Vleis – die nuwe allergie

Vleis – die nuwe allergie deur Salomé Delport. Hooffoto: iStockLisovskaya

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Baie mense wat na een van die vegetariese leefstylopsies oorslaan, sê hulle doen dit nie noodwendig vanweë sosiale of gewetensbesware nie. Vleis laat hulle fisiek sleg voel – so siek dat hulle liewer daarsonder bly. Dit maak hulle naar. Party sê dit gee hulle maagpyn en selfs diarree. Sommige merk op dat vleis hulle laat hoes of ’n veluitslag gee. Party gaan van selfs net een happie vleis in anafilaktiese skok, wat fataal kan wees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lees ook: Pollopesketariërs, entomofage, fleksitariërs … wie eet wat nou eintlik?

Allergiespesialiste sien gereeld mense wat werklik allergies is vir vleis. Baie van hierdie mense reageer nie net op vleis nie maar ook op produkte wat afkomstig is van diere, soos kaas en rennien, en selfs sommige soorte skoonmaakmiddels, grimering en medikasies.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees ook: Ken ’n vis-allergie uit

Word jou reaksie veroorsaak deur ’n seekos-allergie, visparasiete of antihistamiene?

Dit word die alfa gal-allergie genoem, ook soogdiervleisallergie of mammalian meat allergy. Alfa gal het niks met jou galblaas te doen nie. Die term is ’n afkorting vir galaktose-alfa-1-3-galaktose, ’n koolhidraat wat in alle soogdiere aanwesig is, buiten in mense en sekere aapspesies.

Niemand weet of dit ’n nuwe allergie is nie, en of dit dalk maar net eers onlangs geïdentifiseer is nie.

Lees ook: Is die langtermyngebruik van antihistamiene veilig?

iStock/bernardbodo

Is dit regtig ’n allergie?

Voel jy nie dalk om ander redes sleg van vleis nie? Vleis kan immers baie vet bevat en daarom sooibrand veroorsaak, of dalk werk jou pankreas nie goed nie?

Maar die Allergy Foundation of SA (AFSA) sê dit is ’n volwaardige allergie, aangesien allergiebloedtoetse wys dat die immuunstelsel by hierdie mense deur vleis geaktiveer word.

Lees ook: Wat alle ouers moet weet oor allergië en wanvoeding

iStock/jarun011

Interessante storie oor die ontdekking van hierdie allergie

Die allergie is eers in 2002 amptelik geïdentifiseer toe dr. Thomas Platts-Mills, ’n allergienavorser aan die Universiteit van Virginia, wou vasstel waarom party mense allergies is vir die kankerterapie Cetuximab. Die oorsaak is toe alfa gal, ’n komponent in die middel wat ook in dierevleis aanwesig is.

Kort daarna het ’n bosluis hom gebyt. Sy laboratorium kon by hom ’n respons op alfa gal opspoor, wat tot die identifisering van die allergie gelei het.

Navorsers vermoed dat baie mense die potensiaal het om allergies te wees vir dierevleis, maar dat dit net gesneller word as ’n bosluis jou sou byt.

Lees ook: Is ek regtig allergies vir insekbyte?

Spesifieke bosluisspesies word in Amerika, Australië en Europa hieraan gekoppel maar ons weet nog nie watter bosluis in Suid-Afrika betrokke kan wees nie.

Niemand weet hoe die bosluis se byt ’n allergie sneller nie, maar een van die teorieë is dat die bosluis ’n bietjie van die bloed van die dier waarop hy net voor jou was in jou bloed inspuit wanneer hy jou byt. Hierdie bloed bevat alfa gal. Jou liggaam herken dit as vreemd en reageer met ’n allergiese reaksie daarop.

Lees ook: Dinge wat jy nie moet eet wanneer jy ’n kosallergie het nie en Oppas hiervoor as jy allergies is

iStock/Lashkhidzetim

Hoe weet jy jy het allergies geraak?

Jy sal duidelike simptome van allergie ervaar. Dit begin nie dadelik nie – gewoonlik binne twee tot agt uur nadat jy vleis geëet het.

Twee dinge om na op te let voor jy jou simptome aan die alfa gal-allergie koppel:

  1. Jy reageer op skaap, bees, vark, bok en selfs wildsvleis maar jy kan hoender, volstruis en vis eet.
  2. Jy het élke keer ’n reaksie nadat jy dierevleis geëet het.

Hoe sal jy reageer? Let op na hierdie simptome kort na jy vleis geëet het:

  • Jou keel swel toe (gevaarlik).
  • Jy begin moeilik asemhaal en selfs ’n akute asma-aanval ontwikkel (gevaarlik).
  • Jy begin onverwags en sonder ’n ander rede hoes.
  • Jou stem kan verander weens swelling in jou keel.
  • Jy ontwikkel ’n veluitslag en/of jou vel jeuk of brand.
  • Jy het skielik diarree.
  • Jy voel en/of word naar.
  • Jy het erge maagpyn.
  • Jy kan opswel. Jy kan ook skielik onverklaarbaar en konsekwent reageer op jou sjampoe, jellie, yskaskoek, kaas, jou vitamienpille met kollageen daarin, seep en selfs sekere lekkergoed.

Lees ook: Alles wat jy moet weet oor sinusallergië en stofmyte

iStock/AntonioGuillem

Wat as jy allergies vir vleis geword het?

  • Reël ’n allergietoets by jou dokter.
  • Sny alles met dierevleis uit. Dit sluit in skaap, bees, vark, bok en selfs wildsvleis, maalvleis, wors, spek, kouevleis, biltong en droëwors. Ook gelatien (dikwels in lekkers, stafies, jellie en yskasterte).
  • Sny gekoopte kos met die volgende op die voedseletiket uit: aspic, albumin, gelatin, added animal fat, tallow, lard, natural flavourings, rennet en collagen. Jy kan moontlik ook reageer op stearic acid en magnesium stearate, wat wyd in grimeermiddels, skoonmaakmiddels, sjampoes, sepe, opwassepe, kerse en selfs in lekkergoed gebruik word.

Lees ook: Allergies vir stofmyte: 14 plekke waar hulle in jou huis skuil

iStock/wutwhanfoto

As jy ’n allergiese reaksie het …

Vir mense met ’n ligte reaksie is ’n antihistamien voldoende. Maar as jy asma kry en/of opswel, hou ’n allergiepen byderhand in geval jy in anafilaktiese (dodelike) skok gaan.

Lees ook: Wat jy moet weet oor kouevleis

Jy hoef nie net vleis te eet om Vitamiene B12 in te kry nie!

iStock/dem10

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

5 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

5 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

5 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

5 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

6 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

6 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.