Genoeg vir 6
Bestanddele
- 500 g babawitwortels (parsnips)
- 500 g babawortels
- 4 lourierblare
- gerasperde skil van 2 lemoene
- 4 takkies tiemie
- 30 g botter, gesmelt
- 90 g bruinsuiker
- 250 ml (1 k) droë vonkelwyn
Metode
- Verhit die oond tot 220 °C. Meng die witwortels, wortels, lourierblare, lemoenskil, tiemie, botter en bruinsuiker in ’n groot oondpan.
- Gooi die vonkelwyn oor en bak vir 30-35 min. of tot goudkleurig, glansend en gaar.
