. En, hy doen sy eie stunts. ’n Regte aksie-held. Spiere en al. Handsome. Vroue is mal oor hom. Six pack en breins. Alles waarvan julle vroue mos hou.”

Sy kantoorfoon lui. Hy vryf gefrustreerd oor sy halfmas-baard.

“Ons tweetjies is die gelukkige pryswenners van ’n koek-en-tee vergadering by Clivia.”

Hy grawe rond vir ’n notaboek en pen en beduie Niekie moet hom volg.

Dit lyk of die helfte van die Clivia-redaksie hulle in die raadsaal inwag. En daar is inderdaad koek en tee!

Die span goedversorgde vroue bekyk Niekie met vergrootglas-oë as Claudia haar en Harry sjarmant voorstel.

“Sny die koek dat ons kan begin werk.”

Sy kyk na Niekie. “Ons eet altyd koek as ons gespanne is. Hierdie gaan ’n groot uitdaging vir ons almal wees. Kry vir jou ’n dik sny, Nicola, ons moet ’n bietjie meer vleis aan jou lyf kry. Jou rokke gaan elke kurwe wys.”

Sy beduie na die rail-rokke wat in die hoek van die raadsaal staan.

“Daardie is net ’n toetslopie.”

Niekie word aan die stileerder, mode- en skoonheidsredakteur en hul assistente voorgestel.  Daar is ook ’n haarstilis en grimeerkunstenaar. Teen die glasmuur is story boards vasgeplak met voorstelle van elke rok vir elke funksie wat sy moet bywoon.

“Soos jy seker weet, is jou program vol, maar op hierdie oomblik gaan ons net koek eet. Ons wil hê jy moet tuis voel en weet ons is hier om jou te help. Jy het ’n opdrag wat buite jou beat val en ons verstaan dit gaan vir jou ’n frustrasie wees.”

Dis Ansu Havenga, die skoonheidsredakteur, wat die ys breek.

“En natuiurlik haat ons almal jou oor jy Cannes toe gaan en Duard Wayne gaan ontmoet!”

Die span skater, en Niekie voel beter. Al kan jy elkeen van die mens om die tafel deur ’n mode-ring trek, is hulle doodgewone joernaliste met dieselfde soort frustrasies as sy.

“Vanaand gaan eet ons almal pizza en more begin ons met operasie Niekie Branders. Soos julle kan sien, het ons ’n interessante oormaaksessie wat voorlê.”

Ansu bekyk Niekie se vel met ’n kennersoog.

“Jissie die lewe is onregverdig! Ek het so gehoop jy het ’n lelike vel en plooie om jou stunning lyf ’n bietjie normale balans te gee. Claudia het nie oordryf nie, jy is ’n juweel om mee te werk.”

Niekie voel hoe haar wange en nek rooi gloei van die verleentheid.

“Toemaar, Nicola se attitude maak op daarvoor! Ons sal haar eers moet tem voor ons haar onder hande neem. Maar ontspan, Nicola, ons gaan meer pret hê hierdie week as wat jy verwag het.”

Niekie kan nie besluit of sy van die vriendeliker kant van Claudia moet hou of nie. Op pad na die hyser neem Harry haar aan die elmboog.

“Ek dink ek het die oplossing vir jou. Ek weet hoe jy hierdie week gaan oorleef. Kom, ek gaan wys jou die bes bewaarde geheim net hier om die hoek.”

Die klein koffiekroeg-cum-pub is volgepak. Niemand steur hulle blykbaar aan die rookwette nie en ’n wolk rook hang in die lug. In die hoek tokkel iemand ’n paar jazz-wysies op ’n klavier wat beslis ’n stem nodig het.

“Ontspan, jy is in goeie geselskap, Niekie. Dis ’n kuierplek vir die Kaapse persklub. Hier praat ons almal dieselfde taal.”

Hy wink ’n kelnerin nader.

“Bring die wynlys. Hierdie is ’n noodsituasie. Hier is ’n Johannesburger wat dringend ’n paar Kaapse oorlewingstrategieë aangeleer moet word. Ons het baie wyn nodig daarvoor!”

As jy hierdie vervolgverhaal geniet, en nie kan wag tot volgende week om die nuwe hoofstuk te lees nie, kan jy solank ons ouer vervolgverhale lees! Klik hier.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

7 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

7 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.