kategorieë: Ons menseBekendes

’n Kykie in die lewe van ’n wildbewaarder

’n Kykie in die lewe van ’n wildbewaarder – Deur Zoë Salzwedel. Hooffoto: Pixabay

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ons almal ken iemand wat hulle troeteldiere veels te veel bederf. Miskien is dit jou tannie wat vir Wagter sy eie kamer in die huis ingerig het, of dalk jou skoonma wat nie haar bedorwe skoothondjie by die huis kan los nie. Wie weet, dalk is jy die een wat ’n ekstra pakkie biltong vir jou groot “seun” koop, of elke week die poedel salon toe neem. Moenie stres nie, ons oordeel jou nie!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lees ook: Plaaslike bekendes en hul troeteldiere! en Nóg bekendes en hul troeteldiere!

Ons troeteldiere is eintlik maar ons kinders, maar verbeel vir jou dat jou “troetel”-kat 190kg weeg en ’n rooibok in een sessie kan opvreet. Dít is die werklikheid vir Kevin Richardson, Dean Schneider en Lisa Kytösaho. Dis nou wel nie hulle troeteldiere nie, maar hulle werk daagliks met wilde diere – hetsy dit nou is vir die rehabilitasie, bewaring of ’n groter begrip van dieregedrag. Die drie wildbewaarders stel daagliks hul lewens in gevaar, en het die besluit geneem om te veg vir diere wat nie vir hulself kan veg nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees ook: 15 pretfeite oor troeteldiere

Kevin Richardson

Kevin René Richardson, beter bekend as die “The Lion Whisperer”, is ‘n wêreldbekende wildbewaarder.

Sy missie in die lewe is om die status van Afrika se mees ikoniese roofdier, die leeu, te belig deur sy werk in die media en samewerking met navorsers, wetenskaplikes en ander kampvegters vir bewaring.

Kevin het op universiteit dierkunde studeer, maar na twee jaar opgeskop weens die herhalende lesse oor mariene-biologie eerder as soogdier-biologie. As volwassene het hy geglo dat hy nie sommer ‘n loopbaan in natuurbewaring kan hê nie en dat sy liefde vir diere net ’n stokperdjie sal wees. Hy het toe besluit op ‘n BSc-graad met fisiologie en anatomie as hoofvakke. Nadat hy graad gekry het, het hy ‘n loopbaan in oefening en postoperatiewe rehabilitasie begin.

Hy het egter ’n drastiese loopbaanverandering gemaak toe hy op drie en twintig die kans gegun is om as hanteerder te werk en die geleentheid gegee is om twee ses maande oue leeuwelpies, Tau en Napoleon, te versorg. Vir die eerste deel van sy leeu-loopbaan het Rodney Fuhr van ‘n Gautengse leeupark vir Kevin ʼn deeltydse werk by die Lion Park aangebied en later het hy na die The Kingdom of the White Lion geskuif. As ‘n selfopgeleide dieregedragsterapeut het hy reeds elke veiligheidsreël wat die mens ken, verbreek wanneer hy met dié wilde diere werk.

Kevin het ’n spesiale fasiliteit genaamd The Kingdom of the White Lion in Broederstroom begin. Dié park, wat met die hulp van Rodney Fuhr opgerig is, is 800 hektaar groot en spesiaal ingerig vir die fliek, White Lion. Dis ook hier waar Kevin nege en dertig leeus versorg. In 2015 het die Kevin Richardson Wildlife Sanctuary verhuis na die Welgedacht Wildreservaat naby Pretoria.

Besoek gerus www.lionwhisperer.co.za vir meer inligting oor Kevin se werk, lewe en liefde vir leeus. Gaan loer ook op sy Instagram, Facebook-blad en YouTube-kanaal.

Dean Schnider

Dean Schneider, ‘n 26-jarige Switser, het nie net sy goedbetaalde werk as finansiële beplanner in Switserland prysgegee nie, maar ook al sy besittings verkoop om na Afrika te trek om sy passie vir die bewaring van wilde diere uit te leef.

Dean het dit sy missie gemaak om die mens en die dier nader aan mekaar te bring, en glo dat “ons net dít wat ons liefhet, beskerm.”

In Suid-Afrika het Dean die Hakuna Mipaka-stigting begin.

Hakuna Mipaka beteken in Swahili “geen perke” nie.

Volgens Dean is Hakuna Mipaka ‘n manier van leef wat voortspruit uit die vyf kernwaardes: vryheid, lojaliteit, waardering, broederskap en vrymoedigheid.

Op ‘n baie jong ouderdom het Dean ’n enorme belangstelling in die wêreld van diere ontwikkel. Diere-dokumentêre en die ondersteuning van verskeie dierebeskermingsorganisasies was nog altyd ‘n groot deel van sy lewe. Deur sy ongelooflike liefde vir diere het hy geleer om dié wonderlike wesens te verstaan. Hy beskik ook oor die bersondere vermoë om ‘n spesiale band met elkeen te skep. Mens kan maar sê sy hele hart behoort aan diere

Dean vertel dat dit sy doel op aarde is om soveel moontlik mense te bereik, hulle meer oor die bewaring van wilde diere te leer en aan die skoonheid van die diereryk voor te stel. Hy doen dít deur hope inligting, stories en video’s op sy verskeie sosiale media platforms met sy meer as 1 miljoen volgelinge te deel.

Hakuna Mipaka is versprei oor ‘n 300 hektaar-landgoed en maak hoofsaaklik voorsiening vir leeus wat in aanhouding gebore is. Daarbenewens het dit ook ‘n aparte area vir ander wilde diere, soos impalas, koedoes, sebras, hiënas, bobbejane, en vele ander soorte diere. Hy bied vir sy diere ‘n geleentheid om in vryheid te leef en hul lewens ten volle te geniet.

As jy Dean se passie vir diere deel, kan jy ook deel word van die Hakuna Mipaka-familie deur vrywilligerswerk.

Besoek gerus Hakuna Mipaka vir meer inligting oor sy bewaringsprojekte, die lewe in Suid-Afrika en vrywilligerswerk. Gaan volg hom gerus ook op Facebook, Instagram en YouTube.

Lisa Tora Jaqueline Kytösaho

Lisa Kytösaho, oorspronklik van Stockholm in Swede, is die hoof van die Wes-Kaapse jagluiperdbewaringsprogram in Suid-Afrika, en glad nie jou gewone 26-jarige nie. Sy het op die jong ouderdom van 18 na Suid-Afrika verhuis om haar droom na te jaag en glo dat haar verhouding met die jagluiperds ontstaan uit die liefde en sorg wat sy vir hulle bied.

Lisa werk daagliks met jagluiperds en is betrokke by alle aspekte van hul bewaring: van grootmaak tot rehabilitasie met die hoop om die meeste van hulle weer in die natuur vry te kan laat.

Jagluiperds is senuweeagtige diere wat dikwels ongelukkig is in aanhouding. Hulle hou nie van die geselskap of teenwoordigheid van mense nie. Maar ten spyte hiervan het Lisa daarin geslaag om ‘n hegte en pragtige verhouding met die 16 jagluiperds in haar sorg te bou, iets wat baie mense regoor die wêreld fassineer.

Lisa het in Swede studeer om ʼn diere-versorger te word en is die geleentheid gegun om in die buiteland te werk as deel van haar prakties. Sy het toe in Namibië gaan werk en gehelp met die rehabilitasie van wilde diere in ‘n dierereservaat.

“Ek het heeltemal verlief geraak op alles wat verband hou met dié loopbaan en het van toe af presies geweet wat ek in die lewe wou doen.”

Nadat sy haar studies voltooi het, het sy op 18 na Suid-Afrika verhuis om haar droom en passie uit te leef en te werk met die bewaring en rehabilitasie van roofdiere, met ‘n spesifieke fokus op jagluiperds.

Sy sorg vir sestien jagluiperds en het vier van hulle reeds van kleintyd af grootgemaak. Omdat hulle slegs ‘n paar maande oud was toe sy hulle ontmoet het, het sy die kans gehad om by elke fase van hulle ontwikkeling betrokke te wees en sodoende ‘n buitengewone sterk band met hulle te bou. Hoewel Lisa ‘n spesiale band het met baie van dié diere, wil sy hê dat mense moet besef dat hulle steeds wilde diere is en as sodanig gehanteer moet word.

Gaan luister gerus na Lisa se podsending-onderhoud met Len Jones Party of 2 op Soundcloud en volg haar op Instagram vir ’n kykie in die lewe van ’n jagluiperd-ma.

Besoek gerus ook www.worktravelsa.org as jy meer inligting oor die Wes-Kaap se jagluiperdbewaringsprogram se vrywilligersprojek wil weet.

Deel
Gepubliseer deur
Zoe Salzwedel

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.