kategorieë: ReisOntspanning

’n Heerlike gesinsnaweek by die Sabi River Sun

deur Melissa Myburgh. Hooffoto: Verskaf

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Op jou merke …

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Gereed …

Gaan!”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dit is wat ek myself vertel voordat ek die sprong moet maak. Ons is in die Mpumalanga-woud langs die Sabi-rivier net langs die Krugerwildtuin met sy Skyway-roetes. Daar is die mooiste uitsig oor die vallei en al waaraan ek kan dink, is of ek dit kan doen? Kan ek die sprong maak en vrylik langs ’n helling van 230 m afgly?

Foto: Melissa Myburgh

En toe doen ek dit!

Dit is die wonderlikste gevoel! ’n Sensasie van gly bo-oor die natuurlike woudryke vallei, volkome vryheid! Wat ’n manier om ’n heerlike naweek af te skop.

Foto: Melissa Myburgh

Ons is deur twee gekwalifiseerde gidse, Reason en Fannah, vergesel, en my man het die zipline verskriklik geniet. Hy is ’n natuurlike waaghals, maar ek was ’n bietjie bekommerd oor my vierjarige se welstand. Maar Fannah, ons gids, sou saam met haar afgly. Ek het gerus gevoel dat sy veilig is en nie bang was nie.

Foto: Melissa Myburgh

Dis is ’n heerlike familie-aktiwiteit! ’n Bietjie adrenalien en pret gemeng. Die roete neem sowat twee uur om te voltooi en dit was ons eerste stop op ons wegbreeknaweek. Die volgende paar uur was heerlik en ons is soos koninklikes behandel toe ons by die Sabi River Sun Hotel ingeboek het.

Foto: Melissa Myburgh

Sabi River Sun Resort is sowat 1 km van die Skyway-roete en maklik om te vind. Die Krugerwildtuin is naby die oord en dit is maklik vir toeriste om in die gebied te reis.

Die oord is pragtig en ruim en het lieflike wandelpaaie, dammetjies en ’n goed-onderhoude 18-putjie gholfbaan. Aangesien my man ’n gholfspeler is, was dit beslis op sy beplanning!

Foto: Verskaf

Teen sowat halfses die aand besoek die seekoeie die dam en beweeg af in die Sabi-rivier. Dit gebeur elke aand. Die oord is rondom die habitat gebou sodat die natuur nie versteur word nie.

Ons het skemerkelkies by die seekoeidam geniet sodat ons die unieke gebeurtenis kon sien. Die besonderse geluide wat hulle maak, is interessant en mens hoor dit ver in die nag.

Aandete was om sewe-uur en is ’n buffet met ’n wye verskeidenheid heerlike geregte. Daar is ’n rustige atmosfeer en genoeg sitplek vir gaste. Ons het veral die pasteie en verskeidenheid slaaie geniet.

Foto: Verskaf

Na ’n fantastiese ete is ons na ons kamers. Dit is ons eerste besoek aan Sabi Sun en ons het die gesinskamer bespreek. Die kamer was gemaklik en skoon. Die uitsig was beeldskoon en mens het nie nodig om die oord te verlaat om die natuur te geniet nie. Dit was perfek vir ons vier!

Die  volgende dag was nog ’n bederf by die Sabi River Sun en ek het baie daarna uitgesien. My man het vroeg opgestaan om te gaan gholf speel en ek het ’n spa-behandeling by Heather se spa geniet.

Foto: Verskaf

Die kinders het die kinder-area besoek. Die spa-behandeling was net wat ek nodig gehad het en ek was gelukkig om ’n vollyfmasssering te kry.

Die terapeute is professioneel en voorsien in al jou behoeftes. Ek was gelukkig om Heather, die eienaar, te ontmoet. Wat ’n lieflike vrou, pragtig en vriendelik. Die behandeling was wonderlik! Ek het ontspanne, verfris, tevrede en energiek gevoel en ek sal dit hoog aanbeveel. Ek sien daarna uit om terug te gaan.

Foto: Verskaf

Na middagete is ons met safari-voertuie na die Krugerwildtuin. Daar is ’n besprekingsdiens vir meer as honderd Kruger- en Laeveld-aktiwiteite insluitend toere en safari’s deur meer as vyftig betroubare toergidse.

Hulle was so gaaf om ’n minibus aan te bied sodat die kinders nie so koud kry tydens die rit deur die park nie. Saam met ons gids, Bonghani, het ons olifante, kameelperde, waterbokke, vlakvarke, impala’s en buffels, wat lui in die modder gerus het, te siene gekry.

Foto: Melissa Myburgh

Die hoogtepunt van die safari was toe ek die visarend gesien het. Ek het nog nooit een van naby gesien nie en dit was fantasties.

Onderweg na die park het ons twee luiperds gesien, die eerste was ’n volwasse mannetjie en die tweede was ’n jong mannetjie. Dit was ongelooflik. Ek het al gehoor van mense wat hulle in die park gesien het en ons het so gelukkig gevoel.

Foto: Melissa Myburgh

Ons aand is afgesluit met ’n braai in die boma by die Sabi River Sun. Die personeel het ’n heerlike maaltyd voorgesit en die aand was met lag en pret gevul.

Sondagoggend was dit tyd vir ons om op te pak om die oord te verlaat. Maar ons het een laaste aktiwiteit gehad. Die oord is nie ver van die Hazyview Elephant Sanctuary nie. Daar het ons baie van die olifante se anatomie en omgewing geleer. Het jy geweet olifante gaan nie dood  van ouderdom nie, maar wel van verhongering en wanvoeding? Dit is baie hartseer en beteken ’n mens sal nooit regtig weet hoe oud hulle kan word nie.

Foto: Verskaf

Daar is twee olifante in die oord, Kitsu en Kasper. Kasper is ouer as Kitsu. Ek moet sê, voor ons die diere ontmoet het, was ek skepties. Ek was bang hulle sou ons beseer met hulle 140 kg slurpe. Maar dit is regtig die verstommendste ding wat ek nog gedoen het. Ons kon die olifante twee op ’n slag ontmoet en sekere dele van hul liggame aanraak terwyl die gids verduidelik het wat die funksie is. Die stert is baie hard en die ore sag en koel.

Ons moes hulle stadig en versigtig benader sodat ons hulle nie bang maak nie. Hulle het ’n baie fyn gehoor. Hulle reageer dadelik op opdragte en hulle het ’n goeie band met hulle gidse.

Foto: Melissa Myburgh

Toe dit tyd was om saam met hulle te stap, moes ons ons arms agter ons uithou met die vingers uitgestrek sodat die olifant jou vingers met sy slurp kan raak.

Jy moet vooruit loop en hulle lei. Dit was ’n heerlike gevoel om saam met hulle te stap. Hulle is sulke pragtige diere en kan nogal intimiderend wees. Maar as jy eers naby hulle is en hulle ontmoet, is hulle liefdevol. Hulle wil net aandag hê en hulle geniet dit om aangeraak te word.

My kinders was mal daaroor en hulle het baie geleer uit die wonderlike ervaring. Dit het hulle uit hul gemaksone geneem. My man was eers baie bang, maar het dit later geniet.

Foto: Verskaf

Die naweek saam met Angel Fish PR en Tsogo Sun was onvergeetlik. Ons het soveel pret gehad en soveel spesiale oomblikke ervaar om te onthou.

Ons naweek weg was beslis luuks en heerlik.

Foto: Verskaf

Loer hier om nog van ons reise te sien!

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

7 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

7 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.