kategorieë: VelsorgSkoonheid

Voed jou vel met groente en superkosse

Voed jou vel met groente en superkosse deur Corné Greeff. Hooffoto: Pexels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Nes jou liggaam ’n wye verskeidenheid gesonde voedingstowwe, vitamiene en minerale nodig het om te floreer en reg te funksioneer, benodig jou vel en hare ook ’n verskeidenheid voordelige voedingstowwe sodat dit op sy beste kan lyk en funksioneer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Skoonheidsprodukte wat groente en ander superkosse bevat hou hope voordele in, probeer dit en jy sal dalk aangenaam verras wees met die resultate.

Lees ook: Kyk hoe word essensiële olies gemaak

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Foto: Pexels

Wat is superkosse?

Foto: Pexels

Supervoedsel is voedingsdigte kos wat die vel en hare voorsien van ’n breë spektrum van anti-oksidante.

In die wêreld van velsorg is daar geen enkele ‘beste bestanddeel’ of selfs enige bestanddeel waarvan die uitwerking as die heel voortreflikste bestempel kan word nie, maar elke superkos en groente bevat bestanddele wat voordelig is vir verskillende funksies soos die behandeling van inflammasie, verligting van droogheid en om jou vel en hare meer glansend, gloeiend en gesond te laat lyk.

Dit beteken nou nie jy moet jou gesig en hare in ’n bord slaai gaan druk nie, want dit gaan beslis werk nie … 😉

Nee, jy moet eerder produkte gebruik met superkosse as bestanddele sodat jy voordeel daaruit kan trek.

Lees ook: Kom saam salon toe en sien hoe werk ’n chemiese afskilfering en mikronaald-behandeling

Ons het ’n paar produkte gaan soek wat supervoedingstowwe en ander groentebestanddele bevat om te kyk watter voordele dit inhou:

Superfood

Die Superfood-reeks (beskikbaar by Clicks) bestaan uit verskillende produkte vir jou hare en jou lyf wat geen kleurmiddels, sulfate of parabene bevat nie en word ook nie getoets op diere nie. Al hulle produkte word ook gemaak van gesertifiseerde organiese produkte.

Die Superfoods Almond Milk, Vitamin B and Matcha Come Clean Shower Milk (R129,95) is goed vir wanneer jy ’n produk soek wat sal help om jou vel te detoks. Matcha is ook ’n anti-inflammatoriese bestanddeel en help om vlekke en irritasie te verminder. Dit is ook voordelig om die vel op te helder.

Lees ook: Hennepsaadolie-produkte wat jy nou moet probeer

Superfoods for Hair with Kale Extracts, Omega3, Keratin Shampoo & Conditioner  (R129,95 elk) help met beskerming teen skade wat deur hitte en omgewingsfaktore veroorsaak word. Boerkool is ryk aan anti-oksidante en vitamien C wat die gesondheid van die hare help bevorder.

Pradiance Skincare

Die skoonheidsgroep Pradiance se “helde-bestanddeel” is olie wat van die Afrika Worsboom (Kigelia) se vrugte vervaardig word en in al hulle produkte gebruik word. Dit help veral om die vel te herstel en kan gebruik word vir enige veltipe.

Hulle produkte help ook met die verligting van pigmentasie, genesing van merke en om die veltoon meer eweredig te laat lyk, asook om die algemene gesondheid daarvan te bevorder. Die Worsboom se vrug verbeter  ook die elastisiteit en digtheid van die vel.

Lees ook: Produkte wat jou teen blou lig beskerm

Die Pradiance Skincare Exfoliating Clay Mask (R215) is perfek vir diegene wat sukkel met aknee en droë- en sensitiewe velle. Neem 2 teelepels van die masker, sit dit in ’n bakkie of op jou hand, meng dit met ’n bietjie warm water, wend dit aan op jou skoon gesig en laat dit aanbly vir 10 – 15 minute. Die produk bevat ook laventel en ekstrakte van die sade van die Kremetartboom.

Die kremetartboom se sade is ryk aan Omega 3, 6 en 9 en minerale en vitamiene wat die vel help om meer bevogtig, dikker en sterkte te voel en ook die vel beskerm en help om vinniger te herstel. Die laventel verminder stres in die vel.

Lees ook: Laaf jou voete met kruie uit jou eie tuin – probeer hierdie resepte

So lyk die Kremertartboom:

Foto: Lisa Greeff

Skin Republic

Die Skin Republic Detox Charcoal + 10-Superfood Face Mask (R49,95) bevat geaktiveerde houtskool wat dien as ’n reiniger en om die vel te voed. Dit bevat ook tien supervoedingstowwe wat help om die vel glansend en helder te laat lyk. Die Açaíbessies is gelaai met anti-oksidante wat jou immuunstelsel versterk en jou selle beskerm teen die skade van vrye radikale en is hoog in kalsium. Die Chia-sade in die lappiesmasker bevat essensiële vetsure soos Omega 3, Spirulina en swart tee wat meehelp om die vel te beskerm teen pigmentasie. Avokado, Quinoa en Roosbottel help om die vel sag te laat voel en te bevogtig.

Lees ook: Alles wat jy moet weet oor K-Beauty

Kiehl’s

Kiehl’s Creamy Eye Treatment with Avocado (R440) is ’n romerige bevogtiger en dien as behandeling vir die delikate oog-area. Dit help ook om die vel dikker, meer bevogtig en gesonder te laat lyk en voel.

Die produk se formule bevat avokado-olie, wat vol anti-oksidante is. Dit help met die herstel van die vel en die vermindering van rooiheid en irritasie Avokado’s is bekend daarvoor dat dit goed is vir die vel omdat dit hoog is in Omega 9 wat help om die vel ferm en glansend te hou en help ook met die herstel van selle wat die vel help genees. Omega 9 help ook om vog te behou in die boonste deel van jou vel, wat dit gesonder en meer bevogtig laat lyk.

Die antioksidante help ook met die herstel van die vel en keer veroudeing en help met die voorkoming van die vogverlies en verbeter die soepelheid en elastisiteit van die vel.

Lees ook: Waterwys, wêreldwyd ’n groot trend

Cold Pressed Skin

Die Cold Pressed Skin Youth Juice Antioxidant Superfood Cleanser (R300) is ’n vars groen vloeibare reiniger wat vol antioksidante en vitamiene is wat skade deur vrye radikale voorkom en die vel voed.

Hierdie pH-gebalanseerde, bevogtigende reiniger verwyder vuilheid van die vel asook grimering sonder om jou vel droog te laat voel. Dit bevat bestanddele soos boerkool wat jou vel verfris, broccoli (wat vol minerale en voedingstowwe is, asook vitamiene C) wat die vel se gesondheid bevorder, komkommer wat die vel kalmeer en groen tee wat die vel afskilfer en swelling en rooiheid verminder, asook Moringa wat die vel help met teenveroudering en die kollageen in die vel ’n hupstoot gee.

Lees ook: Haarstyle vir fyn hare

Die Cold Pressed Skin Urban Combat Green Superfood Moisturiser (R500) is ’n super-groen bevogtiger wat propvol vitamienes, voedingstowwe, minerale en antioksidante is. Dit word gemaak van aktiewe mos, boerkool, broccoli en groen tee en beskerm die vel teen verskillende nadelige omgewingsfaktore.

Dit help ook met teenveroudering, bevogtiging, herstel en ontwikkeling van selle en help om die vel helder, glansend en gesond te laat lyk.

Lees ook: Tinarie van Wyk Loots deel haar skoonheidsgeheime – en tandepastaresep!

Dermafix

DermaFix Pumpkin Peptide Masque (R510) is ryk aan antioksidante en help om die dooie selle te verwyder terwyl dit selvernuwing bevorder. Dit help ook met die vermindering van pigmentasie, aknee, teenveroudering en help om die vel meer glansend en gesond te lyk. Die pampoen verskaf ’n wye verskeidenheid voordele omdat dit ryk is aan verskillende minerale wat natuurlike soute soos sink en magnesium bevat asook Vitamien A, C en E.

Lees ook: K-Beauty het my vel verander!

Beaucience

Die Beaucience Botanical Exfoliating Cream (R96,99) is ’n afskilferaar wat roosbottel bevat. Die produk reinig  die vel en verwyder dooie selle sonder om dit te beskadig. Dit moedig ook die hernuwing van nuwe selle aan op die vel se laer vlakke. Dit bevat sonneblomsaad en avokado wat sorg vir die bevogtiging van die vel en is propvol vitamiene en minerale wat die vel vars laat voel. Die botaniese ekstrakte in die vel help ook met bevogtiging en keer dat die vel geïrriteerd voel.

Lees ook: WEN vandeesmaand die lekkerste velsorgprodukte

SKNLogic

Die SKNLogic Skntone (R131) bevat komkommer en verwyder vuilheid vanaf die vel en help met die algemene bevordering van die veltoon. Dit berei ook die vel voor vir behandelings en kalmeer die vel. Dit bevat ook kiwivrug wat help dat die vel nie agteruitgaan nie en om dit sag en gesond te laat voel. Die bestanddele help met bevogtiging en is ook ryk aan vitamien C, ’n belangrike antioksidant

Lees ook: 20 dinge wat elke vrou moet weet voordat sy ’n bikini wax kry

Elemis

Elemis Superfood Vital Veggie Mask (R720) bevat vitamien C en grenadella-ekstrak wat dooie vel verwyder, asook avokado- en chiasaad-olie wat die sperfunksie van die vel ondersteun. Dit bevat ook ander supervoedingstowwe soos kweekgras, krulblaarspinasie en natuurlike probiotika wat help om die mikroflora van die vel te balanseer.

Lees ook: Toets jouself – wat is jou parfuumpersoonlikheid?

The Body Shop

Die The Body Shop Carrot Energising Face Wash Cleanser (R150)  is vol organiese wortels wat te krom was om in die voedsel-industrie verkoop te kon word. Dit help om die vel skoon en satynsag agter te laat en help om dit te reinig van die negatiewe uitwerking wat deur omgewingsfaktore veroorsaak word en gee die vel energie. Dit bevat ook Aloe Vera-jel wat help om die vel te kalmeer. 93% van die formulering van die produk is van natuurlike aard en 100% van die verpakking is herwinbaar.

Lees ook: Zero-afval-skoonheidsprodukte

Corium

Die Corium Skincare Tumeric Clay Mask (R155) is gemaak van borrie en help die vel om te herstel van inflammasie en irritasie. Dit detoks ook die vel en help met die vel se herstel. Borrie help ook om die vel se natuurlike kleur terug te bring en om pigmentasie te verminder deur die vel helderder en ligter te laat lyk.

Lees ook: Twee aanvullers wat elke man moet neem

Placecol

Placecol het onlangs ’n verskeidenheid behandelings (Food for Face Benefits Facials R525) in hulle salon begin doen om die vel te help om die uitwerking van die winterweer te bekamp. Ek het vir hulle beet-gesigbehandeling gegaan en was nogal bekommerd dat ek met ’n rooi gevlekte gesig daar gaan uitstap, maar gelukkig was dit nie die geval nie!

Hulle wend eers ’n aloe vera-jel aan jou vel aan wat dit afkoel en kalmeer en seker maak dat die beet dit nie vlek nie. Na die behandeling kon ek voel dat my vel meer bevogtig en gloeiend gevoel het, die donker kringe onder my oë was weg en my vel het beslis meer gesond en elasties gevoel. Hierdie behandeling is perfek vir diegene met ’n droë vel.

Lees ook: Ons toets Nimue se Smart Resurfacer Peel

Kry dit hier

Corium Skincare beskikbaar by Faithful to Nature

The Body Shop

Cold Pressed Skin

Placecol

Superfoods is beskikbaar by Clicks

Pradiance Skincare

Elemis beskikbaar by uitgesoekte Edgars, Red Square winkels

Dermafix

Skin Republic Clicks, Dis-Chem

SKNLogic uitgesoekte salonne en spa’s

Beaucience

Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.