kategorieë: Ontspanning

Vonke klap met Laborie as wenner

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en verskaf

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

September word nie net ingelui as Lentemaand nie, dis ook die amptelike verjaardag van Suid-Afrikaanse Cap Classique. Dis dus heel gepas dat die Amorim Cap Classique Uitdaging se wenners in hierdie maand aangewys word. En watter geskikter plek as die historiese Mount Nelson Hotel in Kaapstad?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Gaste is in die Mount Nelson Hotel in Kaapstad se tuine met die Louisvale Rosé verwelkom. Dit was die wen-Rosé.
Peuselhappies is keurig gekies om saam met die Louisvale Rosé te geniet, voor gaste na binne beweeg het vir die hoofmaal en prysuitdeling.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die uitdaging het vanjaar ’n rekord-aantal inskrywings ontvang, met KWV Laborie wat die top toekenning losgeslaan het toe hulle aangewys is as beste algehele produsent vir die Laborie Blanc de Blancs 2017. Laborie het ook die kompetisie se trofee vir beste blanc de blancs verower, en deel die wennerspodium met ander trofeewenners Domaine des Dieux Claudia 2017 (beste brut), Louisvale MCC Rosé NV (beste rosé), Newstead Blanc de Blanc 2016 (beste verlengde veroudering-Cap Classique vir oesjare vanaf 2016 en ouer) en Darling Cellars Nectar 2020 (beste nektar).

KWV Laborie het die top toekenning losgeslaan as beste algehele produsent vir die Laborie Blanc de Blancs 2017 en het ook die kompetisie se trofee vir beste blanc de blancs verower. Gaste het die vonkelwyn saam met hoofgereg van gebakte forel geniet.

Die Cap Classique Uitdaging word geborg deur Amorim Cork, die wêreld se grootste produsent van kurk-wynsluitings wat in Portugal gebaseer is. Dit word jaarliks aangebied sedert 2002 en is Suid-Afrika se grootste kompetisie gewy aan die verering en erkenning van Cap Classique-wyne. Dit word in samewerking met die Cap Classique-assosiasie aangebied, die amptelike bedryfsliggaam vir hierdie wynstyl wat gemaak word volgens die tradisionele metode van sekondêre bottelgisting – ‘n tegniek wat in 1971 deur wyle Frans Malan van Simonsig begin is.

Keldermeesters Hannes Nel van Lourensford en Philip Jonker van Weltevrede, wat die Dubbelgoud-verlengde veroudering toekenning vir onderskeidelik die Weltevrede Philip Jonker The Ring 2013 en Lourensford Cuvée 124 2011 gewen het.

Joaquim Sá, die besturende direkteur van Amorim Cork in Suid-Afrika, wat die eerste Cap Classique Challenge 22 jaar terug georganiseer het, sê vanjaar se rekord-aantal kompetisie-inskrywings – 157 wyne – getuig van die gesondheid van die Cap Classique-kategorie en die toenemende aantal produsente wat aktief is in hierdie premium sektor van Suid-Afrikaanse wyn.

“Die Cap Classique Uitdaging is getrou aan die wese van die vonkelwyn wat dit verteenwoordig, ‘n viering van die land se top Cap Classique-produsente terwyl dit ook aan hierdie uitblinkers ‘n platform bied vir erkenning,” sê hy. “Veral oor die laaste dekade het Cap Classique ‘n reputasie gevestig as een van die Kaap se toonaangewende wynaanbiedings, nie net volgens kritici en beoordelaars wat die kwaliteit en stilistiese diversiteit bevestig nie, maar ook onder verbruikers. Die naam ‘Cap Classique’ het in eie reg ‘n handelsmerk geword wat trots Suid-Afrikaans is, en ‘n modieuse verteenwoordiging van die uitbundige lewenstyl wat ons assosieer met die skiet van ‘n prop en die vonkelende plas van wyn in ‘n glas.

Joaquim Sá, die besturende direkteur van Amorim Cork in Suid-Afrika klink ’n glasie met Mariana de Sampayo en Jorge de Sampayo, die Portugese konsul-generaal in Kaapstad.

“As die wêreld se voorste kurkverskaffer aan die vonkelwynsektor internasionaal, is Amorim se verbintenis met Cap Classique ‘n lang en trotse verhouding waar ons nou met die Cap Classique-vereniging saamwerk om ‘n bewustheid van die kategorie te skep en ook die algehele kwaliteit van die sektor te verbeter. In hierdie opsig dink ek die Cap Classique-vereniging het ‘n reuse rol gespeel om produsente te inspireer om beter wyne te maak en om bewustheid te verhoog van die immer groeiende hoeveelheid uitstaande Cap Classiques wat gemaak word in Suid-Afrika.”

Doug Lund en Anton Smal van Newstead in Plettenbergbaai, wat baie gelukkig is met hul oorwinning in die Beste Verlengde-veroudering-kategorie.
PG Slabbert van Stellenbosch Hills en Ettiene Gouws van Amorim Cork Suid-Afrika.

Heidi Duminy, Kaapse Wynmeester en sameroeper van die beoordelaarspaneel, sê dat die algehele kwaliteit en standaard uiters hoog was vanjaar. “Ons het baie om te vier in die Cap Classique-kategorie as geheel aangesien meer produsente die vrugte pluk van geduld, met ‘n duidelike verhoging in intensiteit te danke aan meer tyd op die gismoer. Dit word gebalanseer deur lewendige vrugkarakter en afgeronde fyn borrels.

“Ons blywende indruk van vanjaar se inskrywings was baie positief en die beoordelaars is opgewonde oor die voortgesette ontwikkeling van ‘n egte Suid-Afrikaanse identiteit in die verskeie style en uitdrukkings van Cap Classique. Die dwarslat is beslis hoër gestel.”

Verskeie Cap Classiques is met die middagete bedien, sodat gaste soveel moontlik van die inskrywings en wenners se vonkelwyne kon proe.

Afgesien van die vyf trofeë, is goue medaljes vir uitsonderlike Cap Classiques aan die volgende produsente in verskillende kategorieë toegeken:

Dubbelgoud-blanc de blancs

Simonsig Cuvée Royale 2018

Graham Beck Blanc de Blancs 2018

Newstead Blanc de Blancs 2018

L’Ormarins Blanc de Blancs 2018

Dubbelgoud-brut

Simonsig Kaapse Vonkel Brut 2019

Pongracz Desiderius 2015

Graham Beck Cuvée Clive 2018

Dubbelgoud-verlengde veroudering

Lourensford Cuvée 124 2011

Weltevrede Philip Jonker The Ring 2013

Al die wenners van die dag met hul trofees. Doug Lund (Newstead, Beste Verlengde-veroudering), Kobus van der Merwe (KWV Laborie, Beste Blanc de Blancs en algehele wenner), Anton Smal (Newstead), Sacha Muller (KWV Laborie-wynmaker), Megan Mullis (Domaine des Dieux, Beste Brut), Mieke Karsten (Louisvale, Beste Rosé) en Bertrun Titus (Darling Cellars, Beste Nectar.)

Suid-Afrika se voorste wynkritikus en -persoonlikheid, Michael Fridjhon, is by vanjaar se Cap Classique Challenge vereer met die Frans Malan Legacy-trofee. Hierdie trofee is vernoem na die pionier van Cap Classique en word toegeken aan Suid-Afrikaners uit die wynbedryf, wat ‘n belangrike bydrae tot die kategorie gemaak het.

Benewens sy algemene bevordering van Suid-Afrikaanse wyn, insluitend Cap Classique, was Michael ook die sameroeper van die groep eensgesinde Cap Classique-produsente, wat in 1992 in Swaziland vergader het om die toekoms van die kategorie te bespreek. Hierdie gebeurtenis het gelei tot die stigting van die Cap Classique Assosiasie. Vir ’n volledige lys uitslae, besoek www.capclassique.co.za

KWV Laborie het die top toekenning losgeslaan as beste algehele produsent vir die Laborie Blanc de Blancs 2017 en het ook die kompetisie se trofee vir beste blanc de blancs verower. Kobus van der Merwe, hoof wynmaker verantwoordelik vir witwyn en Cap Classique met Sacha Muller, KWV wynmaker.

Lees ook: Nog ’n wen-versnit vir Delheim vrygestel

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Leer jou breipatrone beter verstaan

Ons deel breilesse uit ons argiewe.

17 hours Gelede

Gebruik oogomlyner vir langer wimpers

Nie almal is geseënd met lang wimpers óf weet hoe om vals wimpers aan te…

19 hours Gelede

My ma se appeltert

21 hours Gelede

5 lekker hoemoes-resepte

Hou jy van hoemoes? Dan sal 13 Mei vir jou ’n belangrike datum wees. Dié…

2 days Gelede

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

5 days Gelede

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

In ons moderne wêreld, waar die uiterlike voorkoms blyk om al hoe belangriker te word,…

5 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.