1. Spuit jou gesig, hals en lyf gereeld met ’n verfrissingsproei; dit laat jou nie net heerlik koel voel nie, maar bevogtig ook jou vel. Gooi dit in jou strandsak om dit byderhand te hou.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }2. Dra katoen of ander ligte klere wat lug deurlaat en vermy sweterige poliëster-kledingstukke.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }3. Vryf poeier aan die dele van jou lyf wat geneig is om te sweet. Hou dit by jou en gebruik soos nodig. Wees egter versigtig dat die wit poeier nie op swart klere beland nie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }4. Gebruik ’n deodorant wat ook ’n anti-perspirant is. Die anti-perspirant sal jou minder laat sweet terwyl ’n gewone deodorant slegs die geur verbloem.
5. “As jy uitermatig baie sweet (hiperhidrose is die mediese term), kan jy botoks onder jou armholtes, voete en hande laat spuit. Dit is veilig en baie doeltreffend maar wel seer op jou hande en voete. Bespreek dit met jou dokter,” sê dermatoloog dr. Willie Visser.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }6. Belangrik: Bly gehidreerd, drink minstens 2 liter water gedurende die dag.
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.