Smeer elke aand room aan jou voete voor jy gaan slaap.Terwyl jy die room aansmeer, masseer dit sommer lekker in jou voete. Maak sterk sirkelbewegings op die bal van jou voet (net onder jou tone) en beweeg jou twee duime van buite na binne op jou hak. Speel ook sommer met jou tone as jy room aansmeer en steek hulle goed uit.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Gaan gereeld vir ’n pedikuur of doen dit by die huis. By die spa of tuis moet jou voete ten minste vir 20 minute in water geweek word voordat dit geskuur word. Moet nooit droeë voete skuur nie, want dit kan beskadigend wees. Vermy metaalvoetvyle of voetstene. Gebruik eerder die soort wat soos sagte skuurpapier lyk. Minder is meer as dit by vyl kom. Sodra jou voete begin brand, hou op! Vyl eerder ’n bietjie vir twee tot drie dae in ’n ry as wat jy al die dooie vel op een slag probeer afvyl.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Lees ook: Kruie vir jou voete
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Gebruik eerder ’n ou tandeborsel om van dooie velletjies ontslae te raak, want die naelvlies-stokkies kan inflamasie veroorsaak as jy te veel terugdruk en dan word jou vel net dikker. Bevogtig ook jou naelvliesies gereeld.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Lees ook: Die beste raad vir voetswamme
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…
Hierdie webwerf gebruik koekies.